RSS Feed

Tjommeltjie

Op Litnet het ek van tyd tot tyd sulke persoonlik goedjies met die bloggers gedeel. Ek wil niemand verveel nie, so ek neem jou nie kwalik as jy verby gaan nie.

IMG-20150519-00014

Hier op die Landgoed woon daar die interessantste mense. Die van ons wat die eerste inwoners is, het nou al goeie vriende geword, wat al baie lief en leed gedeel het.

Tannie P is iemand wat lief is vir beeldjies wat haar tuintjie in ‘n kinderparadys omskep. Tannie B se broer kuier eendag en sรช hy het ‘n beeldjies van ‘n meisie met ‘n bokkie wat hy nie meer kan gebruik nie … die word op Tannie P se stoepie gelos, wat die arme tannie in ‘n toestand laat. Sy is so ontsteld dat ons maar vir haar moet vertel waar dit vandaan kom.

Vanoggend loer ek in en daar sien ek die beeldjie is netjies met ‘n sakdoekie toegemaak. Ek lag en vra nou hoe so? Sy vertel as Oom G kom kuier sit hy heeltyd en kyk (hy kan nie bra op ‘n ander plek kyk waar hy sit nie)ย  na die beeldjie en daarom sy hom maar met ‘n sakdoekie van haar ma toegemaak. Sy reken sy sal dit weer in die somer oopmaak.

Ek is gevul met vreugde en deernis …

IMG-20150519-00013

43 responses

  1. Fijn dat ik weer eens op bezoek was

  2. Mooie lieflijke plaatjes, met plezier bekeken.

    Zonnige groet,

  3. Die beeldjie kry koud, man!

  4. hoi Tina
    ik neem aan dat je uitheemse planten en of bomen bedoeld , ja die zijn er hier zat
    nu moet je me niet vragen om namen , maar je weet zelf wel , vroeger zaten die Hollanders over de hele wereld en van overal namen ze wel wat mee
    fijne avond

  5. Ek hou van jou tjommeltjies!

  6. hi Tina
    nee ik pak elke keer een andere wandeling , al zal de natuur er vaak het zelfde zijn , zo als bij de laatste foto’s van mij , daar loop ik het Hanzestedenpad , van Doesburg naar Kampen
    morgen ben ik ( als het goed is ) op het Veluwezwerfpad en wandel ik van Arnhem naar Hoenderloo
    zie hier maar eens :
    http://www.wandelnet.nl/

  7. Dis nou n deernisvolle tjommeltjie! Mooi ou beeldjie ook met en sonder sakdoek. Jy kan miskien vir haar n fyn sakdoekie koop vir Sondae!

  8. Ai toggie ook maar net mens en vlees

  9. Lovely!๐Ÿ™‚

  10. Kostelik,veral oom G se oge wat daar loer.Dat mens op jou ou dag nog so beskroomd kan wees oor ‘n naakte beeldjie!๐Ÿ˜†

  11. Kosbaar๐Ÿ™‚

  12. mooi beeldje
    zowel zonder
    als met doekje

%d bloggers like this: