RSS Feed

Ek wonder mos…

my lewe lank al oor sekere goed:

1 Wat is die reëls met fone in die skole. ‘n Leeftyd gelede toe ek nog skoolgehou het was dit al ‘n probleem want jy kan tog nie 800 telefone elke dag toesluit en dan weer in die middae uitdeel nie.

a917ebc6d1e312eaeee7144931cd0062faa89b6f8a39f5e201d94c3330c9d8a0

2. Behoort jy so lank moontlik te werk of besef jy dat ‘n mens ‘n rakleeftyd het.  Ek dink (dis ‘n mening so jy mag verskil) dat daar ouer mense in poste sit en of te gemaklik is of nie jonger mense geleentheid gee ‘n groter bydrae te lewer nie. (Selfs die Britse koningin – sy kan mos maar bietjie gaan rus of hoe?)

il_570xN.743279572_dlpo

3. Wanneer laas het jy ‘n boom geplant?  Doen mense nog boomplantdag?

images

4. Hoekom probeer besighede ander se goeie advertensie-idees kaap. Ek sien die Spar het het nou ook ‘n eieragtige verpakking met ‘n figuurtjie te koop? Onthou jy nog al die goetertjies wat ons ook versamel het.

$T2eC16hHJGEFFmtgllTSBSU9i1fQYg~~48_72

150901stikeez-jpg

48 responses

  1. Mooi en leuk weer maar de boom met een mensengedaante vind ik ongelooflijk knap.

  2. Die probleem van te gou aftree, is dat jy , sodra jy aftree, nie meer ‘n inkomste het nie. Elke jaar wat jy vroeër aftree, beteken dat jy ‘n jaar langer sal moet uitkom met jou geldjies wat jy oor jou leeftyd gespaar het. Mense leef langer…

  3. ja dat doen er velen , zijn er die al voorbereidingen maken voor vertrek naar warmere oorden

  4. Die storie met die rakleeftyd is uiteraard jou opinie en jy mag skryf wat jy wil. Ek het egter al saam met IT kontrakateurs gewerk wat wissel van 19 to 65. Ek ken “afgetrede “persone in IT wat in hulle laat 70s nog besig is met allerlei ontwikkeling. Daar is geen plaasvervanger vir ervaring nie. Hulle het besluit hulle is nie oud nie. Op 78 het my eie pa meer rekenaarkennis as baie jongmense en hy speel steeds tennis.
    Net so is daar jongetjies wat doodeenvoudig te kaksleg, of te “grand” is om te werk wat eerder maar geleentheid moet bied vir die ouer mense om dinge reg te ruk. Rakleeftyd is vir melk en brood….

    • Grinnik… is hulle nie die uitsonderling op die reël nie? Ek ken ‘n hele paar ouer onderwysers en sommige van hulle kerm en kla al vandat hulle 50jaar oud is. Hulle wil niks nuuts probeer en is heeldag moeg . Jy is egter reg oor sommige jonger mense ook … hulle werk net om ‘n geldjie te kry en wil ook nie vernuwe nie.

      Jy moet darem ook erken die woord ‘rakleeftyd’is ‘n lekker Afrikaanse woord?

      • Hoekom “grinnik” ek het nie besef my stelling het soveel humor bevat nie. Nietemin, synde dat jy so vertroud is met die korporatiewe wereld neem ek aan jy het insig oor wat die “uitsondering” op die reel is.
        Synde dat jy altyd terugkom na onderwys as voorbeeld…Op ‘n tyd het een van my onnies my vertel elke mens se lewe begin “nou” op hierdie oomblik. Die groot Kristilike mense van ouds het ons mos geleer dat Abraham en ander nie ‘n rakleeftyd gehad het nie. Ek weier om te aanvaar mense moet ingeperk word deur die stoksienige opinies van sekeres wat nie verby geykte getalle en idees kan dink nie. Gaan doen gerus bietjie navorsing oor senior burgers wereldwyd wat groot suksesverhale nagelaat het.
        Christina, rerig … die Britse koningin as voorbeeld? RERIG? hahahah DIS nogals snaaks!

        • Sjoe, as jy na meer as twee jaar nog nie weet dat jy min van wat ek sê moet ernstig opneem nie, weet ek darem nie…

          Wie de hel is Christina ?

          • Tina … Christina? Na meer as twee jaar weet jy mos nou al hoe mense “verkeerdelik” reageer op jou gedagtes, male sonder tal het jy al geskryf hoe BAIE mense al vasgesit het met jou? Dan beteken dit mos dat jy of moedswillig is, of na die tyd jou deuntjie verander om dit te benader as “nie ernstig” nie. Lewer mens kommentaar en raak effe opgewonde hou jy nie daarvan nie, en as ons wegbly het jy ‘n treurmare van mense wat belangstelling verloor. Jy kan mos nie ELKE keer dit afmaak as jy was nie ernsyig nie..rerig! Wie “leer” dan nie? Ek of jy of beide van ons?
            Verkies jy sanitized comments wat alles wat jy skryf beaam? Of moet ons ‘n eerlike gesprek met jou voer??

  5. Ja, dis omtrent goeie dinge om oor te wonder Tina. In die ou dae was dinge nie so gevaarlik soos nou nie en aan die een kant is dit ‘n goeie ding dat die kinders selfone het, maar ek sou sê dit moet dan net gebruik word in noodgevalle en beslis nie in die skool nie.

    Manlief kry altyd vir die Pnp se Stickeez. Hulle is te oulik. Ons koop nie hier by Spar nie. Daar het nuwe mense oorgeneem en hulle is ongeskik en duidelik kan hul nie aan iets oorspronkliks dink nie. Ek wonder of Spar se s’n ook satanisties is? LOL!

  6. 1. Selfone is ‘n groot probleem in skole. Die kinders kan eenvoudig net nie meer sonder hulle ‘gadgets’ leef nie en elke tydjie wat hulle kry, loer hulle. In die klas ook. So. die weg van die minste weerstand is om daardie einste tegnologie te inkorporeer. Baie skole eksperimenteer nou met tegnologie as basis – lesse, huiwerk, die hele toetie maak gebruik daarvan. Alhoewel ek daarvan hou om op hoogte met die nuutste verwikkelinge te wees, sien ek egter die slaggate raak, veral wanneer ‘n mens met seuns werk. Ons hele samelewingstruktuur moet egter aanpas – daar is geen manier hoe ‘n mens selfone, tablette, rekenaars of watter nuwe uitvindsel ook al, kan wegwens nie. Die volgende stap is dus om riglyne vir ‘n gebalanseerde lewe uit te stippel – ‘n balans tussen die kuberwêreld en die werklike lewe. En ‘n mens kan dit nie van die kantlyn af doen nie, jy moet binne-in dit klim en van daar af die storie bekyk… Hoe belangrik is jou selfoon vir jou om kontak te behou, om daar te wees wanneer iemand jou nodig kry? Hoeveel keer per dag gaan jy op jou rekenaar en besoek jou gunsteling uithangplekke? Hoe lank kan jy sonder jou krukke gaan sonder om onttrekkingsimptome te kry? Tameletjie. Ons werk nog daaraan.
    Onnies: “You are either looking at your cell phone or smiling at your crotch!”
    2. Aftree hang van die individu af. Vandag se sestig is nie meer die sestig of die 65 van selfs ‘n dekade gelede nie. Die waarde van kennis en ervaring moenie onderskat word in ‘n poging om plek te maak nie. Weereens: balans. Balans tussen wysheid en ervaring en nuwe visie, nuwe perspektief. Tameletjie…
    3. Ek plant nie bome nie – daarvoor is ek te ongeduldig. Maar ek vrek oor bome, dus streef ek selfs hier na balans, haha. Tussen planter en genieter. I have the vision, somebody else has the job!
    4. Bemarkingsfoefies – ‘n Mens sou kon argumenteer oor waar die eier-idee vandaan kom, wat Spar betref. Daar is mos daai Duitse eiertjies al vir jare te koop. Dalk kombineer Spar nou die twee. ‘n Oulike figuurtjie, maar nie gratis nie. ‘n Nuwe variasie van die Lucky Packet (ai, hoe opwindend was dit nie!). Die wêreld draai mos om idees van een ou wat deur die volgende een probeer vervolmaak word.. En nie noodwendig werk nie…

    Sjoe, hierdie is sommer ‘n pos op sy eie! Lekker dag!

    • Aha baie dankie vir die lekker gesels … Ek hoor duidelik wat jy sê … jy het beslsi die hart van ‘n onderwyser..

      Ek voel die sillabus moet voorsiening maak vir die tegnologie ontwikkeling.

      Ek stem ook saam oor die individule deelname van ouer mense, maar
      my betoog gaan oor mense wat inh poste sit sonder ‘n bydrae te lewer. Wat kerm en kla oor elke dingetjie en wat heeltyd vertele hoe moeg hulle is.

  7. Daai tokkeloshboom gaan hom nie laat plant nie. Met volmaan dans hy in die kerkhof.

  8. Oor ou Liesbet: Met Karelkie die troonopvolger is sou ek verwag dat sy so lank as moontlik sou uitgehou het.

    Oor selfone in die skool: Dit (en ander tegnologie) net ‘n aandagdief. Daar is geen vervanging vir ‘n goeie onderwyser (en goeie teksboeke) nie.

    Die Amerikaners wat mense op die Maan laat land het, het net goeie onderwysers, goeie teksboeke en swartbord-en-kryt gehad.

    Tegnologie kom net te pas as jy die basiese gronbeginsels onder die knie het.

    Dis lekker om ‘n woordverwerker te hê om ‘n opstel te skryf, maar die dissipline wat jy aan die dag moet lê om met pen en papier te werk is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir meer gevorderde werk waar tegnologie begin om van nut te wees.

    Ek het ‘n (jong) kollega gehad wat sy sakrekenaar uitgepluk het om met tien te vermenigvuldig – net omdat hy geen gevoel vir syfers ontwikkel het nie – en nie kan insien as ‘n berekening nie sin maak nie.

    • Ja ek wonder ook oor Kareltjie maar regtig iemand jonger kan ‘n verbetering wees?
      Ek wens so hulle wil die tegnologie/sosiale media en alles met fone en goed as vak aanbied. Daar is soveel moontlikhede en jy kan dit met elke vakgebied insluit. Jy kan dit soos ‘n biblioteek gebruik – dink net aan hoeveel vaardighede kan jy hulle aanleer?
      Ek stem saam oor die basiese grondbeginsels maar kan jy nie dit op ‘n tablet ook leer nie?
      hehehehe … ek is ook blond en gebruik my foon se sakrekenaar meer as wat nodig is.

  9. Hiehie – ek hou van die beker wat sê dat teachers verloor net hul ‘class’ – amper gedog jy sê jouself sleg.
    Selfone kan soms ‘n onding wees, by die kampe moet ons ook alewig die mense herinner om hul fone af te sit, anders steur dit ander …

    My foon is ook ‘n “pyn” vir my … partykeer – vergeet waar ek die ding laas neergeplak het …

    • Ek was ook eers geskok maar eintlik is hulle reg. Ek weet nie hoe ek oor die fone voel nie – dit het sulke lekker moontlikhede en dis iets wat nie gaan weggan nie behalwe as dit met iets beters vervang word. Dink net as ‘n kind geleer kan word om geld te maak met sy/haar foon … of die tegniese sy kan leer en so ‘n diens kan lewer Ag die moontlike hede is te veel om aan te dink.

  10. Tans is die verskil tussen my 4de jaars en 1ste jaars: Seniors is nog die laptop generasie en die jong klomp is die smartfoon-generasie. Ek het ook laat hulle vir my n app ontwikkel waarvolgens die student tik en vir my n boodskap stuur terwyl ons in die klas is, hy verstaan bv. my berekening tot op die 2de lyntjie, maar van lyn 3 is duister. Die boodskappe kom dan anoniem op my rekenaarskerm. Nou het die stil of swak student die vrymoedigheid om te noem as hy iets nie weet nie. Weinig studente sal hul hand opsteek en voor n klas erken hul verstaan iets nie. Klas deelname is nou beter as wat ek nog ooit gehad het.

  11. 1. Ek het gehoor plekke soos die Jongenskool Paarl inkorporeer tegnologie en slimfone in hulle lesplanne en moedig die verantwoordelike gebruik daarvan aan, instede daarvan om dit te probeer doodsmoor. Ek hou van die idee.
    2. Daar is steeds geen plaasvervanger vir ervaring nie, en ek dink daarom dat mense aangemoedig behoort te word om betrokke te bly in hul beroepsveld so lank as wat hulle wil of kan. Weliswaar teen verminderde ure en teen ‘n minder strawwe pas.
    3. Plant is een ding. Om die goed aan die lewe te hou iets heeltemal anders. My rekord vir goed aan die lewe hou is beroerd.
    4. Is daar werklik nog enige oorspronklike idees oor? Of is dit dieselfde goed wat net elke keer met ‘n nuwe baadjie verbykom?

    • 1. Ek stem saam … miskien moet hulle so vak invoer om verantwoordelike foongebruik aan te moedig en dan kan hulle al die nuwe apps ook leer.
      2. Ek stem nie heeltemal saam nie. Kinders kry nooit die geleentheid om ‘n lekker entoesiastiese jong onderwyser nie want die oues sit die poste vol. Hulle het nie lus om te vernuwe nie en dit benadeel die kinders … nee wat 55/60 is meer as genoeg.
      3. Ek dink meer bome word uitgehaal as wat daar geplant word
      4. Dis baie moontlik. Ek kyk egter bv. na Wasseep advertensie waar die outjie met die teellepel loop om te gaan leen … dit bly altyd nuut. Maar waarom na-aap met iets soortgelyk . Ek dink iets soos plakker sou baie beter gewerk het

  12. toen ik naar school ging hadden we thuis geen telefoon
    en hadden we lieve en stoute leraren , of ze goed waren , geen idee
    wij hadden het Aap Noot Mies

    heb ik het bovenstaande nu goed begrepen ??

  13. Ek wonder ook!! Hoekom wil jy ‘n kind skool toe stuur met ‘n ander “afleiding” in sy sak, hoekom is daar nie ‘n wet wat sê ons mag net werk tot 40 nie en hoekom gee hulle nie meer by pick&pay stickeez nie ek kort nog ‘n hele paar!!!

%d bloggers like this: