RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek weet al vandat ek ‘n kind is, dat ek ‘n regte loskoppie is. Ek is sekerlik nie die domste mens op aarde nie, maar ek maak agterlosige foute so ver ek gaan. Ek antwoord alle kommentare baie getrou maar as ek more weer daardeur kyk is dit vol foute.  Aanvaar tog my verskoning – jy is ‘n gawe vriendin/vriend met ‘n knap brein wat telkens tog verstaan wat ek probeer sê!

Hoop jy het ‘n lekker naweek… Dankie vir die deelneem/inloer.

1

11232894_1093360667393234_190129029724923591_n

2

11148394_1087718331290801_8036180075452551308_n

3

931223_10200277819324364_1140144610_n

4

11695876_1017797378252809_3332382474240026439_n

5

11224735_1095372387192062_4058459211247930744_n

6

11350612_847608278664615_7266589370589173300_n

 

20 responses

  1. Oulike fotos soos altyd😉
    Gelukkig kan jy die komentaar wat jy maak op jou eie blog regmaak, gaan na WordPress “Admin” dan onder jou “dashboard” klik op “comments” (dit kan komentaar wees in jou geval.)
    Lekker naweek.

  2. Hei, Tina! Ek stem saam met Perdebytjie – verskonings is nie nodig tussen blogvriende nie. In elk geval lees mens mos sommer bo-oor klein foutjies, anders gaan jy jouself stapelgek maak hier op die blogs!
    1. Mmm – Mamma ruik lekker…
    2. My vingertjies hou Mamma regop!
    3. Ag, ek help Nooi maar so bietjie met die liasseerwerk
    4. Salvador Dali se moses
    5. Sy wil nou opsluit so ge-abba word
    6. Wens hierdie kamera het ‘n trurat gehad

  3. Miskien moet jy die posisie op foto no 2 inneem…bietjie ekstra suurstof na die brein..terg jou sommer bietjie!
    Jy hoef nooit verskoning te vra by blogvriende nie.Ons weet almal wat jy bedoel.

  4. Baie nice fotos, nr 2 veral.
    Ja wat, ek is ook maar lekker verstrooid.

  5. Ek doen presies dieselfde Tina! Die vingers loop sommer net waar hulle wil en nie waar hulle moet nie!! Jou foto’s bring tonne vreugde!

  6. monicahaddad01

    Ek noem dit die oorlaaide hardeskyf-sindroom😉 Alweer foutlose goeie foto’s

  7. ik heb je goed verstaan
    er is er ook niet 1 zonder fouten

    1. ja hallo , wakker worden ik wil eten

    2. ach dat kan ik ook , zo het meiske het doet😉

    3. zie je wel , ik dacht het al , daar klopt weer niets van

    4. een gezellig samen zijn

    5. samen uit samen thuis

    6. goed dat er nog een fotograaf was

    geniet de dag

    • Dis die eerste kommentaar wat in die spam geland het … ek sal dit dophou en elke keer uithaal Jammer vir die ongerief – ek het dit nie besef nie en weet ook nie waarom dit gebeur nie

  8. Dankie tog ek is nie die enigste een nie. Het al begin bekommerd raak! Gelukkig het n goeie begryper net n halwe woord nodig. Lekker naweek vir jou.

%d bloggers like this: