RSS Feed

Oudword

Die Prediker (12) sê duidelik:

Dink dan nou aan jou Grootse Skepper

in die dae van jou jonkheid,

voordat die rampspoedige dae kom,

of die jare aangebreek het wanneer jy sal sê:

“Ek het geen behae daarin nie.

Vandag is Oom G uit sy woonstel na die Sorgsentrum geskuif. Hoewel almal oooo en aaa en ‘n groot ophef van hom maak, is dit vir my ‘n hartseer dag. Hy was saam met my een van ons 5 eerste inwoners. Al sy kinders het gekom en sy meubeltjies opgelaai en die ander goed na die sentrum gedra. Ek hoop dit sal goed met hom gaan …

Mens raak net weer bewus van die feit dat mens broos raak as jy oud word.

oldmanandwomanrelations

oldacordianplayer

willknitforsex

oldmendoingnothing

oldladyoutofcontrol

oldmenfluidonknee

 

17 responses

  1. prachtige platen met ware woorden🙂
    en er uit blijkt ik ben nog niet oud🙂
    oja nog 1 dag hihihi
    slaap wel

  2. Jaaaa. Dis erg. Regtig erg. My ma én my skoonma is nou daar… en ek voel dit aan my lyf dat dit iewers op pad is na my toe ook!
    Sies tog, arme omie! Hy sal sy mik moet regkry!

  3. Hulle se mos, oudword is nie vir sissies nie!!

  4. Oeps en ek is amper daar🙂

  5. Dankie – nou weet ek wat fout is met mý kniege! Spaar my nóg ‘n doktersbesoek.

%d bloggers like this: