Dis wel bekend dat ek nie die slimste mens is nie en gister het ek na sterk oorweging toe maar opgradeer na Windows 10. As jy dalk kan onthou het ek so ruk terug opdateer van XP na Windows 8/8.1. Dit het my ego heeltemal geknak … ek is nou nog effe ongemaklik as ek die woord opgradeer sien. Behalwe dat dit letterlik die hele dag geneem het, het die Windows 10 afgelaai sonder enige probleme. Dit lyk asof ek dit darem sal baasraak al sit allerhande goed nou weer op ander plekke.
Hoop daar is ietsie vir jou tussen vandag se kopies. Indien hoop ek darem vir ‘n glimlag.
Ek hou van die inkleurboek 😉
Aha kleur jy ook in? Dis regtig lekker
Ek doen heelwat inkleurwerk in my plakboeke en geniet dit, maar ek het nog nie die inkeurboeke gekoop nie,
Ek het die naweek gesien ons Costco het dit.
In SA is die plaaslikes lekker goedkoop maar die ingevoerdes 2X die prys en so mooi nie.
Ek was so bly die dag wat ek klaar was met laerskool. Nooit weer sou ek iets hoef in te kleur, uit te knip of te plak nie. Ek is verstom dat daar groot mense is wat wil inkleur.
Ek is een van hulle Ek is soos ‘n eekhoring fluks besig om te versamel aan boeke potlode en penne
Ek is seker jy sal geen probleme ondervind nie. Manlief gradeer gereeld op na die nuutste OS toe en hy het nog geen klagtes nie. Hy sal daardie sjokolade geniet hoor. 😆
Die kampeer woef en fiets is tog te pragtig. Dankie vir die glimlag en lekker pos. 😀 ♥
Jong ek is rekenaar geremd so as dit vir my werk werk oor die algemeen vir almal Ek het gelukkig ‘n goeie IT-man en ‘n goeie internetondersteuningsnetwerk
Ek is so bang om windows 10 af te laai.Kyk,8 is voorwaar ‘n pyn,maar ek is skrikkerig vir vernuwing!
Ek hou van die hondekaravaantjies!
Hulle is cute nê!
Jong niks is so erg soos 8 nie. Ek is redelik tevrede Die fotoprogram lyk lekker met oulike bruikbare funskies – maar dan is enige program wat horisonne regtrek vir my ‘n wonderwerk is!
Ek is te bang ek raak weer die kluts kwyt met nuwe goed!
Nee wat as jy 8 oorleef het is die ‘n vulletjie
Aitsa! Daardie arbeie in sjokolade. Hou nogal van die pienk blomme op die fiets ook. Goed gedoen.
Ons rekenaars hier by die werk word so getrou gesteel, dat ons verplig is om kort-kort nuwe aan te koop met nuwe windows. Weet nie of jy dit geluk by die ongeluk moet noem nie.
Eish my blonde kop sal maar erg sukkel Julle moet maar laptops kry wat julle toesluit?
🙂 Bra’s word vir baie goed gebruik! 🙂
Ek dog jy het ‘n Window’s 10 wat jy wil verkwansel. 😉
Nee hulle bied dit gratis aan – toe sê ja dis ok maar moes ‘n paar dae wag voor myne gereed was Daarna het dit die hele Saterdag afgelaai. Sover is dit redelik bruikbaar. Het ‘n foto probleem gehad maar dis nou opgelos
Oe, daardie sjokoladekonkoksie maak my so lus! Sommerso voor brekfis…
Ek kan mos ook enige tyd van die dag of nag tjoklits eet.
Veels geluk met opgradering het myne al meer as n maand terug gedoen en is reeds ten volle weer vaardig!
Ek was in ‘n algehele paniek toe my foto’s nie aflaai nie
Tina ek het ook. Sowat ‘n maand terug. Ek vind nog my voete met Widows 10 maar dit is strate beter as 8.
Ek dink as mens deur 8 geworstel het is enigiets makliker
Ek is nogals verbaas oor hoe maklik die Windows 10 werk. Ek sukkel net om my foto’s af te laai, maar gelukkig is daar ‘n keuse waar mens weer kan terug gaan na die vorige Windows.Ek wag maar geduldig tot my kinders kom kuier…
Ek het ook gewonder waar is my foto’s en nog nie nuwes afgelaai nie Sal maar sien.
My kinders kan vir my so ‘n inkleurboek as verjaarsdaggeskenk gee 🙂
Jy die plaaslikes is lekker goedkoop en beter as die meeste ingevoerdes Die Bybelse een -Vandag gaan fantasties wees – is heetlik. Jy kan die bladsye uithaal en dit kleur makliker in en daar is kaartjies en boekemerke wat mens kan gebruik en so betaal dit sommer vir homself
Wel jy is een brawe vrou. My een vriendin het gevra od ek nof sekere goed wat ek toenterjare vir haar aangestuur het want nadat haar man haar na Windows 10 opgradeer het is die funnies nou weg en hiedie een was baie spesiaal. Ek sien geen punt om na Windows 10 toe te gaan nie want al my programme werk nog goed en ek krap nie waar dit nie jeuk nie. in elk geval dink ek dis weer n nuwe skelmstreek van Bill Gates, behind every fortune lies a crime.
Dit mag so wees, maar 8 was seker die grootste pyn…
wat een mooie fiets
ik heb 4 keer windows 10 gedownload en dan instaleren , alle 4 de keren mislukt
suc6 en een fijne dag
Dit het letterlik die hele dag geneem
dat is wel erg lang
Gelukkig loop dit op sy eie aan. Dis seker net die laaste uur wat mens nie jou rekenaar kan gebruik nie
ja het gaat vanzelf , na wat klikken is het afwachten 🙂
fijne avond
Net so! Lekker aand
😉