RSS Feed

Blog Trolle

Ja, ek weet dit is al ‘n holruggeryde onderwerp, maar as jy dink dat daar geen of minder trolle is, maak jy ‘n groot fout. Blogwerwe is maar net beter gerat om sy gebruikers beter te beskerm.  Trolle is nogal vir my interessant want ek wonder  altyd waarom hulle soveel plesier daaruit skep om jou uit te lok en dan op jou ego te trap tot daar niks van oor is.

Soms as ek so effe tyd op hande het sal ek die verlore sien baie beleefd antwoord maar gewoonlik ignoreer ek dit. Ek het die volgende webwerf gekry wat  die volgende aanbeveel:

Don’t feed the troll unless you are willing to force-feed the fucker until it dies from internal hemorrhaging!

Don’t shout insults at a nearby troll

Don’t try to reason with a troll

Divide and conquer

No happy ending

http://www.news24.com/MyNews24/How-and-how-not-to-handle-trolls-20140214

Hoe hanteer jy blogtrolle?  Soek jy hulle soms op op FB of google?  Waarom?

46694

 

33 responses

  1. Snaaks ek het al baie gehoor oor die trolle maar nog nooit op WordPress ‘n probleem gehad nie. Ek het een keer op blogs24, vir iemand gese, ons familie trap nooit met kaal voete vuil kolle op mure soos haar kinders in haar foto nie toe se sy ek is net a troll ek moet weggaan. Toe maak al haar vriendinne nare aanmerkings oor my blog. Maar die kamer in die foto was erg vuil en ek glo sy moes minder op die blogs gewees het en haar kinders beter geleer het en ‘n bietjie huis skoon gemaak het. Ek het hulle net geignoreer, toe veloor hulle belanstelling.

    • hehehehe… die hele blog ding gaan ook maar oor egos … Ek is darem nog nooit een genoem nie so jy is ver voor! Ek dink WP se veligheidsmaatreëls is goed darom pla niemand ons
      hier nie

  2. ‘n Trol is soos ‘n drol. Ek loop wye draaie om drolle, en soek ook nie aktief na drolle nie. Ek het beter dinge te doen met my tyd…

  3. Jy kry mos maar altyd mense wat moeilikheid soek. Daarom is daar boelies in skole. As ‘n mens vrede in jouself het, sal jy ander ook vrede gun. Hulle is eintlik die slagoffer.

  4. Op die bikeforum kry ons nogals so een of twee “keyboard jokeys” wie dink hulle is snaaks en dan probeer hulle moles maak. Ongelukkig vir hulle, team meeste van die manne dan op, en kan kry die karnalie sy eie medisyne!

  5. Weet gelukkig nie waarvan jy praat nie!(touch wood!) Ek is miskien nie interessant genoeg nie ha ha

  6. Trolle het te veel tyd, en vry internet. Die deck is gestack teen jou nog voordat jy met hulle begin lol het…nee wat los eerder uit. En hulle is mean…..baie mean

  7. ik geloof dus niet in trollen hohoho
    of wat bedoel je hier precies
    op de foto zie je mij in 1967 op de boerderij
    en klompen zijn een alledaags schoeisel op het platte land

  8. HesterLeyNel

    Delete & block / ban. Ons bestuur ‘n paar webwerwe en veral die Russe en Chinese kan ‘n pyn in die g@tgedeelte wees, veral wanneer hulle ‘n massa-aanval loods.

  9. nie geweet hulle sluip steeds in die stelsels in nie

  10. Ek delete hulle sommer gou-gou!

  11. Partykeer is dit nogals lekker om mens se frustrasie op hulle uit te haal …veral op Facebook op ‘n paar groepe. Maar verder los ek hulle uit. Dis makliker.

%d bloggers like this: