RSS Feed

Tjommeltjie – (18N)

Waarskuwing: Hierdie is ‘n persoonlike geselsie en bevat persoonlike menings wat nie nagevors is. Jy is welkom om te verskil,maar as jy wil skoor soek moet jy liewer verby vat.

1. Maandae is tydskrifdag en ek koop dan ‘n die Huisgenoot en Vrouekeur vir my en Tannie P en Engelse tydskrifte vir W. Dan het ons die Rooi Rose en Sarie gekoop wat ons geruil het.  Tannie P het egter besluit om liewer die Finesse in die plek van die Rooi Rose te koop. Nou die dag met die beurtkrag het ek besluit genoeg is genoeg. Ek blaai deur die Finesse en bladsy na bladsy is gevul met hierdie wonderlike Christen vroue met blink vroom glimlagte en mooi rimpellose gesiggies en maer lywe. Ek dink baie keer dis juis Christene wat verantwoordelik is vir hulle eie ondergang en baie kritiek, want niemand kan so volmaak soos hulle wees nie. Ek wil regtig nie meer die tydskrif lees nie.

'Moses, you'd better be in that bathtub!!'

‘Moses, you’d better be in that bathtub!!’

2. Vandat ek op die Landgoed woon kom ek naby allerhande verouderings siektes.  Ons kry vrugtesap met middagete en Oom G het nou die dag die sap met sy poedinglepel gedrink. Die personeel het hom met groot empatie gehelp  Blykbaar as mens Alzheimer het, vergeet jy hoe om basiese dinge te doen en kan jy dood gaan van honger, omdat jy vergeet het om kos te sluk.  Oudword is sowaar nie vir sissies nie.

auto-9gag-1200170

3. Ek dink dit sal goed wees as ons in ons dorp ‘n Uber-huurmotor stelsel kry. Hier is baie inwoners wat nie meer self ry nie maar wel graag onafhanklik wil wees.  So kan hulle dan veilig ‘n huurmotor bespreek en daarvoor betaal.  As ek nou werkloos was sou ek regtig die saak ondersoek.

cute-mini-baby-taxi

4. Ek en my twee buurvrouens is heerlike vriende en doen baie dinge saam. Die oord loop oor van nuwe inwoners en matrone maak vanmiddag verskoning dat sy iemand aan ons tafel sal moet laat sit. Ons gee nie om nie, solank dit net nie ‘n man is nie – Reken Tannie B.  Matrone is diep teleurgesteld want sy het hierdie wonderlike 60jarige hunk.  Sug… nee dankie – ek (het) (ge)werk met kinders, ek speel nie met hulle nie!

11750622_10207227312585109_3465465620356433190_n

Die lewe is darem interessant … jy moet net bietjie dieper kyk!

51 responses

  1. Mijn moeder had Alzheimer een vreselijk ziekte.

  2. Ja, die ouderdom… en Altzheimers…
    By die ouetehuis waar my ma en skoonma is, is ‘n paar mense wat hul motors aanhou en ry die ander mense dorp toe waar nodig, natuurlik teen ‘n fooi. Ek dink dis oulik. Op dié manier behou hul nog hul vryheid, hul motor en kan dit op ;n manier bekostig.

    • Toe ons ingetrek het, is ons verbied om ou mense in ons karre te vervoer. As ons in n ongeluk kom is daar net te veel drama en as iemand wat jy rondry wegraak is jy nog dieper daarin. Ek laai darem my naaste vriendinne op met die geloof niks sal gebeur nie. As hulle nog daarvoor betaal het mens sels meer moeilikheid want dis onwettig.

  3. Ek dink dis die groot euwel van ons tyd. Al die sosiale media wat hierdie perfekte mense aan ons op dis. Dis so maklik om net die mooi te wys, maar dit skep ‘n onvergenoegdheid by ander wat begin glo hulle eie lewe is nie so perfek nie. “Mean while back at the ranch” spook almal van ons met iets.

    Ek kry dikwels die beroemdes uit my hart jammer. Hoe vreeslik moet dit wees om die wêreld aan jou voete te hê, maar heeltyd te moet weet jy’s nie regtig goed genoeg nie, want jy kan nie sonder ‘n front in die kol lig bly nie.

  4. ha die Tina
    blij dat je gelachen hebt
    ben blij met je lach
    fijne avond

  5. Jy maak my dag. Ek het ook ‘n broertjie dood aan mooi, fyn, vroulik, dienlik, raakvat, heilig en glimlaggend alles in een sin. Sulke mense sal nooit kan afdaal tot op my vlak nie.

  6. Ek koop lankal nie meer tydskrifte nie! Soos jy se die mense daarin is onwerklik! Jy het weereens my dag opgekikker!! Lekker dag , Tina!

  7. Ek koop mos nie tydskrifte nie maar ek het die ander dag die You by Woollies gelees toe ek in die tou moes wag. Die storie van Chris Panayato ? Spelling se skelm. Ek kannie glo dat sy sommer sonder meer so aanvaar het dat hy met Jayde trou terwyl hulle n liefdesvehouding het nie. Makes you think ne?

  8. Jy is veronderstel om n sterretjie op die ou se sterre te sit! Of waarsku sensitiewe lesers dat daar porn betrokke is! Lekker man, Die omies is meestal baie hups en interessant. N bussie sal ook nogal help met die vervoer. Hier het die tehuise n bussie as hul nie nabybustop is nie. Dis veral die rolstoel ouens wat met bussie dorptoe gevat word sodat hul lekker in dorp kan rondry en inkopies doen.

  9. je hebt heilige en schijnheilige
    zijn alle leuke verhaaltjes bij leuke plaatjes
    doen niemand kwaad , toch

  10. Ek wonder baie of die “beeldskones” ooit regtig geleef het, soos ek die lewe ervaar het. Jy kom nie so ongeskonde en beeldskoon anderkant uit nie. Hier by ons is n paartjie in ons blok wat 74 jaar getroud is en nog steeds verlief is op mekaar. Die pragtigste twee mense. Hy is 95 en sy 92. Ons het n kombi/bussie wat ons vervoer teen R30, hospitaal, dokter of Pick n Pay toe. Jy moet n wonderlike aand hê, ons het môre ons “grand opening” van ons nuwe eetsaal en is aangesê om bietjie “op te dress”, sien nogal uit daarna om n regte chef se geregte te proe!

  11. Hoe lekker sit ek nou en giggel!

    Ek stem saam oor die Finess. n Vriendin van my het dit eendag as n glorified Sarie beskryf. mmm

  12. Nee man die “jong/ou” omie doen julle dalk goed. Lol.
    Ja ouderdom is nie maklik nie.
    Stem in n mate saam met die Finesse girls.
    Weet jy wanneer kry enige tydskrif my onder…. as hulle beweer dat saamgestelde gesinne (my kids, jou kids en ONS kids, met 2 x’e – sorry Louw) suksesvol is en alles seepglad verloop. Ek begin sommer lag.

    • Ja ek stem en hulle is so vroom geen suiker kan hulle monde smeld nie. Ek glo ook in wonderwerke maar ook dat mens nie op die straathoeke dit moet verkondig nie. Nee wat miskien moet ons die Drum koop

  13. Sal nou nou saam gesels, gaan net gou my visvanggoeters haal…

  14. Watse wurm haak die hunk dalk per ongeluk. Wonner of die carp gaan springknibbel ?

  15. Sowaar is ouderdom nie vir sissies nie. Tog is daar humor in.

  16. Giggel ek nou…! Dierbaar van die ou omie…! My ma het ook, hier aan die einde, met ‘n loopring moet loop – ‘n rooie. In die aand, het sy al die rooies voor haar kamer bymekaar gemaak…

    • Ag ons het baie pret so saam met die hartseer en ons giggel met groot deernis. Mens kom net onder die indruk van hoe broos die mens is. Hiier is ook heelwat wat met die raam eetsaal toe loop en dan sonder terug gaan en een tannie het eendag my buurvrou (88) se sleutels geneem terwyl sy gesels het by ons tafel.

  17. TIna, ek het heel nuwe naam gekry!! TvdW ?? nee o genade ek en WP verstaan mekaar van die begin af nie so goed nie

%d bloggers like this: