RSS Feed

Fooitjies

Ek sit gister en wag by die karwas en wonder of ek nie vir die wassers ‘n ekstratjie moet gee nie, want hulle werk sonder ophou. As ek dink aan die werkers wat die parkeerplek se plaveisel die week  gepak het, kan ek net my hande saamslaan – sonder om ‘n oomblik te staan word die klippe twee op ‘n slag aangegee en gelê – my rug breek sommer af net om te staan en kyk! Hierdie mense kry nie ‘n ekstratjie nie?

As ek dink aan ons huiswerkers by die oord en ook Emmeline wat die wasgoed doen. Hulle werk sonder ophou. Ons is ernstig gewaarsku om nie fooitjies te gee nie, maar ek brand van begeerte om ietsie uit erkenning te gee. Hulle het ‘n etenstyd en dis dit. Hulle het nie eers tyd om toilet toe te gaan nie …

Hoe voel jy oor die gee van fooitjies? Vir wie gee jy fooitjies? Vir wie weier jy om iets te gee?

Het jy darem al geglimlag vandag.

15581_557185507752685_5425332936096836907_n

1466230_1235031246526326_6937416003287666676_n

11011914_399606103560347_510339057983588782_n

11011076_968469829839796_2970150998489345674_n

11174885_1241103449252439_2829643725019692362_n

22316_470819969733789_8533430185981118076_n

29 responses

  1. Ek is mal oor Fooitjies gee want dit laat die mense voel hulle word waardeer

  2. Hier fooitjie n mens nie! Hul kry minimum betaling wat BAIE min is. Daar word gewerk vir elke sent.(behalwe die wat op die “benefit” is waarmee hul kroek omdat daar nie veel verkeerd is met hul werkvermoë nie, soos my buurvrou wat drink en rook en dan te siek is om te werk!)

  3. As ons kontant betaal kry die petroljoggie altyd ‘n fooitjie. Ek het vir ‘n paar self kelner gespeel en daardie tyd het ons net fooitjies as inkomste gekry. So het ek my blyplek en my studies betaal.🙂 MAAR ek glo daaraan dat ons goeie diens van slegte diens moet onderskei

  4. Ek gee 15% by restaurante en as iemand iets doen bo sy gewone werk, soos om uit sy eie my te help dra of eksta moeite doen. Ek gee vir die vrou by die haarkapper wat my hare was ‘n fooitjie AS sy ‘n goeie kopmassering doen tydens die was. Ek gee net vir karwagte wat my kar in die aand iewers oppas ‘n fooitjie, want dan VRA ek hulle om dit te doen.

  5. Ek gee ook maar fooitjies, al kan hulle mens soms so irreteer!!

  6. Vir goeie en vriendelike diens gee ek fooitjies.Dankvader hier in onse dorp is nie
    ongelisensieerde “karwagte” nie.

    (Ek sou bv nou vir jou ‘n fooitjie gegee het vir die maak my smaail!)

  7. Oulike foto’tjies! Ek weet mens wil sommer vir almal wat dit nodig ag, ‘n ietsie gee. Maar ek gee nie vir iemand wat by ‘n straathoek staan en bedel nie…! Hier in Lagos gebruik die blinde bedelaars klein dogtertjies om aan jou venster te klop, en dan vir my “Auntie, Auntie” te sê….

  8. HesterLeyNel

    Ek loop en deel ook fooitjies uit asof ek baie geld in die bank het. Ek het nie *sug*

  9. Ag, ek sal sommer vir almal ‘n footjie gee as ek kon. Ek voel werklik sleg wanneer ek nie kleingeld het om vir ‘n karwag te gee nie. Dit voel net verkeerd om daar uit te ry sonder om dit te doen. Dan natuurlik vir die kelner/in ‘n 10% fooitjie.

  10. Jy grappies is besonder hierdie week. Onverwags is die jong dame se verheffing van texting bo seks. Ons oues word nuut beproef.

%d bloggers like this: