RSS Feed

Kompetisies

Ek het al vertel ek hou van realiteitsprogramme, maar is nie blind vir die tekortkominge nie.  Musiekkompetisies is rakleeftyd is vir my verby en ek kyk nie meer Idols of The Voice nie.  Ek geniet egter British got Talent – hoofsaaklik oor die verskeidenheid.

396729_443117295736104_1427739936_n 579209_443115242402976_213092860_n

Daar is egter ‘n paar vrae waarmee jy my dalk kan help:

  1. Hoeveel tel persoonlik smaak?  Dit lyk nie of die beoordelaars ‘n lys van vereistes het nie.
  2. Waarom word sulke verspotte goed altyd ingesluit? Is ek so verdroog dat dit net nie vir my snaaks is nie. Dit neem tog die plek van meer verdienstelike deelnemers.
  3. Hoe vergelyk ‘n mens uiteenlopende items? Persoonlike smaak?
  4. Ek is seker daar is letterlik duisende mense wat nie eers uitgesaai word nie, hoe word die swak inskrywings gekies  (dis die jaar nie so erg nie – maar om mense te verneder is net nie vir my snaaks nie)

Goed as jy nie kyk nie en jy het nie ‘n mening hieroor kan jy gerus maar glimlag

1544322_643394829098152_1031557996252878544_n

1560605_641756142595354_4218221121036591291_n

10802026_640651456039156_4099101593082667736_n

11216704_1071135716237386_3904389134877328725_n

11885287_417654891760652_5022499240971100943_n

11836625_10206991814731239_8579874466672124767_n

 

32 responses

  1. ik kijk weinig televisie veel te veel rommel .En als ik kijk is het naar natuurprogramma ‘s

  2. Er wordt niet gewandeld deze dagen hoor ,maar genieten zeker wel
    Slaapse

  3. Ek wonder ook hoe hulle partykeer die mense kies!!

  4. Nee man ek kyk net Bosch

    • hehehehe… Jy weet nie wat jy mis nie Daar is ‘n groot koor wat hoendervleis mooi sing. En die jaar se wennner is die aller oulikste hond Mens kry sommer ‘n knop in die keer om die dier en haar eienaar te sien optree.

  5. Kyk nie juis sulke programme nie. Ek het begin kyk na Op die Spel, grootste prul ooit.

  6. Soos die ou gesegde sê . . . As jy jou uitgee vir ‘n toffie, moet jy verwag om gekou te word. Ek dink die gewone, gemiddelde oudisies is dalk net nie vermaaklik genoeg om uit te saai nie. (Wat sal ek weet, nog nooit gekyk nie). Ek het geen idee hoekom mense vrywillig hulle name met ‘n plank gaan slaan nie.

    Ek moet sê, ek het al The Voice se oudisies gesien. Dit is nogal cool.

    • Ek het die eerste reeks van The Voice gekyk maar dis net te lank en te almal dieselfde

      Moet sê ek het Kuns en Kultuur gegee en Idols gedoen. Ek het vir die kinders gesê mens moet almal iewers in jou lewe voor mense optree al is dit net in ‘n werksonderhoud maar hulle kon kies – of hulle doen die oudisie net vir punte of hulle neem deel aan die kompetisie en kan deurgaan na die volgende rondte… net 3/4 het al die jare dit net vir punte gedoen. Ek dink diep in elke mens se wese lê daar ‘n diva wat ontdek wil word.

  7. Die tweeling laat my nou dink aan my pa. Hy het ses dogters gehad by sy eerste vrou en het soms heeltemal deurmekaar geraak met hulle name. Ek was dogter nommer sewe (by vrou no 2) en hy het my kortweg sommer net Sussie genoem; dit het my goed onderskei van my drie broers en het die naamkwessie vinnig opgelos. Ek was in die hele gemeente bekend as “Sussie” tot diep in my tienerjare.

  8. Dis alles deel van die humor van die massas. Ek is self ook nie mal oor die swak insetsels tussen die beter deelnemers nie. Mens sien ook nie die hele opset nie want baie word verkort omdat daar nie tyd is om ten volle alles te wys nie. Hoe het jy jou kindrrs beoordeel in kompetisies? Ook maar volgens jou eie smaak?

  9. Tina,dit steek my dwars in die krop dat die beoordelaars(Idols)die mense so verneder.Ek het nie so groot geword om ander mense af te kraak nie.Geen wonder mense het nie meer respek vir mekaar nie…dit word dan oop en bloot voor die hele wêreld gedoen.
    Kostelik…die een van die antwoordmasjien!

    • Ek stem Dit dien geen doel om mense so swak te behandel behalwe dat die kyker respek vir jou verloor nie. In die wêreld vol haat en negatiewe dinge kan ‘n vriendelike woord soveel brûebou

  10. good looking single here🙂
    kijk zelden of nooit zo’n show , weet wel dat er soms verrassend goede artiesten bij zijn op allerlei vlak
    maar de glimlach heb je zeker verdient met het blog
    fijne avond

  11. Ek het ook altyd Idols en selfs Supersterre gekyk. Nie eintlik vergelykbaar nie. Supersterre was vir my meer talent gefokus as die somtydse gemors op Idols en sels welke land ookal’s got talent. Hulle idee van snaaks amuseer my nie altyd nie. Miskien het my humorsin iewers n knou gekry.

%d bloggers like this: