RSS Feed

Ag nee wat!

Wat is dit met Cell C. Waarom maak hulle asof net hulle Whatsapp gratis verskaf? Dink hulle mense is heeltemal stupid?

Cell-C-believe myremote_Wooza_2ndClass Cell-C-believe

31 responses

  1. Ag nee wat, moenie my verskaffer so skuins aankyk nie! Grappie. Ek dink dat CellC sê dat hulle dit gratis verskaf omdat dit nie van jou data afgaan nie. Baie van die toeps (lelike woord vir apps!!) gebruik wel data omdat hulle in die agtergrond opdateer. Maar ek stem saam: enige advertensie wat herhaal word irriteer die blou blommetjies uit ‘n mens uit! Ek kan dit glad nie hanteer nie, veral FLOU advertensies ens ens ens. Goed, noudat ek daaraan dink…. enige advertensie wat knaend begin raak…

  2. Niks is gratis in hierdie lewe nie.Iemand maak altyd iewers geld en ons word om elke hoek en draai begogel om te glo dis verniet!

  3. Ek wou kommentaar lewer op die post, maar ek kan nie ;-(
    https://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/08/05/vrae-ek-wonder/#comments
    Wat ‘n lieflike aandenking😉

  4. zo ek is bly ek hat jou ontdel !
    dat lees ik onder m’n blog , inmiddels weet ik dat het Afrikaans is
    maar ik ken die taal dus niet , maar iets gratis , lijkt mij niet

  5. Dankie tog ek weet nie hoe werk whatsapp nie en my selfoon lê in ‘n diep donker laai in ‘n diep donker kamer.

  6. Whatsapp is ‘n data vraat. Dalk gee Cell C gratis data vir Whatsapp. As dit seker die dag op Cell C werk

    • Ek verstaan nie waarom hulle dit so ernstig adverteer nie… ek moet maar gaan koffie maak tydens die advertensie

      • As jy arguments onthalwe 100 meg ‘n maand gebruik vir whatsapp, gaan Cel C (so vermoed ek maar) jou nie vir die 100 meg laat betaal nie. Dit kom dan nie uit jou databundle nie. Mense kan soms nie hulle whatsapp gebruik as hulle data klaar is nie.

  7. Die pa en die seuntjie sit op die stoep.
    Seuntjie: “pappa waar kom ek vandaan?”
    Pa: “jy was nog ‘n klein apie, toe het jou ma jou agter die berg gaan vang”
    Seuntjie: “en pa?”
    Pa: “jong ek was ‘n groot aap toe jou ma vir my die dag gevang het!”

    Ja ne?

  8. Spokie sny spoor

    Ek het nie whats-app, maar het ook gedog dit is gratis?

  9. Almal dink mos maar hul is die enigste en beste

%d bloggers like this: