RSS Feed

Tuisonderrig

Al die jare in die onderwys was ek baie skepties oor tuisonderrig, maar met die toestand waarin die onderwys in SA is, begin ek al meer dink dat dit dalk ‘n goeie opsie kan wees. Daar is in ‘n paar oulike blogs ook wat ek met aandag en belangstelling volg.

Gister het ek na ‘n jong vrou se babatjie gaan kyk… die allerpragtigste dingetjie. Ek spot altyd deur te vra of die skool al bespreek is.  Haar antwoord was – Tuisonderrig.  Hulle woon op ‘n plot seker 10 km buite die dorp. Die huisie is basies maar het 2 slaapkamers en die meubels is prakties maar voldoende. Wat my egter laat wonder is die gebrek aan boeke (behalwe Bybels), TV en rekenaar… Is ek dalk verniet bekommerd?

Wat dink jy oor die toestand van die onderwys? Ek sal graag jou mening oor tuisonderrig wil hoor? Sien jy kans daarvoor?

11193227_1575994345993735_190295989508327697_n m_110113mg 7774f0493e41fa5f2d6d8fec4823c3d2 KidsPlaySouthAfrica_ZapiroCartoon_thumb

51 responses

  1. Soms is thuisonderwijs aangewezen.Maar men moet wel regelmaat invoeren want af en toe les geven haalt niet uit.

  2. So het ek diep in Afrika se stokkies my kinders ge-“home school”. Was hectic. Elke keer as ons rondtrek tussen die Suidelike en Noordelike halfrond, skuif die skole die bloedjies een jaar terug. Basta het my seun besluit. Hy move niks meer nie – en so moes ek net eenvoudig die bul by die horings pak. Hulle was tot graad 7 in ‘n privaaskool op die Windhoek IGCSY kurrikulum en so moes ek eenvoudig met hulle skool tuis voortgaan.

    Terwyl ons in Akkra – Ghana gewoon het, het ek hulle, en nog 4 extra maats ge-home school in Engels. Die Wiskunde en Biologie was my baas, maar daarvoor het ek ‘n privaat lektor van die Universiteit laat inkom en almal het saam die ou betaal. My kinders het 2 jaar voor die ander A-levels met 8 vakke klaar gemaak.Hulle het University of Cambridge Internasionale eksamens twee keer per jaar gaan skryf by die Britse Konsulaat en die vraestelle is in Britanje gemertk en die resultate so drie maande later teruggestuur. Beide het gaan rekenaars-rigting verder studeer. My seun doen nou tegniese WiFi in hoë toring telekommunikasie installasies en my dogter gaan in Ierland, Dublin verder studeer in September met ‘n beurs.

    My seun is 19 en my dogter 18 en hulle woon reeds ‘n jaar reeds alleen in ons plaashuis net buite Windhoek terwyl ons nog in Akkra aankap en werk. Hulle is goed aangepas en dra by tot die samelewing, een werk en die aander studeer en werk deeltyds as student.

    My vriendinne verwys nou nog spottends gewys na my as “Hitler” omdat ek so streng was met hulle. Hulle is reeds klaar en beide doen goed naskool. Dit was ‘n wonderlike tyd wat ek met my kinders gespandeer het – hulle was, en is beide aktiewe sportmal-kinders wat hopeloos te sosiaal is.

    Die geheim van tuis onderrig is beplanning, inspirasie, navorsing en dit help as mens se effe koekoes is…en vakansies…lang wilde woeste vakansies is ‘n MOET!

    • hehehehe… die relaas het ek nou vreeslik geniet. Julle het darem ‘n vreeslike opwindende lewe … my brein duisel as ek moet dink el moet my eenvoudige gewoonlik vervelige maar veilig lewe verruil vir soveel opwinding

  3. Dink dit hang baie af van die kind. Ons kleinseun het tuisonderrig ontvang, en is universiteit toe. Daar was geen gesukkel met hom nie want hy is ‘n pligsgetroue wese. Sy suster is ‘n heel ander storie. Dit was net een bakleiery; sy is in ‘n christelike skool gesit waar hulle op eie pas leer.

  4. Jy weet mos ek vrek oor tuis onderwys. Vir ons werk dit fantasties. Dit is ‘n heel ander leefstyl, nie net onderrig metode nie. Manlief sê egter gereeld dat dit nie vir almal nie nie. Ek stem nie heel saam nie, want ek dink as jy jou hart en siel in iets sit werk dit gewoonlik. Dit is wel waar dat daar mense is wat dit halfhartig aanpak (soms om die vreemdste redes) en dit is ‘n resep vir ‘n gemors!

    Ek dink wel tye het baie verander. Mense kyk dikwels na kinders wat nou volwasse is en deur tuis onderrig is en dink dat dinge nog deesdae dieselfde is. Hulle vergeet (of weet dalk bloot nie) dat meeste van daardie kinders dit gedoen het toe dit nog onwettig was in ons land. Of toe dit net gewettig is en min mense dit nog gedoen het. Baie van hulle het dus dit gedoen in afsondering en met min ander kinders in hul omgewing wat ook tuis onderrig is. Om nie te praat van minder ondersteuning vir die ouers. Tuis onderwys is egter nou al vir 21 jaar wettig in ons land en dit bars uit sy nate. ‘n Tekort aan maats en ondersteuning is daar lankal nie meer nie.

    Net in ons dorp is daar 33 gesinne op ons Facebook groep, en daar is vele ander gesinne wat nie eers aan die groep behoort nie. Daar is soveel kinders van soortgelyke ouderdom dat ons vir sommige sporte al ons eie groepe het. Terwyl ons vir ander saam met die skool kinders inskakel. Meeste van ons lyk selfs nie meer volksvreemd nie🙂 Ek het al vir maande langs die ‘n sportveld gesit voor van die ander ma’s per toeval ontdek het dat my kinders nie in ‘n skool is nie.

    En die tuis onderwys ouers wat ek ken is meestal meer ingelig oor onderrig metodes, die nuutste navorsing ens. as die gemiddelde ouer (en ek dink selfs baie onderwysers). Ons moet ingelig wees, want ons wil immers net die beste vir ons kinders hê. Iets wat ek dink alles ouers wil hê. Almal vind net ‘n ander pad om dit reg te kry.

    Feit is daar is heelwat navorsing wat wys dat ouer betrokkenheid die deurslaggewende faktor vir kinders se sukses is. En dis ongeag of jy tuis onderrig doen, jou kind in die duurste privaatskool is of in ‘n sukkelende staatskool. As elke ouer besef hy/sy is die sleutel tot sukses kan dit net beter gaan met ons kinders en die toekoms van ons land.

    NS. Ek kan net hoop die nuwe ma begin sommer vroeg al in skakel by ander tuisonderrig gesinne en dat sy die ondersteuning kry wat sy nodig het. Wat die boeke aanbetref. Ek is gek oor boeke. Daar is lankal nie meer plek vir almal op ons boekrakke nie. Hulle kruip weg op elke denkbare plek. Steeds sou ek dit nie kon doen sonder ons plaaslike biblioteek nie. Ek kan onmoontlik bekostig om elke maand die 20 boeke wat ons uitneem self te koop. Ons kan eintlik meer uitneem, maar vir nou is 20 nog vir ons genoeg.

  5. Ek dink nie dis maklik om tuisonderrig te gee nie! So ‘n persoon moet baie streng met roetine wees! Dis is deesdae soms moeilik om die regte skool te vind!

    • Ja ek weet ook nie of die jong vrou opgewasse is nie. Sy is soos ‘n gevangene … die jong man werk of slaap net Sy het min ondersteuning Dy het darem ‘n foon maar dis amper al

  6. Ek weet min van tuisonderrig, ek wonder net wat van maats? As dit nie anders kan nie, kan die ouers mos aanvullend optree (dis nou mits hulle iets weet.) Ek weet privaatskole is hel duur soms duurder as universiteit.

  7. Dit kan nie werk solank jy die leerlinge nie vir ‘n nasionale eksamen kan inskryf nie. Die nasionale eksamen se waarde is in elk geval nou so laag en waardeloos dat dit beter is om die kind inte skryf vir ‘n gepaste Britse vlak.

    Die vakke wat jy deur Oxford so kan neem is basies hier teen O level gelykstaande aan matriek.of beter

    Die beste oplossing is om by graad R te begin en in jou huistaal.en daarmee te volhou tot in matriek

  8. ja Tine
    ik had daar goed collega’s en sommigen waren als vrienden
    het daar missen , nee ,e n ik houd contact met hen

  9. Daar gaan op einde geen onderwysers oorbly as almal rekenaar gerig onderrig word! Gelukkig nie in my tyd meer nie. Ergste van die tuisonderrig is dat daar baie is wat nie “clue” het wat om te doen en dan is dit regtig n lewe wat gemors is deur niks. Hier het hul n reeks gehad oor ouers wat die tuisonderrig doen en dis net nie die moeite werd nie. Of te wel dis n uiters swak program wat hul aangekoop het. Die verskaffer weier om hul terug te betaal. In die tussentyd is n jaar of twee van kind se lewe gemors.

  10. Daar is geen plaasvervanger vir goeie onderwysers en goeie teksboeke nie. Tegnologie daarsonder is nutteloos.

  11. Daar is nog ‘n paar goeie staats skole hier in Durban (met die ‘elite’ agtergrond) en hulle hou nog vas. Maar bitter min, en dis moielik om plek te kry.

  12. Tannie Frannie het ‘n goeie antwoord. Ek het hoop vir die Curro skole. Dalk moet mens daarin geld belê.

    • Ons het hier ook drie Curro skole Twee Engels en een Afrikaans … ek wonder net oor kinders wat regtig sukkel of met ander probleme? Dis ook net of prestasie oorbeklemtoon word.

    • Die curro skole laat my weer wonder. Dit word as ‘n besigheid bedryf en ek wonder hoeveel die beleggers werklik omgee vir die kinders en hul opvoeding? Waar geld maak betrokke bly baie ander dinge gewoonlik in die slag.

      • Dit lyk nie of die beleggers regtig kortkom nie want die skoolgeld is hoog en as jy nie betaal is daar geen genade nie. Ek dink dit word dalk slim bestuur … daar is ook grade vgan skole sien ek hier by ons. Duurder skole minder kinders goedkoper met massas maar tog beter bestuur as staatskole? Ek dink net onafhanklik van die departement is altyd beter

  13. Tuisonderrig kan werk as die ma baie betrokke en begeesterd is, veral in die laerskool. Ek is nie seker of dit ‘n opsie is vir ‘n kind wat moeilik leer wie nie ‘n ouer of tutor het wat ‘n ogie hou oor die werk nie.
    Ek het dit destyds oorweeg om my dogter tuisonderrig te gee, maar sy het net ‘n te groot behoefte aan maats gehad. Op die plaas sou sy baie eensaam wees.
    Kinders leer meer as net akademie by die skool. Maar wat die antwoord is, weet ek regtig nie. So bly my kinders is omtrent klaar geleer!
    Kinders wat swaar leer, verdwyn in die groot klasse, maar dan het hul hulp nodig as hul tuisonderrig gaan doen. En baie aanmoediging en ondersteuning.

  14. half Amish en de andere helft🙂
    en de kinderen zijn de dupe

  15. Ek het my nou vrek gelag vir S.A in training!Dis kostelik!
    Ek het ‘n vriendin wat tuisonderrig gee.Sy is egter hoogs opgelei,geweldig gedissiplineerd en hou streng by ‘n roetine.Dan weet ek ook van ander,wie se ouers nie opgewasse was vir die taak nie en die kinders is nou klaar met skool,maar sonder enige standerd agter hul naam.Dis bitter hartseer en die drie seuns werk nou as kelners by ‘n restaurant.

    • Ja ek is bevrees dis dalk ook hierdie dogtertjie se voorland. Die mense se lewenswyse is so half Amish … daar is geen hoop nie – ook nie vir die mamma nie

  16. Die antwoord is die peperduur maar goeie privaatskole…

%d bloggers like this: