RSS Feed

Alleen – selfsugtig

Ek het ‘n FB vriende/kennis wat elke dag verskillende onderwerpe plaas waaroor mense dan kan praat. Gister plaas hy die volgende:

Is daar dalk ook selfsug teenwoordig in mense wat alleen bly?
‘n Interessante gesprek het gevolg. Ek wonder tog soms of onafhanklikheid nie vir selfsug aangesien word.  Mense is ook baie geneig om te redeneer sy woon alleen, sy kan tot op die einde bly of sy kan die laaste takies afhandel. Sy is alleen en het baie meer tyd en kan dus tuis tyd bestee aan sekere goed wat gedoen moet word.
Mense dink ook jy het baie meer geld as jy alleen is, maar hulle vergeet die tuindiens, DSTV, huishulp en sulke goed kos maar net soveel as vir enige iemand anders.   Daar is nogal veral manne wat dink dat vrouens wat alleen woon sukkel.  Die meeste van hulle maak ‘n fout want dit wat jy nie self kan doen bel jy iemand en betaal om dit gedoen te kry en dan kan jy kla as die diens treurig is.
Wat dink jy? Is mense wat alleen woon selfsugtig?
Miskien moet jy vir elkeen wat dan so uiters selfsugtig is om alleen te woon ‘n kluerter gee om groot te maak?
10906208_10153078378164973_1676198743142003840_n

38 responses

  1. Ek dink glad nie dis selfsugtig om alleen te bly nie. Mense se omstandighede verskil mos!

  2. Nee wat ek dink met mens raak baie onafhanklik eerder as selfsugtig!
    En hoekom moet jy nou enige iets teen jou wil doen of soos iemand anders dink jy moet dit doen – jy is mos jou eie baas en dis jou keuse om alleen te bly of nie.

    Elkeen doen wat vir hom/haar werk.

    En dit is nie te se as jy sterk is jy kan nie pyn voel nie.

  3. Jou laaste antwoord is in die kol. Ander dink dat enkellopendes dit makliker het, Ha ha wat n grap! Het sy voordele om enkel te wees

  4. Dit hang van mens se geaardheid af…selfsugtiges is oral..in huwelike,alleenlopers,gesinslede.As jy ‘n omgee-mens is,sal niks dit verander nie,al bly jy alleen.

  5. Jy het my nou diep laat dink. Wolfie se antwoord se eintlik alles.

  6. Interessante onderwerp. Ek het nou-net besef dat ek nog nooit alleen gebly het nie – ek sal dit haat, maar ek wil tog ruimte hê en tyd vir myself. Ek is baie gelukkig dat my huismense dit aanvaar.

  7. als ik het goed begrijp , bedoel je dat er steeds meer mensen aan zich zelf denken , het IK gevoel dus
    ja klopt zijn er steeds meer en ik denk wereldwijd

  8. A good one! :D…

  9. monicahaddad01

    Self-importance is much different than being important to yourself.
    Dit gaan vir my ook oor gemoed. Is jou gemoed oop of eng. Baie interessante onderwerp.

  10. Dan het ek seker nou selfsugtig geword. Het nou net gehoor ek het plek gekry in n aftree oord. N selfsorgeenheid. Groot opgewondenheid die kant.

  11. Mense wat alleen bly bly doen dit uit selfsug? Dis louter twak.
    Sommiges kan so maklik ander veroordeel wat anders as hulle is of leef.

    • Ek dink nie dis die bedoeling nie… eerder dat mense wat alleen is later selfsugtig oor hulle tyd en goed raak? Ek vind net dat daar ook mense is wat nog nooit alleen gewoon het entog aards selfsugtig is?

  12. My oudste broer is enkel. Wat ons , wat gesinne het , ervaar is dat hy nie altyd begrip het dat jy altyd jou geliefde inag moet neem, darem nie besluite neem sonder saamgesels nie. Hy is ook erg suinig en sal ewig pieker oor pryse wat so duuuuur is..ek meen hou jou mond,,as te duur moenie daaroor ‘n redenasie met assistente doen nie. Ek dink sy lewe draai soms te veel oor geld, en kan verkeerde indruk skep. Ek het al vir hom vertel hy moet maar ‘n paar akker uitkoop om eiendomme saam met hom, te ruste te lê. Soms kan hy verstommend barmhartig wees.. al ons kinders is erg lief vir hul Oom , hul geniet sy eksentriekheid.

    • Ok maar is daar nie mense wat nie alleen is wat ook so is nie… is dit juis omdat hy alleen is?

      • Ek weet nie, miskien wel, ek is van mening dat hy goeie enkel mens is , beslis nie trou materiaal..daarmee stem hy saam met my. Vreugde om homself soms te bederf , wil hy nie eens n kans mee waag nie.Selfsug ? Ek weet nie dit is harde woord. Eksentriek pas eerder by hom.

  13. Sommige mense bly alleen want hulle het diep seer gekry… ek het drie mense so leer ken. Die een vrou se suster is verkrag en vermoor in die kaap en sy kon nie oor dit kom nie… sy het ewentueel haar lewer dood gedring, alleen…

    Die ander een se identiese tweeling suster is dood en sy verkies om alleen te bly. SY lewe nog en begrawe haarself in werk en kuns. Sy is baie kunstig en al het sy hoe seer oor die verlede, veg sy terug teen die seer maar doen dit alleen en op haar eie terme.

    Die derde is ‘n digteres vriendin van my. EK sien haar nie as alleen nie maar eerder ‘n ‘solitary soul’. SY is ‘n gelukkige mooi mens en het ook harde jare oorleef maar sy help ander mense en kom gereeld uit en kuier by haar dogters. (Hulle het almal mans en kinders). Die vrou lag en is gelukkig. Hoekom moet sy nie alleen bly nie, ek is seker as sy wil kan sy saam met iemand bly.

    Elke alleenblyer het ‘n storie en nie almal se alleen is gebore uit bloed en seer nie. Ek dink nie alleen wees is selfsugtig nie maar vir sommiges is dit ‘n enige oplossing of andwoord. EN die derde vrou, sy is nie selfsugtig nie, sy gee haarself en haar deur is altyd oop vir almal

  14. Het nou die toddler prentjies gate uit geniet😆
    Ek het ‘n vriendin wie se man jonk dood is. Sy het haar drie kinders grootgemaak, hulle deur universiteit gesit, hulle sien trou, en haar seun op 40 jarige ouderdom aan die dood af gestaan. Ek het ontsaglke bewondering vir hierdie mens en haar onbaatsugtige liefde vir haar kinders, en kleinkinders. Daar is geen selfsug in haar wanneer dit by haar familie en vriende kom nie. Inteendeel, ek haal my hoed vir haar af.

  15. Ek her nog selde sulke nonsens gehoor

  16. Ek het die toddler cartoons geniet. Moenie worry oor selfsug nie. Jy deel genoeg.

%d bloggers like this: