RSS Feed

Onderwysers en Leerlinge

Een ding van onderwyser wees, is die wonder hoe jou leerlinge se lewens uitdraai. Ek kon hulle nog altyd volg tot in matriek, maar noudat hulle nie meer die name plaas nie, is ‘n toevallige ontmoeting of FB die enigste manier waarop mens weet wat in hulle lewens aangaan.  Dis altyd vir my ‘n groot vreugde as hulle presteer, maar bowe al dat hulle gelukkig sal wees.

‘n Bietjie meer as ‘n maand kry ons ‘n nuwe staf-verpleegstertjie en sy lyk vaagweg bekend.  ‘n Hele week loop sy draaie om ons tafel en ons wonder of sy dalk maar net vreemd is. Sy moet iets vir ons kom sê en ek reken sy moenie bekommerd wees, want ons drie is nie moeilik nie. ‘Ja’ sê sy ‘Ek ken Juffrou XXXXXXX baie goed, ek het by haar skool gegaan’ Ek kry skaam dat ek haar nie herken het nie, want sy lyk nog net soos daardie tyd.

Tog het sy nog draaie om ons tafel geloop. Vandag kom sy egter by my woonstel om die  Menseregte kaartjies te kom haal en kry ek kans om haar te vra hoe dit gaan.  ‘O, Juffou sal nie weet hoe gelukkig ek is nie. My man sê hy wil hier kom intrek, want ek kan nie wag om soggens te kom werk nie. ‘ Ek gaan vanaand regtig rustig slaap, want sulke goed maak die onderwys die moeite werd maak.

funny-quotes-funny-sayings-495

23 responses

  1. Dit is nogal merkwaardig.

    Ek ken onderwysers wat kinders nie twee jaar later kan onthou nie. Of selfs weet dat ‘n sekere kind by hulle in die klas is nie.

  2. Spokie sny spoor

    Jinne, dit was seker ‘n spesiale ontmoeting.

  3. As jou leerlinge jou ten goede onthou – streng of te nie – was jy ‘n goeie juffrou. Ek weet van ‘n paar wat bly kan wees ek het hulle nie as grootmens raakgeloop nie😉

    • hehehehehe … daar was ‘n paar waarvan mens minder gehou het en net een waarvan ek regtig nie gehou het. Ek het hom nou die dag in ‘n winkel gesien en gek het gesorg dat ek hom nie in die oë hoef te kyk

      • Vir jou eie behoud….. of vir syne?

        • Ek kry skaam want ek voel mens moet van alle kinders hou want jy moet hulle positief beinvloed … ek sal daar laggende gesig nooit vergeet …

          • Ek dink hier kom die gebod van die liefde in. ‘n Mens hou nie altyd van alle mense nie, maar omdat liefde nie ‘n gevoel is nie maar ‘n daad, kan jy nogsteeds vir daardie persoon iets beteken. Dit is natuurlik veel makliker as jy van die persoon hou ook. Ai, hoop nie ek praat jou kop deurmekaar nie🙂

            • Ek hoor jou hard en duidelik. Sulke mense word op mens se pad gestuur om jou meer van jouself ook te leer. Daar was egter op ‘n tyd sprake dat hy sy sussie gemolesteer het. Hy het elke les probeer ontwrig en al my sielokunde het nie hondhaar af gemaak .

  4. Lekker as jy weet iemand wat deur jou hande gegaan het,is suksesvol.

  5. monicahaddad01

    Aag dis lekker nê !

  6. Ek dink dis net die ware geroepenes wat in hulle leerlinge se lewensloop belangstel. Sulke onderwysers is ongelooflik kosbaar!

    • Ek stem nie regtig saam nie Ek ken uitstekende onderwysers wat met julle sjarme wondere verrig en al die kinders aanbid die grond waarop hulle loop, maar hulle onthou nie die slimmes en die stoutes. Dis ook goed want hulle haal so ook die beste uit die kind

  7. Jy moes n besonderse onderwyseres gewees het Tina!

  8. pppfffttt
    ik spreek ABA
    en de taal die jullie spreken was daar van de voorloper ergens lang geleden
    maar ik geef het op , doe mij die onderwijzeres en ze kan het mij wel vertellen
    slaap wel

    • What is ABA? No problem I just told the readers about a pupil of mine

      Do you know about the notifications – the last icon on the right of black line on top –( ok I’ll tell you on the next comment) This why you don’t have to read in the small blocks?

  9. Sommige van my oud leerlinge is al oumas of oupas. Ons word nou rerig oud!

  10. Dit maak dit die moeite werd!

%d bloggers like this: