RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ons het amper 10mm reën gehad -dis wonderlik en as die werf nie so vol werkers was nie, sou ek ‘n dansie aangepak het.   Eish, ek leer elke dag iets hier op die Landgoed. Die venster is is sulke vensters met dubbel vensterknippe. Ongelukkig is die Chinese knippe binne maande slap. Vandag besluit hulle op die knippe te vervang … sug… daar breek een van my vensters… en dubbel sug… nou trap hulle my kappertjies des moeres (sorry Sus). Ek kners op my tande.

Hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die inloer/ deelneem

1

10612852_10153143573864700_6527041404177891096_n

2

250c64a63867d53c7929d3ba2dc742ef

3

11079622_10153229233424700_3729331112845304485_n

4

10428676_10153221455079700_2288956217685019526_n

5

10502535_10153115174514700_3766319564729410247_n

6

11034194_10153227430409700_2371432564077115333_n

 

 

45 responses

  1. Oh wow! Daardie kat se gesigsuitdrukkig is “priceless”

  2. 1. Stille waters… laat die kat se stert kwispel.
    2. Wat die oog nie sien nie … laat die naelloop-rekord spat.
    3. Ommm…. ommmmm… ommie visdammetjie
    4. Die kat aan die stert beet … is nie Bang Jan nie.
    5. Die vere maak die voël… die hoenders in.
    6. Jy fluit nou strooi!

  3. 1. Ek voel nou so befoeterd ek kan ‘n pofadder soen
    2. Hy gaan enige oomblik deur die bosse kom…
    3. I wish I wish I were a mermaid
    4. O nee, Mamma jy gaat nerens sonder my nie
    5. Kom ons skop ‘n kabaal op
    6. Dis nou sommer strooi dat ek weer huis moet opsit

  4. Ek hoop hulle het vroeg klaar gemaak. Ek haat werkers wat plantjies plat trap.

  5. Klink my jy het daai padda se pose nodig om deur die werker-beproewing te kom!

  6. 1. I know there is an answer.
    2. You ain’t seen nothing yet
    3. It suits me well.
    4. Walk this way
    5. Iv’e gotta get a message to you.
    6. What’s a girl to do?

    Ive gotta get a message to you

  7. 😀 Ons het vandag sonskyn gehad. Ek het 14 handdoeke gewas en in die son laat droog word. Heerlik.

  8. Halloo Tina – watter lekker foto’s!
    1. Njaahh…
    2. Vergeet nou bietjie van daai ou leeu
    3. Ommmmmmmm
    4. Maar Maaaa!
    5. Vlerksleper
    6. Ek’s vol strooi

  9. Sterkte met die vensterknippe! Die foto’s is oulik! Lekker naweek Tina!

  10. Vredig , die Yogapadda , gaan my bybly

  11. Hoop jou dag verloop.verder beter…. vertrapte kappertjies en al eish!!! Lief die fotos….. miskien laat ek my breinselle bietjie werk en dink aan byskrifte. Of beter nie…. het sopas getik “Miskien laat ek my breinselle bietjie werk en dink aan breinselle”😯

  12. Nr 1 Kat se snor
    Nr 3 Pa da pa dum
    Nr 4 Kat se stert
    Nr 5 Moenie vir jou kom haantjie hou hier my my nie!
    Nr 6 Trekvoël
    Die kappertjies hou van ‘n bietjie verniel, dan groei hulle met mening.
    Fijne Vrijdag!

  13. monicahaddad01

    Daai grynslag van Gemmer moet jy gebruik vir die bouers, hulle sal dadelik in hulle spoor begin trap.

  14. en een mooie inloer was het

  15. #1. Daai muis op ljou essenaar het geen smaak nie.
    #2. Pssst!!!
    #3. Ek wonder wanneer gaan hulle my verwyder.
    #4. Kom terug.

  16. Wow! As ek vinnig maak is ek dalk eerste. Jys vroeg met hierdie vandag?

    1. Kat: “Mmm – hierdie biltong smaak na ou-sool.”
    2. Olifant: “Van wanneer af neem kameras agterstevoor af?”
    3. Klippadda: “Bleep Bleep! Meditasie-flirtasie”
    4. Babaleeu: “Kom nou ma – ek soek ‘n Lolliepop!”
    5. Sneeuhoender: “Jy maak my sommer de Hoenders in … ”
    6. Birdie: “Ek hoor hul sê die vere maak die voèl – ek gaan hierdie aantrek.”

    ( Aijai – hoop jou kappertjies oorleef dit. )

%d bloggers like this: