RSS Feed

Dating Naked

Soms kom ‘n mens so in jou omswerwinge op die TV op ‘n brokkie af wat jou mond laat oophang.

As ‘n mens ‘n program opgeneem het, is daar altyd so stukkie van die einde van die vorige program – wat ek gewoonlik ignoreer.  Nou die dag kom ek toe egter op die laaste stukkie van Dating Naked af en my mond hang oop… algeheel skaamteloos paradeer die mense daar rond sonder ‘n draad klere aan.

Ek is regtig maar skamerig … ek trek altyd maar in die badkamer aan en uit as ek by mense kuier.  Eish, ek dink darem nie ek sal so desperaat na ‘n maat of ekstra geld soek nie. Sal jy?

naked-dating-600

Die foto is werklik nie die ware weergawe van die program nie … die meeste deelnemers is glad nie meer so jonk en ferm nie

 

47 responses

  1. Taboe doorbrekend kunnen reality series zijn.
    Maar bij mij stond eerst vooral de tv uit en de tv is nu al weer even de deur uit.
    Andermans leed en verdriet hoef ik op tv niet te zien.
    Als dit dan ook nog eens bloot is, nee, voor mij hoeft dat niet.

    Zonnige groet,

  2. Die mensen moeten ten einde raad zijn en denk niet dat bloot lopen je vlugger aan een partjner helpt.Voor mij hoeft het biet!Laat er ons maar mee lachen.

  3. Tina ek het verlede week gesien dat mense in ‘n kantoor vir ‘n maand lank kaal gewerk het. Hulle wil meer besighede aanraai om dit te doen….die mense werk blykbaar beter. Die een man wou nie sy klere uittrek nie, en hy moes toe fotograaf speel.

  4. Hoe meer dae hoe meer dinge. Hou maar verby dankie!

  5. Nee kyk, jy moet darem maar vreeslik baie selfvertroue he, of vreeslik alleen en desperaat wees…

  6. Yikes!!! Hou verby!

    Klere was ‘n wonderlike uitvindsel.

  7. Wat nog sal hulle nog vorendag bring!!?

  8. Nie vir my nie, selfs in my jong en ferm dae!

  9. Ek reken daar word maar min oog kontak gemaak!

  10. Dapper mense… ek is lankal nie meer jonk en sexy nie lol

  11. mooi plaatje van 2 mooie mensen
    maar of dat op TV thuis hoort , ja daar zullen de meningen over verschillen
    maar zich schamen voor het eigen lijf is niet nodig
    geniet de dag

%d bloggers like this: