RSS Feed

Karre – Bestuurders – ongelukke

Ek bestuur met genade reeds meer as 45 jaar sonder ‘n ernstige ongeluk.  Ek het 2 verkeerskaartjies (in ‘n beboude gebied)  vir spoed en een vir parkering gekry.

Ongelukke:

1. Ek het toe ek begin bestuur het teen ‘n paal vasgery voor die poskantoor in Heidelberg.  Ek het nooit vir iemand vertel nie want ek was te skaam.

2. Een of ander oom het my spieëltjie afgery toe hy aangery het in die baan waar hy moes afdraai. -Ek is nou nog vies vir hom.

3. ‘n Skaap het sy kar agteruit laat ry by ‘n verkeerslig en so waar daaroor gelieg.  Ek was lanklaas so moerig.

4. Ek het eendag na chemo ‘n paal nie gesien en gewoon teen hom vasgery toe ek in die parkeerplek wou kom.  Dit was voorwaar my eie stupidgeit!

Ek dink ek is ‘n redelike bestuurder  Versigtig maar seker en mense gee nie om saam met my te ry nie.  Hier is op die Landgoed nog baie mense wat ry… maar ek kyk dit net so en sal beslis nie inklim nie…

Hoe lyk dit met jou bestuursvermoë … hoeveel ongelukke?  Vertel bietjie!

34309

42541

50424

4939810614142_10154601927400015_182187118191210061_n

33 responses

  1. 58 Jaar ben ik nu zonder rijbewiijs.
    15 Jaar heb ik nu een eigen lege carport.
    Met fiets, bus, tram,metro, trein en vliegtuig ben ik tot nu toe overal geweest waar ik naar toe wilde.
    Ongelukken of aanrijdingen heb ik nog nooit meegemaakt.

    En dat wil ik ook zo houden.

    Zonder auto ben ik nog steeds gelukkig.

    Vrolijke groet,

  2. Ek het al op 3 geleenthede taxis gehad wat in my vasgery het omdat hulle remme onklaar geraak het. Een uno want die ou was besig om te rubbernek en het nie gesien die 4 karre voor hom stop nie. En ek het eenkeer in iemand vasgery wat om ‘ n blinde draai gery het en besluit het om vir geen rede te stop in die middle van die pad. Niks ernstigs nie, dankie tog!

  3. Ook in n paal vasgery. In my eie parkeerplek. So onsinnig…..

  4. Ek het twee verkeerskaartjies vir spoed oortredings en ek was in een ongeluk – nie my skuld nie. Elke dag ry ek saam met stupid mense wat maklik ongelukke kan veroorsaak.

  5. Nog nooit ‘n ongeluk gehad nie, dankie tog. Maar dan, my man is so ‘n goeie bekdrywer, hy hou my op die pad.

  6. In my amper 40 jaar van bestuur was ek nog net in 1 ongeluk! My stupidgeid! ‘n Man het eenkeer agteruit gery sonder om te kyk en binne in my kar in, dit terwyl ek in ‘n parkeerterrein vir my man gewag het!! Ek was woedend!!

  7. een ongeluk zit in een klein hoekje
    ik heb sinds 1988 ik weet niet hoeveel vliegtuigen een pusch back gegeven of versleept naar een buffer position , Lucky me never any problems
    nu nog 3
    slaap wel

  8. Genadiglik, was ek nog nooit in ‘n ongeluk nie, maar dit was net genade. Ek voel nie meer so gemaklik op die pad nie, veral nie snags nie.

  9. Ek het net eenkeer sommer so rustig in n ou vasgery wat voor my ingery het. Dit was toe Pappa my gevat het vir n ryles en my stop of vinnige reaksie gladnie nog reg was nie. Was ook laaste keer wat hy my vir n les laat ry het. Verder “touch wood” geen ongelukkies nie. Een verkeerskaartjie wat ek bestry het en die regter gesê het ek moet dit nie weer so doen nie(was nie regtig my oortreding nie)

  10. Wanneer mens ‘n Kombi bestuur nadat jy ‘n gewone karretjie gewoond was, ry jy ‘n hele paar keer hekpale raak wanneer jy by ‘n erf indraai. Tot jy besef dat die voorste helfte moet eers verby wees, voor jy die stuurwiel draai. As jy dit eers onder die knie het is dit maklik en ry jy teen niks vas nie. Ek het een keer met my twee klein kinders in ‘n klein Renault 5 gery op die Westelike verbysnelweg in JHb toe my voorste band bars. Ons het in die rondte getol en deur die Here se genade geen ander kar getref nie. Scary gewees. Jare later het ‘n bakkie agter in my Jetta vasgejaag nadat hy op die nat pad gegly het. Esti was Graad 9. Ons het niks oorgekom nie, maar dit was traumaties. Vir jare is ek bang om in die reen te ry en is ekstra versigtig by kruisings. Verder is ek ongelukke gespaar. Ek dink dit help as mens goeie bestuursvernuf en reaksievernoe het. daar was baie situasies waar ek amper in ‘n ongeluk was, maar dank die Here dit het nie gebeur nie
    .

  11. Onthou, toe ek en jy jonk was en baie gery het, was daar min ander karre (en geen taxis) op die pad. Ek was destyds al ongelowig maar die oubaas het vergewe en n hand oor my gehou.

  12. Dit was nie jou stupidgeit nie – ek ken daardie pale, hulle groei sommer so skielik op plekke waar hulle minute vantevore glad nie was nie!

  13. ‘n Tak van ‘n boom het endag in my vasgery🙂

%d bloggers like this: