RSS Feed

Glimlag

Ek sou nooit kon dink ek sou eendag sê – Ek haat klere shopping. Die rakke hang vol van die duurste goed, maar daar is niks om te koop nie.  Ek sit soggens vroeg voor die werkers opdaag ‘n rukkie op die stoep en is op soek na ‘n dienlike somers-japon. Lyk my mense dra dit nie meer nie? Alles sulke oorslaan goed wat mos altyd oopval teen ongehoorde pryse. Sug… SUG… sug.

Wag laat ek liewer ophou – netnou is jy in dieselfde depressie!

11951868_10153631777513331_5099329429828301059_n

10592659_1056803047665515_6657141282742007532_n

11987150_1027920867239833_8552860202944332318_n

11880399_1021676304568912_7406938700430091077_n

11898609_886685141401107_8774255317816424069_n

 

funny_old_people_38

 

35 responses

  1. Dis die ROKKE wat so swaar weeg!

  2. Lekker gelag. Die drie hande om vyftien te wys …
    Maar wag – dis seker nodig!

  3. ha die Tina
    zo je zag wat bekends🙂 en dat bracht vast een glimlach
    fijne avond nog

  4. Wat doen ‘n mens met ‘n japon? Dog mens het dit net nodig in ‘n hospitaal.

    Daardie Walmart foto is skreeusnaaks.

  5. Ja – vra dit! Hoekom moet ‘n japon se patron juis ‘n oorslaan een wees. dit is ‘n irritasie. Jy is reg. Love die foto’s.

  6. Ek dink as ek nou by ‘n klerewinkel moet inloop kry ek ‘n hartaanval, so laat ons maar liewers daar uitbly. Dankie vir die lekker lag. Die crazy een beskryf ons baie goed.😆

  7. 🙂 de platen zijn stuk voor stuk geweldig😉
    en wat shoppen aan gaat , dat doe ik niet🙂
    als ik iets nodig heb ga ik naar de winkel die het heeft en terug naar huis
    fijne avond

  8. Ai ai ek dra net japon as ek hospitaal toe gaan of by mense kuier verder is dit sweetpak wat maar die ding doen vir my.. ek hou nie van shopping nie want my normale 32 is nou 38 of 40 so nou weet ek nie meer regtig watter grootte is is nie maar ek lag saam met jou die oorslaan goed val oral oop

  9. Ek stem saam met jou. Het n paar jaar gelede vir my een gemaak met knope. Probeer Ackermans.

  10. Toemaar, humor hou mens aan die gang. Ek hou ook nie van inkopies nie, veral omdat ek my EIE geld moet uitgee!

  11. Ek hou ook nie van inkopies doen nie. Ek lees liewer jou stukkies.

  12. Praat ek nou uit ondervinding , die ouvrou met die oorgroot kamerjas, dink nie mens kry meer met knope nie, tensy jy vir jou laat maak. Ek voel jou pyn, daardie beld om die middel laat my nog dikker lyk.

  13. Oorslaan goed? Ek ken nie ‘n “ander tipe” japon nie, behalwe my ma se ou bruin japon toe ek n kind was, hy het n rits ingehad van onder haar keel tot by haar middellyf en jy moes van bo af “inklim”.
    Dalk moet jy in n somer “onesie” bele, lol

%d bloggers like this: