RSS Feed

Goed wat my grensloos irriteer … tsk!

1. Mense wat my by groepe laat aansluit waarvoor ek nie gevra het nie!  Steve moet maar sonder my stem klaar kom – Ek wonder waarom soek hy stemme.

59772560

2. Krismis flieks in April!  Skaam julle BBC!

santa-on-facebook3. Mense wat dink ek stem saam met die Sunette poppie.

9254aa55aa2d47813b66979edfc1e54c

4. Mense wat vra om hulle goed te ‘like’ en nooit eers op my profiel te sien nie.

164904-Hotter-Than-You

5. Mense wat besluit hoe ek voel.

c4f48d2367ee1b96a5fc5b6ab6f600cf

69 responses

  1. Erg leuk en vaak zoveel waarheid in de gezegdes

  2. Pingback: Oor “groups” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. Fanflippentasties! Ek wil ook aansluit asb!

  4. heb wederom op mijn FB gekeken en er is geen enkel verzoek tot vriendschap
    dus ik kan je ook niet toevoegen

  5. zal zo nog eens kijken op m’n FB , maar heb nog geen verzoek gezien

  6. Ek het ook ‘n vriendin wat my graag by al haar groups add. En dan het ek al agtergekom, mens moet ook nie te veel op die groups rondhang nie… of jy moet rondhang soos SY daarvan hou.
    Nou ja, ek het ook ‘n Toortsie blad… sorrie as ek julle irriteer!

  7. Hoop jy voel nou beter, dit lyk my jy het twee dae gelede nie bietjie geirriteerd gevoel Tinatjie. Ok, ok ek koets….. trek net ‘n bietjie jou been.

  8. monicahaddad01

    Ja en moenie vergeet nie, helfte van daardie groep uitnodigings gee ‘n “virus alert”

  9. Wat van die “Like if you… ” -boodskappies gelykstaande aan die kettingbriewe van destyds? So as jy nie ‘like’ nie, stem jy nie saam nie. En dan maak dieselle ou prentjie sy draaie oral. Of: Help tog asseblief om…. en dan is die vermiste kind al vyf jaar terug in die VSA verlore en weer gevind, laaaaaaaankal weer hier ter plaatse opgespoor ens ens ens. Sug. (Meestal ‘add’ mense my by voorbaat darem nie vir die ‘nuwe President’ se bladsytjie nie. Genadiglik!)

  10. Ek weet hoe jy voel… al die bogenoemde goed irreteer my self grensloos en ek is bly ek voel nie alleen so nie.

  11. Ja jong ek kan nie rerig saampraat nie. FB is nou nie my geliefkoosde kuietplek nie. Heeltemaal te veel waarin ek as persoon nie belangstel nie.

  12. Hahaha. Love the ‘Mood swing’.🙂

  13. Petisies!

  14. Uitstekend! Die nuwe facebook ding is mos om van jouself ‘n public figure te maak. Huh!?

  15. Love it🙂🙂

  16. Jinne, ek en jy kon ‘n tweeling gewees het Tina! Hulle moet net nie met my Chuck Norris kom sukkel nie. Ek hou glad nie van Steve nie, maar Chuck is my hero.😆

    Janee, Krismis flieks in April is defnitief pateties. Gelukkig kyk ek glad nie meer TV nie. Ek kies watse movies ek wil kyk en as daar iets in is wat my irriteer, druk ek net die forward knoppie.😆

    Wat’s die storie met die Sunette poppie? Vertel laat ek hoor.😆

    Daai ‘likers’ block ek sommer gou. EK het nog nooit geduld gehad met sulke mense nie. Dis irriterend en glo my, ek kan gou geirriteerd raak.😀

    Die laaste een is die doodsteek. Ek wil altyd weet of hulle ‘mind readers’ is, en wie de hel gee hul in elk geval die reg om te besluit hoe jy voel? Pffffttt! Dis gaan verby my grense van irritasie en stoot my moermeter tot by die toppunt verby.

    Ek like jou post.😆 ♥

  17. Ek is nie so gewild nie Sien Steve sukkel om stemme te kry, die miljoen nou. Hy ry nou lekker op die aanbiddingstrein.

  18. mooie platen met zo ver ik het lezen kan goede teksten

  19. Ek hou my baie skaars op FB en ander sosiale media.Ek blog net hier.
    Verder skaam ek my ook vir bekendes wat sogenaamd my “spreekbuis” is.Ek kan namens myself praat dankie.Oulike prente!

  20. thirionfourie

    Ja nee. Ek ook nie populêr nie. Wat my vies maak is dat ek so moet sif deur facebook om enige persoonlike nuus van my familie en vriende te kry. Al die ‘ge-share’ is vir my net ‘n ‘ge-clutter’.

  21. Hehe – mooi man! Uitstekende punte met prente. Stem defnitief saam.

  22. So gewild is ek nie- word nie ge-add nie – gmf voel ek nou soort van agtergeblewene, as ek so na jou lysie kyk. Jou mening en siening is duidelik ‘n pluspunt.

  23. Ek praat saam. Ek haat dit ook as mense my net sommer add, so asof ek nie vir myself kan besluit nie. Ek love die minion!

%d bloggers like this: