RSS Feed

Klippie in die skoen

Die van julle wat my ken weet dat ek reeds vanaf 2006 blog en dat dit bedoel was as ‘n ernstige onderwys blog oor dinge wat mens/ons in die onderwys moet verander. Daarvan het nie veel gekom nie.  Die naam sou wees – ‘n Klippie in die skoen en ek en ‘n vriendin het vir ‘n oefenlopie Grappies op ‘n stokkie geskep min wetende dat mens dit nie kan verander nie.  Ek is egter bly dit het so uitgedraai – die Klippies in die skoen is darem net te erg negatief.

Vandag het ek egter regtig ‘n paar ware klippies in my skoen:

  1. Het jy die nuwe CELL C advertensie gesien. Goeie genugtig is dit nou nie onsmaaklik nie? Ek kan nie verstaan dat mense betaal vir sulke swak advertensies nie.  In vergelyking met Telkom se oulike babatjie advertensie steek dit darem sleg af.  Ek wonder wie is hulle teikenmark?
  2. Ons is besig om te verdrink in verpakkingsmateriaal. Ek koop graag bran muffins en die goed is sowaar driedubbel verpak. Waarom die doen die verskaffers dit. Dit stoot net die prys op en doen net niks vir die omgewing nie.
  3. Ek verstaan nie mense wat reken hulle is beter gemaak as ander nie. Mense gaan ‘n groot verrassing in die hemel kry… dis nou as die haat en nydigheid jou daar gaan kry.
  4. Ons het ‘n baie oulike verpleegsuster verloor… ons is regtig jammer. Die lewe gaan egter aan en ons gun haar ‘n beter betrekking maar dis sleg vir ons.

Nee, wag voor ek ook heeltemal negatief word, wat van ‘n glimlag:

10257352_10152456706500827_5386589075537123132_n

10390034_644857588951876_3364660116414739637_n

10411332_10152456704195827_6972963626340482856_n

11888130_513253562163503_1267272849913074035_n

11822434_881112251958396_6137437227808065931_n

11863257_903518019727999_3138999225736139259_n

33 responses

  1. Ai – lekker om te glimlag so vroeg in die oggend! Dankie, het jou fotos geniet.

  2. Ek wonder of dit nou Laviga, Blogland se slimste heks is wat daar teen die boom vasgevlieg het?

  3. Die Brakpanners sal jou stenig. Ek kon nie help om te lag vir die twee oues by die kitsbank nie – siestog man.

  4. Bly jy het die onderwys gelos en maak ons eerder glimlag. Sou graag daardie surf poging wou sien!!! Ek het op my bucket list dat ek nog net een keer die see wil in, en met ‘n groot brander uit wil surf. (Lêend natuurlik.) Miskien kan ek ook my strykplank gebruik🙂

  5. mogge Tina
    ernstige tekst , al moest ik lachen bij
    Grappies op ‘n stokkie
    je hebt de glimlach meer dan verdient
    geniet de dag

  6. Ha ha, Brakpab het mos n dam waar sy kan probeer!. Arme heks! Dat sy nou haarself skoon katswink gedrink het!

  7. Het die klippie nou skoon uit my skoen gelag….

  8. Hahaha – ek neem kennis van die heel eerste waarskuwing…

  9. Ag hoe lekker laat jy my lag!

  10. Mense wat van diere hou IS beter 😊

  11. 😆 Thanks for the smiles.

  12. Jis! Maar daai Brakpan Surfer is stoepit! Weet sy dan nie mens moet ‘n hout strykplank gebruik nie. Daai ysterpote gaan mos sink soos ‘n baksteen!

%d bloggers like this: