RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Iemand het ‘n ernstige verwronge idee van my belangstellings – ek kry die week die volgende scam epos:

Your RSA Email has won R1.5M and a trip to England to watch the 2015 Rugby World Championship Games with E-Ticket ENG/RWC/SA/SBK/09/2015. Contact; phnath.rwc@gmail.com or 00447937388001. T’s and C’s apply!

Sal ek no0u spesiaal Engeland toe vlieg om te gaan rugby kyk. Nee dankie al huur julle vir my ‘n Gupta straler!

Intussen het ons die heerlikste lente dae in die Bosveld. Ek hoop jy het ‘n lekker naweek.  Dankie vir die inloer /deelneem – jy kikker altyd my naweek op.

1

11181345_10153295660428089_7529881943032809527_n2

11143568_10205870954726326_3066426499079055801_n3

11891073_10152959234606949_475935149125223138_n4

11880624_1084441358232971_4501206353625096189_n5

11889551_934453656619056_5565465305301629180_n6

11951299_1158657547530212_2042363051684112060_n

47 responses

  1. Nog altyd jou Vrydagfotos geniet. Hierdie gaan ek nie mis nie! Hou daarvan as jy met my kop smokkel.

    1. Jig! Is dit die “wortel voor die neus hou?”
    2. Ou wysneus met sy hippie-poniestert.
    3. Leeu: Die dorings in die nuwe SA is ook nie meer dieselfde nie.
    4. Emmers vol … babas? (Jinne, nou gee jy my ‘n bright idee met Riekert!)
    5. Hiehie – die haan het sy eier omgeruil met ‘n Donnosouris sin.
    6. Ousus, kleinsus en snipwoef op die bed.

  2. Jy maak my lag. En ek stem met die heerlike weer – dit lig sommer my gemoed.
    Ek kan nie dink nie, ek sien dit is nogal ‘n “in” ding, om baba’s in emmers te bad, ek het NOOIT my kinders in n emmer gebad nie en ook nie daaraan gedink nie… dis vir my te vasgedruk.

  3. Soos gewoonlik het jy uitstekende fotos geplaas, mal hieroor😉

  4. More Tina’tjie sien nou eers …. ai jy maak hierdie dag vir my ..Lieflike dag hier in Paradys maar die luggie bly koel in die oggende… jy moet ‘n wonderlike dag geniet saam met familie en vriende….xx

  5. Hei Tina – ek het weer ‘n stuk vryskutwerk oorleef (ok maar net!) en kan die naweek saamspeel.
    1. Eekk! Hooikoorstyd!
    2. Hunghngh?
    3. Daai dekselse doring…
    4. Emmersvol liefde
    5. Hierdie haan kraai koning!
    6. Hmm, dink jy sy slaap al?

  6. Elke Vrydag is hierdie foto’s van jou die “highlight” van my dag😀

  7. Mal oor die leeu! Uiteindelik het my vriendin my oorreed om ook te begin blog. Hou van jou funny fotos..

  8. welk bosveld is droog , bij jullie zeker dan

  9. Van nou af gaan ek net met n helder blom in die straat loop om al die kwaai honde af te weer!

  10. Rugby kijken gaat het best op de tv
    hier is de zomer weer een beetje terug
    wordt weer genieten van wandelen en fietsen

    1. krijg ik niet eens een mooie roos van je

    2. ja ik ken het antwoordt , laat me nog ff denken

    3. wildernis pedicure zaak , ga jij maar ik sla een keer over

    4. samen in bad gezellig is dat

    5. wat een opschepper

    6. 3 op een rij

    wens je een fijn weekend
    lieve groet , Karel

  11. Ag jinne,ek sien nou dis ‘n haan!Ek wonder of hy die pappie is?😆

  12. Haai Tina,ek het ook daardie sms gekry..ek dag dan ons tweetjies kan die trippie saam aanpak. Ek is nou skoon teleurgesteld!Dis die kostelikste foto’s.Daardie arme hoender weet seker nie wat haar getref het nie!

  13. Man, ons sou al skatryk gewees het met al die geld en pryse wat ons so wen….! Dink net, jy kon die RWC-kaartjie en vliegkaartjie verkoop het, en jouself lekker bederf het…!!😉

  14. I don’t know how you always seem to find the funniest photos that make me blurt out a laugh and have everyone wondering what’s so funny.

  15. Hahaha What a win! I wouldn’t be over the moon either.😀 Thanks for the smiles again. Happy weekend to you.

  16. Wat het van Carol geword? Het jy dalk enige kontakdetails van haar want ek het haar tel no verloor

  17. Funny foto’s. Maar jy kan maklik na Engeland gaan. Jy sal dit nie opmerk want sels die adjunk-president het nie eens geweet hy vlieg met die Gupta’s se vliegtuig nie.

  18. Funny foto’s. Maar jy kan maklik na Engeland gaan. Jy sal dit nie opmerk want sels die adjunk-president het nie eens geweet hy vlieg met die Gupta’s se vliegtuig nie. 😉

  19. Soos altyd pragtige foto’s! Ja nee as ek darem al die goed wat ek gewen het moes ernstig opneem en regtig gewen het, sou ek nooit by die huis gewees het nie! Ons het ook sulke heerlike weer hier in Gauteng, nogal met die belofte van moontlike buie wat baie welkom sal wees. My ruintjie kom mooi aan alhoewel nog niks blom nie. Ek kan veral nie wag vir die iappertjies nie, hulle het baie mooi gegroei. Geniet jou naweek!

  20. Ek moet die eerste foto kommentaar gee “oe so dit is die 1970s se flower power”. Lekker, ek het ook daardie spam gekry en net gelag voor delete.

%d bloggers like this: