RSS Feed

Van alles en nog wat!

  1. Verlede jaar was ek ongelooflik trots op ons nasionale swemspan vir hulle pragtige prestasies. Vanjaar is dit vir my so half louwarm? Het hulle in ‘n jaar se tyd so verswak dat hulle in sommige gevalle nie eers kwalifiseer vir die eindrondte nie? Hoe so?

e47440e40cb33b29a730f1d1ff6a409e

2.  Vanoggend in die apteek is daar ‘n ou man voor my ek loer gewoonlik deur die grimering en goedjies op die toonbank. Toe die ou man klaar is draai hy om gryp my hand met die woorde “Moenie so hartseer lyk nie!'” Ek skrik my uit my bloedgroep uit en stamel en stotter… Eish… dis waarom ek nie vreemde ou mans doen nie – ek verstaan hulle nie.

funny_old_people_38

3. Ons het twee keer ‘n jaar ‘n kuns en handwerk-mark. Ek probeer om die plaaslike kunstenaars te ondersteun. Ek het ‘gister ‘n klein skilderytjie van mossies gekoop. Die Bybelse aanhaling kom in my gedagtes op “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.

IMG-20150805-00020

4. Die nuwe beurtkrag skedule is ons darem baie genadig. Dit tref ons net 2 keer elke 5 dae. Die een keer van 10:00 tot 12:00 en die slaan hulle gewoonlik oor en die volgende dag van 16:00 tot 18:00. Die krag was egter nog nie die week af nie. Wat my wel ontstel is die straatligte wat die hele dag brand.

c0dedaec584bcf2fb81a54ced5b04c9b

5. Ek het die week terwyl ek vir my buurvrou gewag het ‘n Plus 50 tydskrif gekoop. Baie interessant moet ek sê.  Ek is egter verbaas oor al die aftree-oorde wat geadverteer word.  Groot beloftes word gemaak oor versorging, maar ek besef nou eers wat dit behels. Elkeen moet beslis hulle huiswerk goed doen en goed oorweeg of jy wil tennis en golf speel of versorg wil word as dit nodig is.

funny_old_people_31

 

40 responses

  1. Fijn verhaal en goed geschreven

  2. Daardie oom wou maar net gaaf wees. Jammer jy het geskrik….. kon hom ‘n mooi glimlag gegee , en hom ‘n mooi dag toegewens het. Maar dan weer dit is ek wat hier praat…. gesels mos heerlik met vreemde mense.
    O ja, ek hou baie van jou skildery🙂

  3. …wonder ek nou net of daardie Wonder Bar saam met die Mossie-skildery gekoop is……;-)

    • Jong die is ‘n lang storie. Donderdae ry ek vir die plaaslike koerantjies. Een keer was ek nie lekker nie en het ‘n vriendin gevra om die koerante by T. P te gaan afgee en sederdien kry sy elke Donderdag ‘n Tjoklit. Ek koop ook dan sommer vir my twee gawe buurvroue ‘n Donderdag tjoklit. Ek hou dit darem klein .

  4. Lekker gelees – geniet jou naweek!

  5. So n stoute omie! Het jy hom gevra hoekom hy so dink? Mossies lyk te mooi.

  6. Haha, so ‘n blêrrie neusintekerige ou man. Ek raak net so vies wanneer mense vir my vra waaroor ek so kwaad is wanneer ek hard konsentreer met ‘n fronsplooi tussen my oë.

  7. Ek hoop die “louwarm” swemmers skrik betyds wakker vir volgende jaar se Olimpiese Spele!

  8. vind alle goed , dat ik zeg pas op met advertenties
    en ja zwemteam toen en nu , wie weet waren ze net zo goed , maar de ander ff beter
    ik fietste 100 kilometer bij lekker warm weer
    morgen rustdag

  9. Toemaar. Eskom het nou ‘n 5de fase ingestel. Hulle kom blaas jou kerse dood en vat you flits batterye!
    Lekker speel verder.

  10. Ek is gek na daai twee mossies van jou !

  11. Die mossies is pragtig!! Ja advertensies kan baie misleidend wees.

  12. Ek byt ook nie aan al hierdie aftree-oorde se advertensies nie.Ek het nou al te veel gesien dat daar verby die werklike kwessie van permanente versorging gekyk word.

%d bloggers like this: