RSS Feed

Het jy geweet?

Dis regtig ‘n in-die-huis-bly dag vandag.  Die wind word al hoe kouer. Hoe lyk die weer by julle?

Ek deel graag nog ‘n paar interessanthede met jou. Het jy geweet?

Ek wonder wat maak hulle met die wat nie kan lees nie.

 

11181297_963282987051578_2273667520697344629_n

hehehehe… ek weet darem nie!

11953070_856583134449105_2207553978057940924_n

Dis wonderlik wat sekere kunstenaars kan vermag.

11228099_974920642554479_4202375229556099189_n

Daar is sekerlik geen oop huis of blyplek nie.

11923262_857646137676138_8512762591870501964_n

Ongelykhede maak my erg ongemaklik!

11885276_969254769787733_8271034501803221944_n

Geen vriende, geen familie of iemand wat omgee nie?  Kyk hoe jonk lyk sy?

11855667_962561290457081_1430142201390208925_n

42 responses

  1. Interessante leesstof..dankie Tina,ek leer altyd iets by jou!

  2. Ekdink daardie lees program in die tronk is ‘n goeie idee. Lees verryk ‘n mens en leer mens dinge en kan selfs mens verander in ‘n beter mens. Dit KAN iets positiefs in ‘n mens begin.

    Nie almal nie, maar die wat lees en gewillig is om te vernder, kan.

  3. 3jaar – het die arme vrou nie vriende en familie gehad nie… ek wonder wie het haar TV lisensie betaal, lol.
    Hier is dit net so koud…. brrrr. Ja, die wat kan moet lekker in die huis bly.
    Geniet jou naweek.

  4. Tina, die laaste tyd het jy so kaal manne opgehad vir Vrydag byskrifte, wat daarvan as jy vir my en Skeletor ‘n girlie opsit, vir ‘n verandering?😀

  5. Kies tussen vlieg en ry? Ek sou dan ook eerder in Saudi wou bly!!

  6. Party dinge moet mens ook maar met n knippie sout vat.

  7. en vond je het filmpje van het fiets ritje mooi🙂

  8. Wonder dikwels hoeveel mense lees nog. Ek het syfers gesien en dis bitter min. Soms kyk ek na kommentaar dan sidder ek om te sien hoe spel mense, dan weet jy mos hulle lees nie. Geen wonder onkunde en bygeloof neem oor nie.

    • Ja jy is heeltemal reg. Kinders gaan elke jaar minder dae skool en kom loshande deur. Ek verduidelik altyd dat as jy 33% kry beteken dit dat amper 70% nie ken nie… Jy lieg sommer oor jou kwalifikasie en dan sit hulle jou op betaalde pensioen… wag ek moet ophou!

      • Ek sien nou die dag op FB iemand het n IK toets gedoem, ek weet nie van die betroubaarheid nie hoor maar volgens die toets is SA se gemiddelde 77. Dit kan ek glo, en dis onder die grens vir borderline retarded (weet nounie die presiese afrikaanse term nie.)

        • Ek weet nou nie hoe waar dit is nie maar as ‘n kind ‘n IK toets nie in sy moedertaal kan doen nie is 77 dalk ‘n wonderwerk. Die laaste keer wat ek selfs aanlegtoetse gedoen het was dit so verouderd, dat die uitslag ook maar net ‘n vae aanduiding gegee het. Goed is in die stede en by universiteite is dit sekerlik beter maar die platteland se kind word gewoon deur die toets benadeel

          • Die toetse behoort kultuurvry te wees anders is dit nie geldig nie.Maarf ek het regtig nie n idee hoe hulle aan hierdie gemiddeld kom nie.Dus bevraagteken ek dit, ek het nie daarop ingegaan nie. Maar verseker word mense dommer.

  9. Ek is verbaas vrouens word op enige plek toegelaat om groot masjiene te vlieg, hulle plek is in die kombuis😉

  10. Ek kry hoendervleis van lekkerkry nie bangkry nie, is dit net ek?

  11. top is Brazilie gevangenis
    en dan het plaatsje in Duitsland , vlak bij Munchen , maar of dat nu nog zo is ??
    https://en.wikipedia.org/wiki/Fuggerei

  12. Baie interessanter as chappies kou! By ons ook effe winderig. Het vanoggend n dankseggingsdiens gehad by die oord. Groot opkoms en pragtige koorsang en diens. Baie rede tot dankbaarheid. Lekker dag verder.

%d bloggers like this: