RSS Feed

Ag nee…

Ek moet dit net van my hart af kry:

1. Mense wat sê hulle kleuters is sexy/vet/dom, maak my hart seer.

227791_504879719535505_1804512330_n

2. Mense wat nie die kloutjie by die oor kry, en dan ‘n storie verkeerd oorvertel en so mense seermaak, terwyl hulle onskuldig hulle skouers onskuldig optrek.

enhanced-3949-1435764749-7

3. Eish Ek hoor Steve Hofmeyr is tot ridder geslaan en is nou ‘n tradisionele leier van die Boerevolk.

(mmmmm die foto  wys nie… seker ‘n staatsgeheim)

11113601_10153368759194559_5068150087392663475_n

4. Mense wat wil hê ek moet hulle webwerwe/goedere ‘like’ terwyl hulle nooit met jou praat of iets van jou ‘like ‘ nie.

11224735_1095372387192062_4058459211247930744_n

52 responses

  1. Die boonste fot is die cuteste!

  2. Ek haat dit ook as ouers dit van hulle kinders se!!

  3. scrapydo2.wordpress.com

    Ja die uitsprake van sommige gee mens koue rillings – dis nou mammas en politikusse ook

  4. Love the tortoise hat.🙂 Happy weekend to you.

  5. ja als ik ga fietsen of wandelen heb ik cameraatje altijd mee🙂

  6. In my nederige opinie is mense wat kleuters sexy noem pedofiele en ek sal summier die mense uitdinges wat so iets siek se

  7. Ek stem nogal saam met jou oor die kleuters. Los tog die kinders sodat hulle kinders kan wees! Ek het n skindervriendin en stertaanlasser op haar plek gesit. Wanneer sy my “gou iets vertel” luister ek so halfpad en bel dan die persoon van wie sy praat. Sy het amper stuipe gekry! Daarna, sodra sy begin, vra ek haar of ons gou die mens kan bel want n eerstehandse storie is mos baie beter!. Onnodig om te sê, dit was die einde van stories met sterte. Oor Steve Aat ek my liewer nie uit nie. Ek is n groot bewonderaar van sy musiek en reguit manier van dinge doen. Moet erken hy het guts. Dankie vir jou oulike foto’s. Die kietiekat is my gunsteling dier. Lekker aand verder.

  8. Lyk asof skilpad ‘n hoedjie dra🙂 Goed om so wan en dan dinge van jou hart af te kry.

  9. Het vandeesweek vir Steve op Karen Zoid se geselsprogram gesien. Dink hy word dikwels onregverdig gekritiseer.

    • Ja ek moet saamstem Ek was al by sy konserte en het daarvan gehou. Ek het ook een van sy boeke gelees maar hierdie politieke ding staan my nie aan nie. Hy is ni9e my spreekbuis nie

  10. Ek dog ridders kom net voor daar aan die Engelse kant vam die wêreld. Moet die man nie ‘n Kommandant of ‘n Penkop of so iets wees nie?

  11. Ek moet saam stem. Veral met nr 1. Dit maak my net so hartseer as hulle hul 7/8 jarige op ‘n dieet sit. Watter boodskap stuur dit? Kweek eerder goeie eet gewoontes, dit neem dalk langer, maar die emosionele skade is soveel minder

    NS. Ek is gek oor die skilpad prent🙂

  12. Kleutertjies is almal … opeetbaar! Oulik, cute, pragtig, dierbaar, noem maar op!!

  13. Ek kan aan niks mooi dink om van Steve te se nie dus bly ek stil

  14. kleuter is niet vet en of dom
    die kat is een mooie kat
    die vent is zo te zien een bandiet
    en de kleine schildpad krijgt een ritje van opa

  15. Oor Ridder Steve sal ek maar stilbly, is eergister oor die vingers getik met ‘n H-beam oor ek durf waag het om my opinie te lig.

  16. Is dit nou ‘n baba skilpadjie of is dit ‘n wyfie skilpad wat soos enige goeie vrou op haar man se kop sit?

%d bloggers like this: