RSS Feed

Geld – Grieke

Ek wonder al van die naweek af oor die Griekse geld krisis.  Hoe is dit moontlik dat ‘n ontwikkelde land so in die moeilikheid raak?  Ek het bietjie gaan kyk  en sien die land het baie ryk mense Daar is bv. ten minste 20 biljoenêrs in vergelyking met ons 7. Vanoggend lees ek die interessante verduideliking  van Pou Veer op Dirk C de Villiers se FB blad:

Ten spyte daarvan dat 53% van Griekeland se skuld in 2012 geskrap is, gaan hulle skuld tot die herfs vanjaar alweer meer wees as wat die voor die skuldsnit was. En dis die punt wat prof Hans-Werner Sinn van München maak: hy sê selfs al sou die Eurosone AL die skuld van Griekeland skrap, gaan hulle weer binne ‘n jaar of drie ernstige probleme hê omdat hulle nie genoeg geld genereer om die staat te administreer nie. Hulle weier om hulle VAT van 13% op te skuif na die 20% wat oor die algemeen in Europa gehef word. Daarop kry die eilande nog 30% afslag. Tsipras het ook eiendomsbelasting afgeskaf. Die belastinggaarder kry dit nie reg om eers 70% van die gehefde VAT in die staatskoffers te kry nie. So hoe die duiwel wil hulle kop bo water hou? Ek wag in spanning wat die Griekse Konstitusionele hof gaan beslis oor die referendum. Die geldigheid daarvan is aangeveg en die hof het hom voorbehou om die referendum ex post facto ongeldig te verklaar. Daar is drie goeie redes volgens ‘n staatsreg professor in Athene om dit te doen: (I) dis ‘n refedum oor finansiële vrae en dit is verbode in terme van die Griekse Grondwet; (2) die vraestelling was verwarrend en onduidelik, (3) die tyd was te kort sodat die publiek hulle behoorlik kon informeer oor die implikasies van dit waarvoor hulle stem. So het Tsipras beweer dat dit net daarom gaan of die Grieke die aanbod van die eurosone en IMF aanvaar of nie, en nie ook of die land uit die eurosone moet uittree nie. Die kondisies waaroor gestem is, was egter nie meer geldig nie. En as hulle nie ‘n ooreenkoms kan bereik met die geldgewers nie, dan is Griekeland bankkrot. Hulle kan dan hoogstens uit die Eurosone uittree, eventueel ook uit die EU, en moet devalueer. Griekeland kan egter nie die res van die Eurosone lande voor ‘n ultimatum stel om hulle voorwaardes te aanvaar en die skuld wat hulle het nie te betaal nie. En dis presies wat Tsipras en Varoufakis probeer doen. Dit gaan nie hier oor Geld wat banke hulle geleen het nie, maar die belastingbetalers van ander Europese state. En hulle is gatvol adarvoor dat hulle eers met 65 of 67 op pensioen kan gaan terwyl die Grieke met 52 op pensioen gaan; hulle is fed-up dat die Grieke net 13% VAT hef terwyl hulle 20% betaal. Hulle is fed-up dat die Grieke nie ‘n funksionerende staat wil skep nie, maar dit as hulle “demokkratiese reg” beskou dat die ander hulle lui-lekker lewensstyl moet finansier.

Wat dink jy gaan gebeur?  Hoe gaan dit SA beïnvloed?

debt

44 responses

  1. We zullen moeten afwachten.Ik heb te doen met de gewone Grieken en zoals altijd kunnen de rijken de dans ontspringen.

  2. monicahaddad01

    Ek dink wat die meeste mense miskyk is die feit dat as ons aan die Euro gekoppel was, sou ons in dieselfde boot as die Grieke gewees het. Die kruks van die saak vir my is dat die Grieke nie slawe van kapitalisme is nie. Hierdie dilemma gaan die hele domino-rye aan die val sit en dit is hoog tyd. Die wêreld-ekonomie is ernstig siek en het dringend ‘n hartoorplanting nodig. Ons weet dit almal diep in ons harte………..

  3. Dit raak net al hoe moeiliker vir ons om oorsee te reis! Sien my kinders al hoe minder….

  4. Asof SA se ekonomie nie al klaar bloedneus genoeg geslaan is nie, dan gebeur sulke dinge waaraan ons geen aandeel gehad het en waaroor ons geen invloed het nie, en kan ons klaarblyklik maar min doen anders as om terug te sit en te kyk hoe die geld in ons beursies minder kan koop by die uur…

  5. Uitstekende beleggingsmoontlikhede. Met sulke paniek verminder die pryse van inherent goeie besighede oor en dit is nou wat jy hulle moet aankoop terwyl hulle goedkoop is.

    Die Britte het die res van die Euro by die korthare.en hulle sal die Euro baie maklik los indien daar sprake is van skuldafskrywing of verdere hulp sonder bewese en volhoudende Griekse teenprestasie..

    As daar egter ‘n Griekse “Thatcher” is ?? het ek nog nie van die gehoor nie.

    Gelukkig lyk dit of Spanje effens beter af is en werklik besig is om stadig kop op te tel Hulle was so lank onder ou Franco se duim dat hulle beheer beter gewoond is.

    • Ja maar jy moet dan geld hê vir ‘n belegging! Ons normale mense het dit nie en daarom sal ons nooit ryk word nie Met die wisselkoers sal ek seker nooit daar kom nie. Dis net te duur

  6. reactie wordt niet gepubliceerd

  7. nog eens proberen
    ik ben het hier helemaal met Rob eens

  8. De rijken hebben zoals op zoveel plaatsen er ook in Griekenland een zooitje van gemaakt.
    Maar nu moet het hele land, inclusief de armen er voor boeten.

    Europa heeft hier niets te winnen, alleen te verliezen.

    Sombere groet,

  9. Ek het ‘n goeie rede om lief te wees vir die Grieke, maar soos scrapy sê dit is ook maar Grieks vir my.

    • Vertel vertel… grinnik … daar is baie ryk Grieke wat nie eintlik die spit sal afbyt nie

      • Ken nie ‘n ryk Griek in Griekeland nie😦 Die Grieke wat ek liefhet is my oudste seun, (die swartkopseuntjie met sy hemelglimlag waaroor ek partymaal skryf) en sy kinders; gelukkig bly hulle hier.

  10. Ek hoop daar kom ‘n sinvolle oplossing–ek sien hoe ons beurs die knou vat, en dit affekteer ‘n emeritus soos die uwe.

  11. Beurse swaai wild. Gewone mense kan seer kry.

  12. Wat dink jy gaan dit vir SA inhou?

    • Dis gaan beslis die wisselkoers beïnvloed en ons geld eenheid word al minder werd. ‘n Belgiese vriendin op FB vertel dat al die ryk Grieke hulle geld in Switserse banke het sodat hulle nie belasting hoef te betaal nie en so word die land nog armer. Die feit dat SA ook nog hulle eiers in die Brics Lande se mandjie wil sit, klink nie baie slim nie?

  13. Uiteindelik ‘n kort bondige analise wat selfs vuurklip kan snap! Dankie.

  14. Grieks is lekker eten hoor🙂
    het is in mijn ogen allemaal smerige politiek

    ben benieuwd of dit plaatsen wil

  15. scrapydo2.wordpress.com

    Ook maar alles lekker Grieks vir my. Is maar n gemors.

%d bloggers like this: