RSS Feed

Woede

Volgens die wet van gemiddeldes word ek nie gou kwaad nie. Teleurstelling is ‘n groter emosie in my samestelling.  Ek kan glad nie begryp dat mens iemand in ‘n woedebui vermoor nie, maar dis meer moontlik as wanneer jy jou maat laat vermoor.

Hulle moet tog seker vroegtydig begin beplan – hoop die woede op?  Is jy vriendelik met jou maat of baklei jy soos kat en hond? Waar kom mens se gewete in?

Word jy soms woedend kwaad? Wat doen jy dan?  Wat dink jy van die mense wat hulle maats vermoor?

angry-baby-faces-23669-hd-wallpapers

funny-angry-dogs-445x356

img194

funny-pictures-your-cat-is-angry-and-dangerous

49 responses

  1. tussen woede en teleurstelling, kies ek teleurstelling… woede maak somes baie meer seer en maak jouself en die om jou seerder. Telleurstelling is makliker maar het ook natuurlik ‘n prys.

  2. Boos word ik niet zo snel.
    Van de foto’s moet ik zelfs een beetje lachen.

    Vrolijke groet,

  3. monicahaddad01

    ek is een agter op hierdie een nie ‘n idee waarvan julle praat nie, maar wat ek wel kan sê my een dogter het ‘n sekere manier om haar woede te wys, sy bly doodstil maar sy kyk jou middeldeur dat jy jou stukke moet optel na die tyd. Dis baie effektief.

  4. Ek het verder gelees van al die wonderlike dinge wat hy op haar begrafnis gesê het, daardie skynheiligheid, is vir my nog die ergste.

  5. Ek het self ondervind dat woede/magteloosheid iemand kan dryf om dood te maak.

  6. Ek word ook nie maklik kwaad nie! Ek kan nie begryp hoe ‘n mens so iets kan aanvang nie !!

  7. ben ik nog ff🙂
    nee zij woont niet bij mij🙂

  8. ik vind het moeilijk de vraag of ik mijn maat had vermoord , bij een woede uitbarsting kan het al te laat zijn , meestal is een goed gesprek voor het zo ver komt beter , of anders een straatje omgaan , toch

  9. O ek het baie bedinges geraak gister toe ek besluit om my blognaam te verander. Praat van ‘n eie sweep pluk. Rondomtalie ek het my blog verander vanaf karinsegriffels na Kleinkittie en dink ek het van my volgers verloor. Kom kuier asb tog weer.

  10. Somtyds kan ek verstaan hoekom mense hul koelkop verloor en padwoede toepas.

    As ek die dag kwaad raak onttrek ek of ek raak prakties afhangende of dit persoonlik of “buurtwag” van aard is

  11. This little girl was very angry.😀

  12. No, I could never get angry enough to kill someone, although I’m quite good at giving them my “Drop dead!” look.🙂

  13. Daar moet iets verkeerd wees met ‘n mens wat ‘n ander se dood beplan. Hy kan onmoontlik regdenkend wees. Om in ‘n woedebui iemand iets aan te doen verstaan ek nog…. maar koelbloedige moord!!!

  14. Ek was eendag verskriklik kwaad toe ‘n dagkindjie my in die gesig gespoeg het.. amper o so amper was ek in sewejaars se moeilikheid, ek het die arogansie gehad om die Ma te vertel sy is ‘n slegte Ma. Nou sal ek my tongvasbyt .

  15. Ek is ‘n duusman wat onredelik kwaad kan word. Dit is ‘n aandoening wat professionele ingryping benodig en definitief nie iets waarop ek danig trots is nie. Ek verstaan hoe vinnig dit kan gebeur dat jy iemand fisiese skade kan berokken (of erger) tydens so woedebui, selfs iemand naby aan jou. Iemand wat koelbloedig die moord op ‘n geliefde beplan is in ‘n heeltemal ander liga, hulle maak selfs vir my bang.

    • Ek verstaan ook ‘n woede wat mense onredelik laat optree maar die voorbereide moord is bokant my verstand. Gisteraand slaap jy met jou vrou en more lewe sy nie meer nie

  16. Ek dink ek moet nou ‘n kwaai woede bui gooi – my gmail is weer plat kry net die boodskap SSL connection error😦

%d bloggers like this: