RSS Feed

Troues, verjaarsdae en ander gedenk dae.

Ek dink dat die gedenkdae besig is om skeef te trek. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

1.  Jy word na ‘n kombuis/babatee genooi met ‘n lang duur geskenkelys. Dan moet jy ook nog blikkieskos saambring en in sommige gevalle jou eie koek en tee betaal.  Jy kry egter nie ‘n uitnodiging na die troue nie en na die geboorte moet jy gaan kyk na die kleinding en dan word ook ‘n geskenk verwag.

2.  Lyk my ook niemand skryf na die tyd ‘n sms of epos om dankie vir die geskenke te sê nie?  Stuur jy nog ‘n sms as jy lekker gekuier het? Skryf jy ‘n epos spesifiek met die persoon se naam op of skryf jy ‘n groep epos of sê jy sommer net dankie op FB.

3. Nooi jy mense nog skriftelik na jou huis toe of verwag jy hulle moet net opdaag. Neem jy dan iets saam vir die gasvrou? Verwag jy van mense om na jou toe te kom of gaan jy ook na hulle toe?

4. Daar word van jou verwag om mense te nooi vir jou verjaarsdag en as jy dit nie nie doen word jy nie eers die volgende dag geluk gewens nie? Soms word die ietsie kleins wat jy saamneem net eenkant gesit.  Moet jy mense wat jou genooi het ook nooi? Nooi jy almal sommer so in die bondel of nooi jy niemand nie?

Oeps … hoor nou net die krag gaan tot 5uur af wees … Ek sien uit na jou antwoorde

 

52 responses

  1. Vir ons is gedenkdae net maar nog ‘n manier om geld te maak. Met verjaardae kuier ons nie en ek aanvaar ook geen uitnodigings. Dis lekkerder by my eie huis. In vandag se lewe ken mense jou in elk geval net as jy geld het om rond te strooi en jy het baie ‘vriende’ as jy elke naweek mense kan uitnooi vir gratis braai en drank partytjies. Meeste mense het selfsugtig geraak en lyk my hoe meer geld hulle dink hulle het, hoe meer vergeet hul hul maniere.

    • Jy maak my nou baie hartseer want dis gewoon nie vir almal waar nie. Daar is mense wat nader as familie is, wat hartsvriende word. Ek hou ook nie van partytjies nie maar dis as gevolg van omstandighede. Een tot een het ek egter wonderlike vriendinne

      • Wel, jy is baie gelukkig hoor. As mens sulke vriende het, moet mens hul koester. Ek het ongelukkig nog net die harde kant van die lewe gekry wat mense aanbetref. My beste vriende is hier in my rekenaar en nou weet jy ook hoekom ek liewer is vir diere as vir mense. Ongelukkig is dit hoe dit hier gaan hoor. Ons bly in ‘n klein plekkie waar meeste mense baie statusbewus is en as jy soos ons nie geld kan rondstrooi nie, dan beteken jy maar niks. Gelukkig pla sulke dinge ons nie. Dit maak my nes vies dat party mense so kan wees.

        En let wel, ek veralgemeen nie. Ek praat van ‘meeste mense’. Hier is baie goeie mense ook maar hulle is bitter skaars.

  2. ‘n Mens praat mos maar jou eie liefdestaal. Ek is nie ‘n geskenkmens nie, die mens self en hulle geselskap is wat ek treasure. Hoef nie geskenkies en eetgoed te bring nie, net jouself🙂

  3. Hennepartytjies en Ooievaarstee’s? Nee dankie! Daar is vir my niks meer verveliger as dit nie! Ek probeer in die gewoonte kom om vir die gasvrou iets saam te neem as ek genooi word vir ‘n ete. Met braai’s sal ek daarop aandring om slaai of poeding te neem. Ek moet so bietjie glimlag oor die skriftelike uitnodiging na ‘n ete. Ons whatsapp mos deesdae vir almal oor alles!😉 Geniet jou naweek Tina! xx

  4. Nou ja… ons is nog van die ou skool… voel skuldig as jy nie gaan nadat jy genooi is nie… vat geskenkie… stuur bedanking ens, ens, ens.

    En wanneer iemand lekker by jou gekuier het en stuur nie ‘n ou dankie boodskappie nie… stuur ek ‘n sms’sie en vra “Het julle darem veilig tuis gekom?”

  5. 1. Bietjie van ‘n cheek om genooi te word na ‘n kombuistee en nie na die troue nie?
    2. Ek het onlangs 40 geword en vir elke persoon persoonlik ‘n whatsapp gestuur om te se dankie vir hulle geskenk. En ek het boonop genoem wat dit was ook, sodat elkeen kon weet dit was nie net ‘n “mass” dankie boodskap nie!
    3. Ek sal mense nooi per whatsapp, en as hulle vra of hulle iets kan saambring, se ek gewoonlik dis nie nodig nie. Ek het in ‘n tydskrif gelees jy moenie vra of jy iets kan saambring nie, jy moet meer spesifiek wees en iets se soos – kan ek ‘n nagereg bring? As ek nie ‘n dis vat na ‘n ete toe nie, sal ek vir die gasvrou ‘n geskenkie vat
    4. Die nooi na jou verjaarsdag, was nogal hierdie jaar vir my ‘n tameletjie. Op die ou end het ek besluit ek gaan nooi wie ek graag daar wil he, die mense wat ‘n verskil in my lewe maak.

  6. My ma het my geleer om altyd iets saam te neem as ek gaan kuier. My kinders doen dit ook. My vriendinne bring altyd iets baie nice saam as hulle by ons kom eet en ek soek altyd ietsie spesiaals vir hulle. Die jongmense van vandag se nie meer dankie nie. Ek doen moeite met geskenke soos troue of spesiale verjaarsdag en hoor nie ‘n woord na die tyd nie. Het vir vriendin se kinders handgemaakte mosaiek skinkbord gegee, sy weet nie eers dit kom van my af nie. Nogals weird. Toe my kinders hulle kombuistee, troue en babatees gehad het, het ek al die koek en tee betaal en mense het geskenke gebring. Ek het my dogters gedwing om neer te skryf wie vir hulle watter dingetjie gebring het en om dankie kaartjies te stuur of per epos. As ek hulle nie gedwing het nie sou hulle dit nie gedoen het nie, want min mense doen dit nog. Terrible.
    Hier waar ons nou bly kom kuier mense sommer, niemand maak afsprake nie, val sommer in. Die plaasmense is vir my weird, want ek wil die hele tyd bel om te hoor of dit okei is om oor te kom. Partymaal vang hulle my in ‘n sloppy sweetpak en dan voel ek hulle moes laat weet het, maar dis nie hoe dit hier werk nie🙂 Niemand kan pretend nie🙂

    • Ek is baie bly dat jy toesien dat jou kinders dit doen Ek het vriendinne wat dit doen maar hulle kinders dink nooit daaraan nie en die dankiekaartjie op die bord gaan net nie vir my op nie. Dis vir my ‘n dankie dat jy moeite gedoen het om te kom.

  7. My niere word sommer vergruis as ek ‘n uitnodiging na ‘n kombuistee of babatee kry waarvan ek die persoon nie eers regtig ken nie. Dit is regtig verregaande om iemand na ‘n kombuistee te nooi, maar nie die troue nie.

  8. Goed gestel !
    Dan is daar nog die “gender reveal party”, ek is nog nie na een uitgenooi nie, maar het al gehoor daarvan.
    Sterkte met die elektrisiteit.

  9. Ek doen nie meer die kombuistee en babading nie, behalwe as dit naby familie of jarelange vriende is. Meeste mense het nie meer die goeie maniere om dankie te sê vir n lekker kuier nie. Ek doen dit nog. Was nou die dag vinnig by kleinseun aan vir n koffie en het heerlike warm muffins gekry spesiaal vir ons gebak. Ek het n sms gestuur om dankie te sê vir n lekker kwaliteit kuiertjie want dit was so kort, maar dit was lekker. Vanaand is ek stokflou na die heeldag se trek en gaan beslis n kwaliteit nagrus inkry. Bly mooi, gesond en veilig tot n vlogende keer.

  10. Vat ook maar ietsie saam as ons genooid gaan kuier en sê later dankie.

  11. monicahaddad01

    Dit moet ek darem een ding sê oor McGregor, alles wat jy hier skryf gaan nie af hier nie, dankie tog daarvoor……

  12. Dis ongelooflik om te sien hoeveel mense nooit dankie se nie! Ek probeer altyd maar iets saamvat as ek uitgenooi word al is dit net kruie uit my tuin. Ek gebruik my selfoon met Whatsapp en SMS om dankie te se na ‘n kuier, ete of wat ook al!

  13. Ooh ja ek neem ‘n geskenkie, verseker as ek oorslaap.

  14. 1. Ek beplan om GEEN lys nie ek koop iets “persoonlik” aan die person – de duiwel met lyste.
    2. Ongeskik, was nou die dag by n babatee vir n drieling, dit ruk nogal jou sak – geen dankie. Ek laat weet per sms ek is veilig tuis en dankie vir die kuier.
    3. Ek nooi in persoon of per sms.
    4. Ek nooi die wat iets in my lewe beteken, ek voel nie gedwing om mense te nooi nie.

    Hoop jou krag kom vroeer aan – geniet jou dag, dit is lekker koud hier by my.

    • Ek doen ook so maar nou ek in ‘n aftree-oord woon, is dit soms ongemaklik Elkeen wil vir die kleinste dingetjie betaal. Mens voel skuldig as mense jou nooi en gaan dan maar maar ehulle is nie regtig vriende nie … dan worry jy oor jy nie lus het omhaar te nooi nie … sug…

  15. ik bedank mij zelf na een wandeling🙂
    als ik ergens op bezoek ga , neem ik wel eens een blommetje mee
    ik verwacht geen bezoek op mijn verjaardag , maar komen er li , zijn ze welkom
    het moet toch niet zo zijn dat
    als je iets krijgt je iets terug moet geven
    en dat zelfde geld anders om
    dat is in ieder geval mijn mening
    geniet de dag

  16. scrapydo2.wordpress.com

    Ek en my seun bedank mekaar elke keer na n lekker kuier. Dis hoe mens maar grootgeword het. Voorbeeld help ook: As jy dankie sê sal die persoon weer terug dankie se volgende keer. (My vriendin se man se brein het groot skade gekry- gaan n lang proses wees om iets te probeer doen. Nie baie goed nie! Liggaam self kan nog goed regkom maar die brein is nie veel hoop voor nie!)

  17. Word uitgenooi neem altyd blomme en bottel wyn saam. Nooi uit en dieselfde kom die kant toe. Altyd ‘n persoonlik epos om dankie te sê die volgende dag.

  18. Ek stuur altyd ‘n sms/epos as ek lekker gekuier het. Ek dink die ander persoon waardeer dit. As ek een ontvang nadat iemand by my gekuier het … is ek gewoonlik so verbaas, dat ek dit oor en oor lees, net om seker te maak dis ‘for real’🙂

%d bloggers like this: