RSS Feed

Ek wonder weer vandag…

Hou mense net op met verkeerde ding wanneer hulle uitgevang word?

1. Lance Amstrong. Hy was nog altyd ‘n groot held van my, maar weet nou nie hoe ek oor hom voel nie.  Hy was tog ten spyte van die opkikkers ‘n uitstekende sportman.  (so tussen hakkies het die mense wat nou tweede gekom het die ekstra prysgeld gekry? En die trofee? ) Vergewe mens hom?

220px-Lance_Armstrong_(Tour_Down_Under_2009)

2. Bob Hewitt Hy was een van my gunsteling tennisspelers… en nou. As hy wat sekerlik enige vrou kon kry met kinders gelos het.  Hoe kwesbaar maak dit ons kinders wat uitgelewer is aan afrigters? Ons betaal baie geld en vertrou mense maar hoe weet ons wat gebeur as daar nie toesig is nie.

220px-Bob_Hewitt_(1967)

3. Bill Crosby  Seker een van my grootste gunstelinge en nou lyk dit of nog ‘n held geval het. Ons het nie ‘n episode van die Crosby Show gemis nie en nou laat dit met ‘n bitter smaak in die mond. Wat nou? Mens kan dit nooit beter maak nie.

1030-bill-cosby-years-1-300w

So kan mens aangaan oor gevalle helde … mens vergewe dalk, maar dit maak nie mens se teleurstelling kleiner nie. Dink jy nie daar word te veel eer en aandag op mense geplaas waar onder hulle knap en hulle wend na dinge wat minder eerbaar is om op die kruin te bly.

35 responses

  1. Dis hoekom ek nie helde het nie.Ek kon nog nooit verstaan hoekom ‘n goeie akteur,tennisster,sportman .n held of rolmodel moet wees nie.Hulle is doodgewone mense wat op een vlak uitgestyg hetEk haat mans wat met jong meisies lol..uit en gedaan,dis walglik!

  2. nee bloemen zijn hier niet duur

  3. Wys ‘n mens maar weer hoe feilbaar die mens is, en dat ons nie ons hoop op hulle kan sit nie.

  4. I couldn’t translate this, but I’m guessing it is about how we are let down by so many in the public eye. Tragically sad how they get away with so much

  5. mogge Tina
    ja mensen waar we soms tegen op kijken , in spot theater of wat dan ook , blijken ook fouten te maken
    geniet de dag

  6. Interessante post Tina. Feit is, almal van ons is maar mense en almal maak foute, maak nie saak hoeveel geld jy het nie. Ons weet maar net van al hulle foute omdat hulle so in die ‘spotlight’ is en ja, baie van hulle het maar toegelaat dat die roem na die kop gaan en iets wat ek al agtergekom het, is dat geld niemand slimmer maak nie. Dit maak hul eerder dommer.😆

  7. “How are the mighty fallen?”😦

  8. scrapydo2.wordpress.com

    Stem met newsferret saam. Enigeiets vie geld. Dan het n saak twwe kante ook. Een weeg miskien swaarder as die ander maar tog, daar is n oorsaak wat dit “trigger” hetsy sexy vroue wat hulself verkoop en selfde met mans wat vir geld dinge doen!

  9. En (skuus Lou, wonder hoe gereeld sy nog lees?) ou Bob het so ´n beeldskone vrou gehad.

  10. Ai ja, dis ‘n moeilike een dié…

  11. Ja, dis moeilik om te verstaan hoekom sulke dinge gebeur!

  12. Wat die vroue sake betref is wat ek sê is mense sal wat doen vir geld en pu
    blisiteit

%d bloggers like this: