Ek het gisteraand vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n hele rugbywedstryd gekyk. Jare gelede het ek uit lojaliteit elke Saterdagmiddag op die paviljoen gesit terwyl twee plaaslike dorpspanne dit uitspook. Die manne was oud en stadig en ek het besluit ek hou nie regtig van rugby nie. Gister het ons manne my aan daai tyd herinner. Dit doen egter nie afbreuk aan die goeie spel van die Japannese nie. Dit was selfs vir my as leek opvallend hoe vinnig en met passie hulle gespeel het. Dit was amper so vinnig soos ‘n 7’s span. Vanoggend is die media oortrek met spotprente wat ek baie geniet. Mense is darem lekker vindingryk. Gelukkig is niemand ook doodgemoer nie – so ons hoef dit nie so ernstig op te neem nie.
Intussen(skuus Lou) hoop ek jy het ‘n lekker Sondag en al is daar dalk nie vir jou ‘n kopie nie, dat jy ten misnste sal glimlag.
Heel plezante foto’s .Dat eerste wil ik wel als knus plekje in de tuin.De anderen goed bekeken.
Ja dit sal wel doen
Eish! daai snot separator!
Ja dis gruwelik
Ja – sug . Dalk moet ons maar nie die rugby te ernstig opneem. Agterna het ek gevoel ek kon na iets beters gekyk het … Maar ja, die Chinese het goed gespeel. Niemand kan dit betwyfel.
DAnkie, ten minste het jou prent met die blomme my weer laat glimlag. Beteken dit ek erger oor blomme is as rugby!?
hehehehe … dit was darem die Japannese – die chinese speel nie rugby nie. Dis goed as jy glimlag.
Whahahaha! Nee genade, as ek daardie egg separator moet gebruik sal ek nog so nooit dit eet nie. Gross! LOL!
Ek sal darem geniet om so plekkie in my tuin te hê hoor. Dit lyk so rustig en gesellig. 😀
Ons kyk glad nie rugby nie. Het nog nooit nie. Miskien as die manne so mooi was soos The Rock, Tom Cruise en Johnny Depp. Dan baie beslis! 😆
Jy mis regtig nie veel nie… so sweterige gehol agter ‘n bal aan is nou nie vir my prettig nie.
Bwhahahahha! Hoe lekker lag ek nou! Ja, ek dink daar is te veel sweterige goeters daar. Klink ook nie vir my prettig nie. 😆
Hulle geniet dit en laat hulle belangrik voel EN dit hou hulle besig
hahahaha! Ja, dis ook waar. 😆
Hopenlik skei ek eiers in die gevolg sonder om aan die prentjie te dink 😦
Skuus… dit was my gruwelik snaaks
Gruwelik snaaks is voorwaar die regte woord 🙂 Weet nie waar mense aan al hulle dinge kom nie!!!
Mens koop dit vir iemand wat alles het.
Snotterige eierwit…. nee ek sal naar wees nog voor ek begin
Wonder altyd wie dink sulke goed uit!
Daai eier skeier lyk scary
Grusaam
Ja, sommer gaga lol
Ek LOVE die Volla! 🙂 Gril vir die eierskeier. 😉
Toemaar ek ook … sal hom beslis nie aanskaf nie.
Dankie tog!
Daai Volla lyk nes ‘n stinkgogga!
Daai volla sal menige jong man se hart laat vinnig klop!
Kan ek die leesborrel kry? ‘Sebliefie-blief?
Mal oor die radikale “makeover” van die Volla!
Ja jy moet kyk daar is die allermooiste voorbeelde Mens sukkel om te kies
1. Slim , die Suidooster bestande leesplekkie. 6. Saaklik wag die snotklitser . Die swewende kar – slim photoshop. Kar vol blomme- my seun se restorasiewrak versier binnekort die buurt as hy nie sy gat roer nie. Dankie.
hehehehe so restorasie vat baie tyd… maar blomme in ‘n wark werk baie goed en mooi.
ik ben ook geen fan van rugby
en als ik zou ” moeten ” kiezen bij de koopjes , ging ik voor de bloemen bij die auto , de auto mag jij houden 🙂
Jaaaaa so vol blomme in jou tuin!
zou niet goed zijn zoveel bloemen in mijn tuin 🙂
dat is allemaal hei en bos 🙂
Het jy ‘n groot tuin?
het hele Gooise natuur reservaat 🙂
Lucky Fish!
😉
Eisjjjjjjj! Nooit gedink rou eiers kan nog grilleriger wees as wat hulle reeds is nie …
Ja dis gruwelik nê? Dit lyk egter of dit goed kan werk!
Nee, allamagtag! Stel jou voor die geel kom ook deur!?
My aandete sit nou blerrie vlak!
Hang mos af van hoe hard jy skud?
Niks vir my vandag nie, tannie. Jy smous darem met die eienaardigste goeters! Is daar darem ‘n sakdoek ingesluit by die “egg separator”?
Grillerig nê!