RSS Feed

Groot hartseer…

Met groot hartseer moet ek jou meedeel dat Litnet nou maar die blogs kan sluit.  My Vrydag Byskrifte is geplaas tussen Buy Penis Extender en Harder Erection Pills – en sommer baie daarvan.  Ek was een van die laaste bloggers wat nog vasgebyt het en gehoop het toe Mweb se blogs finaal gesluit het. Dit het ook hoofsaaklik gebeur omdat die oormag spammers nie meer gekeer kon word nie. Dit lyk al lankal of die Litnet Administrateur nie meer belangstel nie – Sy was dae laas daar.  Dit lyk of dit maar die verhaal van my lewe is … niks is vir altyd nie… 

Mens mis goeie vriende – dalk is ek net nie interessant genoeg dat mense die vriendskap wil behou nie? Ek verstaan dat mense se lewens verander en aangaan, maar om altyd ‘n randfiguur te bly is niks lekker nie.

186786-Truth-About-Sad-People

 

56 responses

  1. So hartseer! Ek het my begindae as blogger op Letterdash so baie geniet! Dit was nooit weer dieslefde NA dit nie! xxx

  2. Dat is echt spijtig maar bekijk het eens ,er moet toch een mogelijkheid zijn contact te houden met die vrienden.In dit tijdperk van internet zijn er zeker mogelijkeden.Fijne avond en tot gauw.

  3. nee hoor , maakte een rustdag van de woensdag
    had gister een heel lange dag , en geen blog in concept
    slaap wel

  4. Ag, ek is jammer om dit te hoor ;-(
    Ek het by die destydse 24, later Letterdash ‘n blog gehad en dit was dieselfde storie, ek was net so hartseer.

  5. Verskoon die giggel🙂 Maar dis skreeusnaaks. Skryf hier waar ek ook kan lees. Ek het Litnet vermy om redes anders het ek lankal geblog.

    • Die meeste bloggers het van Mweb na Litnet getrek toe die skip begin sink Ek dink nie ons gewone pleps was baie welkom nie want ons het nie regtig waarde toegevoeg nie

      • Nee nee … nou “wallow” jy net🙂

        • So? Dis waar … jy het nog kunswaarde toegevoeg maar ons het gee akademiese of letterkundig waarde toegevoeg nie. Ek wil nie ons waarde verkleineer nie maar op daardie werf was dit deel van die feit dat die groot name weggegaan het.

          • Kom ek vra dit so om, om verder lykskouing te hou oor hulle, die snobs etc… hoeveel % gaan dit verander aan wat gebeur het? 0% 10%, 20%?
            As dit niks verander, hoekom energie mors om te wroeg oor dit?😀 Lag en beweeg aan

  6. Liewe vrou jou blog behoort ‘n opkikker te beleef as dit tussen daardie mannegoed beland het🙂
    Grappies op ‘n stokkie, ek dink ek weet hoe jy voel. ‘n Mens raak baie geheg aan ‘n klompie mense, voel hulle is vriendinne al weet jy nie altyd hoe hulle lyk nie…. en eweskielik is hulle net weg. Afskeidneem is swaar en maande later dink jy nogsteeds aan hulle…. en wens jy kan weet hoe dit gaan. Jy verlang terug na hoe dit was.

  7. Waarom “verloor mense belangstelling” by jou?
    Eenvoudig. Hulle verhuis, werk later, trou, kry kinders, skei, trou weer.
    In konteks van sulke gebeure is blog soms die laaste ding op die agenda.
    Dis nie persoonlik nie, dis maar die lewe.

    Litnet is jare gelede al dood. Dis nie iets nuut nie. Nou is die geheim om nie mense te vervreem wat moeite doen om jou nou en hier te kom sien nie.

    Dis soos om elke dag te praat oor die asshole van ‘n seun wat almal drama gee en nooit kom besoek nie.
    Gee aandag aan die seun wat wel by die huis is, DIY doen etc.

    Uiteindelik is beide seuns gatvol en verloor jy die vertroue van die een wat altyd by jou is, want hy raak gatvol om te hoor van die “verlore blog” … ek bedoel “verlore broer”

    Klink soos iets uit die Bybel? mmm ….

    Doen jou ding en geniet jou blog. Ek kyk soms lekker fotos.

  8. dus je hebt ff mee gefietst met me🙂
    ja daar in India is ook heel veel armoede
    fijne avond nog

  9. Ek het jou op wordpress leer ken! Ken glad nie LITNET nie. Ek het ook maar lank gevat om ‘n vriendekring op te bou!

    • Lyk vir my dis ‘n SA ding … Mens se belangstelling is nie volhoubaar nie. Miskien is daar eintlik te min wat geld kan inbring.

        • Dis universeel, eintlik is die apatie erger in die VSA bv. Hulle het die “consumer culture” uitgedink. Onthou dat dit moeilik genoeg is om real life vriendskappe te handhaaf, wat nog aanlyn gedoentes. Die tipiese ouers wat ek elke dag op die trein raakloop is al uit die huis vanaf 6AM en is eers soms na 7 terug by die huis. Hulle het kinders, wederheldes, kerkraadsvergaderings, skoolfunksies, diere wat veaarts toe moet gaan, etc etc. baie mense se aanlyn-ervarings is siklies van aard. Soos seisoene. Alles kom en gaan. Dinge soos litnet beleef ‘n “high” en dis doodnatuurlik dat dit weer laagtepunte sal bereik. “That’s life” niks met aandag, conspiracies of enige tipe mense te doen nie. Dis maar hoe dit werk.

          • Dis mag so wees maar as mens na die demografie kyk is daar baie afgetrede mense hier Ook mense wat van die werk af blog. Dan is daar die naguile wat saans laat wakker is. Ag ek weet ook nie miskien is jy reg

            • Inderdaad, maar selfs naguile en afgetredenes se situasies verander. Die enigste konstante in die wereld is verandering … state of flux.

  10. Maar hier by ons is jy darem gelukkig nie ‘n randfiguur nie! En ja, interessante plekkie waar mens jou moet loop soek! Hoop dáár is jy net ‘n randfiguur, anders weet ek darem nie so mooi nie.🙂

  11. Ag ek weet dit is droewige oomblik, maar die Hemele weet ek het darem vreeslik gelag waar jou blogplasing beland het ..klink darem vir my dit is rede dat jy moet vlug. Daardie soort blogs beland gelukkig by WordPress se spam, die van die organe..

  12. scrapydo2.wordpress.com

    Dis nou verby en beweeg aan. Jy klou aan iets wat nie meer werk nie. Mens kan steeds op WP ook n goeie groep opbou! Dit vat net tyd.

    • Mense verskil mos maar… dis vir my belangrik. Jy verstaan nie – ons laat dit dus daar.

      • scrapydo2.wordpress.com

        Ek verstaan baie goed. Dit is belangrik om vriendskappe wat opgebou is te behou.

    • Ek stem saam. Op ‘n tyd was Litnet heel vriendelik, maar mense vergeet vinnig hoe ‘n klomp goor moeilikheidsmakers daar was. Allesbehalwe maanskyn en rose. Soveel so dat bloggers by hulle werksplekke en huise geaffekteer is. Maak die ding toe, ek dink dis alles behalwe hartseer. Hoe vinniger is daar dalk iets nuuts wat vir sommiges die leemte vul aan ‘n meer intieme “kletsgroep”…

      • Ja ek het ook maar goed deurgeloop maar ek weet van bloggers wat gewoon besluit het om op te hou deur die moeilikheidmakers … Ons (Jy is darem ‘n kunstenaar en het ‘n plek gehad) was net nie goedgenoeg toe die bekende skrywers opgepak het nie.

  13. Ek gaan my bitterbek hou…maar dis jammer dat Afrikaans moet ly onder die ongeërgdheid van mense wat hulle werk beter behoort te doen.
    Jy, liewe Tina, is allermins ‘n randfiguur – jy’s ‘n samesnoerende krag vir die oud-LitNetters!

  14. ik snap hier niks van
    die lui van die grote en harde lullen zijn klootzakken , einde verhaal
    ben toch ook bang dat je er weinig tegen kan doen , commercie regeert

    ik heb van mijn wandeling zeer genoten ja

    sterkte

  15. Ek kan nie verstaan hoekom die bloggers wat daar agtergebly het, nooit die skuif gemaak het nie. Dit was al baie lankal duidelik dat dinge by Litnet blogs vergaan, en dat WordPress.com die beste alternatief is.

    Ek dink wat deels beoog word, is dat net diegene wat deel van die erkende establishment is, daar bly skryf: by name Crito, Izak, Hennie van Deventer en Reney Warrington. Naspers/Litnet het lankal spyt gekry dat hulle die blogs vir die gepeupel beskikbaar gemaak het.
    Maar weet jy wat, WordPress.com verwelkom almal.

    • Ek wens so jy was nie reg nie. As mens onemosioneel daarna kyk is WP lekker en alles, maar ek mis die intieme klein kring… Hier is elkeen maar net nog ‘n blogger. Mens leer eintlik meer op FB van die bloggers as hier.

  16. Jammer! Ek het destyds al gedink daardie administrateur is nie opgewasse vir die taak nie. Ek dink ‘n geval van iemand wat nooit in die pos moes wees nie, maar dit gekry as gevolg van haar afkoms.

  17. Is daar nie n ander manier om kontak te behou nie!? Dis n groot hartseer inderdaad. Lekke aandjie verder en n stywe drukkie,

%d bloggers like this: