RSS Feed

Ek verstaan dit nie

Met die gevaar om as onsensitief voor te kom, wil ek jou vra om aan my te verduidelik wat dit beteken as mense sê : Hy het die stryd teen kanker oorwin? Die volgende pla my:

1. Die mense wat die stryd verloor het, het dus nie hard genoeg geveg nie?

2. Ek kry so die gevoel dat mens dan kan kies om kanker te kry – wat is anders die doel van ‘n geveg?

3. Ek is ook ongemaklik as mense sê hulle gebede is verhoor – is die mense wat oorlede is aan kanker se gebede dus minder werd?

4. Ek is baie dankbaar vir die gesondheid na die kanker, maar dit het baie min met my as mens te doen – ek kon behandeling bekostig – die was ‘n kanker want groter moontlike sukses %.  Alles was slegs genade – ek het niks geveg nie.  Wat dan van die wat nie so gelukkig was nie – verdien hulle dit nie?

DSCN6031

52 responses

  1. Dit is ‘n baie goeie argument wat jy daar het. Ons vriend Stef is besig om die “stryd” te verloor hoewel hy al voorheen die “stryd” gewen het. Beteken dit dat hy nie die eerste keer hard genoeg baklei het nie en dalk net die groot K katswink geslaan het en nie uitgeroei het nie? Ek probeer met geloof die ding uitredeneer maar partykeer oorwin die hartseer. My vraag oor hoekom iemand wat so baie vir ander gegee het en nog steeds in die tyd gee, so gekortwiek moet word? Partykeer is daar net nie antwoorde nie!

    • Ai ek is so jammer om dit te hoor. Wens daar was iets wat ek kon doen. Ons het daardie tyd nagte om gesels.

      Aan die ander kant is daar mense wat weer gesond word… soos jy sê daar is nie antwoorde nie Jy moet asb. baie liefde vir hom stuur? Ons weet mos Wie is in beheer.

      • Ons voel maar almal magteloos want hy weier om hulp te aanvaar. Hy het my vertel van julle nagte se kuier en hoe lekker dit op die blogs was daai tyd. Ek sal liefde stuur as ek hom weer kontak.

        • tsk, hardkoppig soos altyd. Ek sal altyd aan hom dink met ‘n glimlag. Dankie vir jou vriendskap wat sekerlike baie vir hom beteken

          • Hy het my nogal vertel dis jy wat hom aangehits het om weer te skryf! DIt was nie vir hom maklik na sy vrou hom verlaat het nie en ek dink die blogs het vir hom ‘n plekkie te gee om te “belong”. Ons is al baie jare vriende, het saam rugby gespeel en geduik en beach parties gehou. Van hy buiteland toe is, is die kontak maar minder maar ons het nog steeds ‘n hegte band/

            • Hy het vertel hoe julle op die strand gesing het. Ek was daai tyd maar baie naief n=met die blog ding. Het so ewe Survivor gespeel en hy het so aangryplike stukkie geskryf oor die ontmoeting op ‘n lughawe … later het hy erg baklei en gereken Alles is vir my mooi. Ek het egter geweet hy het talent Ek wens mens kan iets vir hom doen Sy seun is seker al yslik groot en uit die skool.

              • Dit is nie in ons hande om die lewe te bepaal nie, hoe hartseer dit ookal mag wees. Sy seun is in Matriek die jaar, maar ons sien maar min van hom, hy is by sy ma. Ja ons vriend Stef se lewe was ‘n warboel van lughawens en rondrits tot hy die eerstekeer siek geword het. Hy het ‘n paar goed gepubliseer, maar ek kry dit nerens in die hande nie. Hy reken dit was net goed vir braaivleaisvuur aansteek!

                • Ja ej het ook vreeslik geskimp maar onwrikbaar Ek weet nie eers wat sy van is of onder watter naam hy geskryf het nie. Blykbaar jeug/kindergoed? hehehhe sy ore tuit seker soos ons oor hom skinder… hoop dit sal hom darem laat glimlag

  2. Dis ‘n goeie argument wat jy hier beethet Vriendin… ja jy sit my nou ook hier aan die wonder

  3. Ons het twee reuse in die geloofswêreld geken. Hierdie man en vrou het vir alles in hulle lewe op geloof alleen gelewe; tot vir die klere aan hulle lywe. ‘n Vriendin van hulle, ‘n sendeling in Nepal is met kanker gediagnoseer en het teruggekom om onder hulle bediening te staan. Deur geloof en gebed alleen is sy na ‘n paar maande genees van kanker, terug Nepal toe. ‘n Paar jaar later is die vrou gediagnoseer met kanker. Geen dokters, geen medikasie, geloof en gebed alleen….. maar sy is oorlede. Hoe verklaar ‘n mens hierdie dinge? Ek was vir ‘n tydlank erg geruk oor haar dood, maar het vrede gekry in die wete dat God se gedagtes en weë vêr verhewe is bo ons s’n, en dat ons nooit alles sal verstaan nie.

  4. Tina, ek dink mense praat maklik sonder om te dink wat hulle se. God se genade is groot en vir almal, maar Sy genade gaan nie oor gesondheid of welvaart nie, dit gaan oor Sy vrede in mens se hart. Tog het ek gesien as mense beslut om positief te wees en ‘veg’ teen die kanker lewe hul dikwels langer as die wat net negatief is en opgee. Geloof het ‘n sterk impak op jou herstelproses.

  5. Spokie sny spoor

    Ek het ook al gewonder oor hierdie stelling. Want baie wat dit oorwin het, het tog later heengegaan. Bly maar ‘n sensitiewe en seer saak.

  6. Ek dink ‘n mens moet dalk eerder die frases op sigswaarde vat en nie verdraai nie.

    Kanker (soos enige ander siekte) is nie regverdig nie. Natuurlik gaan ‘n mens dit wil beveg, maar daar is geen waarborge wie die geveg gaan wen nie. Soms gaan dit die behandeling wees en soms gaan dit die kanker wees. Niemand kies tog om aangeval te word nie en as jy wel aangeval word, baklei jy terug. Vandaar die geveg.

    Netsoos gebed, is daar geen waarborge nie. Baie gebede word nie verhoor nie en dit maak nie saak hoe hard jy (of ‘n hele gemeenskap) bid nie. As jy een van die gelukkiges is wie se gebed verhoor is, is daar tog nie iets verkeerd daarmee om dankbaar te wees nie?

    Net so kry almal nie genade nie.

  7. Dis vrae waaraan ek ook baie tyd spandeer het Tina. Kanker het my eie Pa by ons gesteel, en huidiglik is daar twee mense baie na ons wat daarmee “worstel”… Dit bly n aaklige ervaring vir die kankerlyers en hul geliefdes.

  8. Dis n ‘figure of speech’, eintlik n eufimisme want medies kan jy nie praat van kanker is genees nie. Dis in remissie en dit kan in remissie bly totdat die persoon aan ander natuurlike oorsake sterf. Nee dis nie n keuse nie, en dis nie n straf nie, Moet dit nie persoonlik opneem nie.

  9. It’s a really terrible disease, and I have also lost family and friends to it.

  10. Dis waar wat jy se: Genade. Ek dink nie mense bedoel dit so letterlik nie. Die liggaam ( ongeag aan wie dit behoort) beveg alle kieme en siektes. Dit is dus ‘n stryd vir die liggaam, sy teenliggaampies ens. Soms word die siekte oorwin, soms nie, en dit het nie regtig te doen met hoe goed jy is of nie.ek dink nie iemand glo dat iemand wat ” die stryd verloor het” swakker, slegter of sondiger is nie. Maar ek is baie bly om te hoor dat jy genees is!

    • Dankie Ek het net gister ‘n program oor besigheidsmanne gekyk en daar word toe verwys dat hy die kanker oorwin het en so reuse sukses van sy besigheid gemaak het… so al of dit sy eie toedoen was.

  11. zij die de strijd tegen kanker overwinnen
    waren er bijtijds bij met de diagnose en hadden ook nog eens geluk
    zou volgens mij ook niet een kwestie van geld zijn
    ik hoop dat ik het goed heb kunnen lezen

  12. Weet nie wat om te sê nie. Daardie vrae het nie rerig antwoorde nie.

  13. Your questions make so much sense! Thank you for your wisdom, Rondo!!

  14. Die fyn druk sê as dit jou tyd is, is dit jou tyd ongeag, maar ek stem met jou vrae.

  15. Dit sal seker maar altyd ‘n vraag bly?
    Ek is ook net baie dankbaar dat ons dit kon bekostig om behandeling te kry.

  16. Jy is so baie reg, met daardie vrae. Ek kom agter dat mense deesdae, baie vrae het oor sulke onderwerpe. Elkeen wat probeer antwoord, het ‘n ander verduideliking.

  17. laat mens dink ja

%d bloggers like this: