RSS Feed

Inkleur

As kind was daar twee geskenke wat ons dadelik in die sewende hemel gehad het – inkleurboeke en papierpoppe. Die papierpoppe was alles gaaf en lekker want die uitsny van die klere het sy bekoring van sy eie, maar die maak van jou eie klere uit afvalpapier was die toppunt van vreugde.

Nou die dag lees ek in Vrouekeur van inkleurboeke vir volwassenes en bestel dadelik een (Naledi books – binne 5 dae by die Landgoed afgelaai)

vka20141022115647

Met die eerste oog op slag is dit dit vreemd, maar as jy begin inkleur word dit lekkerder. Jy koop kryte – kleurkryte, uitdraaikryte en viltpuntpenne… nou draai jy elke keer by die pennerak om te kyk of daar nie iets is met mooi anderste kleure nie.

kom-kleur-saam-in

Die inwoners hier is maar skepties maar vind die sketse mooi,  maar gister draai ‘n vriendin en ek sien die glimmer in haar oog … en ek ontdek ‘n mede-inkleurder.

9780798168502-zoom

Goed ek moet toegee dis nie vir almal nie, maar ek vind dit heerlik ontspannend.

38 responses

  1. Ek kleur ook nog in en vind dit baie ontspanend.

  2. Hoe ironies? Een van my kollegas het my net gister hiervan vertel. Sy spring ook op en af oor opgewondenheid daaroor. Ek was egter ekstaties bly toe ek nie meer op skool hoef in te kleur of te spoeg en plak het nie.

  3. wat versta je niet ?

  4. Ik doe beiden graag zowel fietsen als wandelen , echt een voorkeur voor 1 van de 2 heb ik nit
    als je bij mij op het landkaartje klikt kom je in een fotoalbum van de laatste wandeling

  5. Ik wens je veel plezier.
    Er gaat niets boven een kleurrijk leven.

    Vrolijke groet,

  6. Ek was as kind mal oor inkleur…oorweeg dit om ook ‘n boek aan te skaf,maar dan gaan ek heeltemal by NIKS uitkom nie!

  7. Dit klink nou weer heel nuut! Sal goed glo dit bring kalmte vir liggaam en gees! Ai, lekker ou dae.

  8. Papierpoppe en inkleurboeke was die beste geskenke ooit! Ons was altyd besig om nuwe klere te ontwerp!! Ek is mal oor inkleur!

  9. Tegenwoordig kan je overal kleurboeken vinden voor grote mensen0Het schijnt veel bijval te kennen.

  10. My dogter het vir my ‘n inkleurboek op Amsterdam lughawe gekoop. Dis van Johanna Basford wat dit begin het in Brittanje. Sy het al 1,4 miljoen van haar eerste ene Secret Garden verkoop. Ek kan nie wag om te begin nie, maar hulle kom eers oor 2 weke kuier .

  11. O ek lief, lief, lief dit om in te kleur. Lekkerste ding om saam kleinkinders te doen…. maar ek wil nog my prentjie kleur dan wil hulle al die bladsy omblaai. Sal vir my ‘n boek moet kry!!!

  12. Toe ons klein was het ons nie tv gekyk nie, ons het ingekleur! Dis heerlik en ons is net so kreatief( of meer) as die wat dit nie mag gedoen het nie. Geniet dit!

  13. thirionfourie

    Ek het nog nie die inkleurboek probeer nie, maar hoor ook hoe terapeuties dit is. Daar was ‘n tyd dat ons geglo het dat jy kinders se kreatiwiteit beperk as jy hulle laat inkleur in plaas van dat hulle self die prentjies teken. Ek onthou wel baie goed van papierpoppe. Ek en my suster het selde by ‘speel’ met die poppe uitgekom, want ons het net die hele tyd vir hulle nuwe klere geteken. Nou wonder ek hoekom het nie een van ons klere ontwerpers geword nie. Ons was dan so ‘goed’ daarmee.

  14. O nee, nee nee nee, ek ken myself, as ek hiermee begin gaan daar geen werk gedoen word nie. Ek sien my niggie Griet kleur net so lekker saam in https://grietswart.wordpress.com/2015/05/08/griet-neem-waarnemingskunde-101/

  15. wens je veel inkleur plezier

%d bloggers like this: