RSS Feed

Verkoop huise

Verkoop jou gesig huise? Ek verwonder my altyd aan eiendomsagente wat hulle gesigfoto op advertensies plak. Dis gewoonlik ongemaklik styf met ‘n kunsmatige glimlag.  Help dit om die huis vinniger te verkoop?  Gee die koper voorkeur and advertensies met die gesigte op of het niemand dit nog nagevors nie. Ek is bly ek hoef nie met my gesig huise te verkoop nie  … daar sal niks verkoop kom…

3

3bb9d5b0494770e1ec3681af32767a0b

763

funny-for-sale-sign2

funny-for-sale-sign3

funny

tumblr_njivcvEzMn1rsxqqio1_500

tumblr_ntutkw9r2B1rrqskho1_r1_1280

64 responses

  1. Haha lekke lag ek nou!! Ek dink aan al die “Tannies” in ons dorp wie se gesiggies op borde “PRONK”. Ons het op ‘n tyd ook ‘n “Sign Shop” bedryf en daar het ‘n agent haar foto vir ons gebring om op te blaas “VERGROOT” vir ‘n Agente Bord in die dorp. Ons het ure en ure gesit om al die “moesies” af te haal!! HaHaHaHa was baie FUNNY!!!

  2. Ja, dis nou ‘n goeie vraag Tina en ek het omtrent lekker gelag. Noudat jy daarvan praat, wonder ek ook en glo my, ek sal defnitief geen huise verkoop kry as ek my gesig daar moet plak nie. LOL! Ek is ook nie ‘n groot liefhebber van mense nie en het geen geduld met hulle nie, so ja – daar het ek ook geen kans nie. Ek dink mens moet goed kan lieg ook en dit kan ek ook nie doen nie. hahahaha!

    Lekker artikel hoor. Ek het dit baie geniet.😀 ♥

  3. My swaer is ‘n eiendomsagent. Die foto op die banier of advertensie verkoop nie huise “vinniger” nie. Daar is baie markgedrewe faktore wat ter sprake is. Die gesig word egter later deel van die agentskap se “handelsmerk”. Dis belangrik: (Know your agent) sonder ‘n foto kan hy mos net sowel ‘n trol wees😉

  4. mogge Tina
    ich heb niet gekuierd , maar gefietst🙂
    ik heb een huurhuisje en heb geen geld om een huis te kopen
    geniet de dag

  5. Ek sal wragtag nie by die skaapkop ou n huis koop nie. Hoe grillerig is dit nie!?

  6. So het elke werk maar sy manier om te probeer aandag trek. Dit is tog lekker om sake te doen met iemand wat jy al gesien het al is dit op die kennisgewing!

  7. Bwahahaaa – die arme vrou wie se gesiggie langs so ‘n embarrasserende spelfout verskyn… Oja, en praat van ‘n wolf in lamsklere…

  8. Dat groen swembad is skrikwekkend, miskien lê daar wel ‘n dood lyk in. 😂

  9. Wat baie amusant is, is dat heelwat van die fotos ‘n jonger weergawe van die ware artikel is. Soms moeilik om die persoon te herken.

  10. Miskien is die foto sodat iemand nie namens hul eiendomme kan verkoop/-huur nie? Deesdae kom mense mos met die vreemdste skelmstreke vorendag

    • Het nooit so daaraan gedink nie Sug… ek sal nogtans maar sukkel

    • Ek sal bevestig by die familie, maar jy kan nie sommer names iemand verkoop nie. Daar is geweldig baie regulasies rondom listings/mandate etc. Al verkoop jy “namens” iemand gaan dit steeds deur ‘n akte-prokureur moet gaan wat definitief die komissie aan die regte persoon moet betaal om ‘n dispuut te voorkom.🙂

  11. ps
    ekskuus ek sien nou jy verwonder jou en EK wonder – lol🙂

  12. Lyk my vandag is hier n paar van ons wat wonder…. Jong jy het die vermoe om my te maak lag. Ja, as jy n goeie agent is en jou bordjies pruik oral dan raak jy nogal n bekende in jou gebied/area waar jy verkoop. Mense raak bekend met die gesig en die naam.
    Ai en kyk die GROEN swembad.

%d bloggers like this: