RSS Feed

Spesiaal…

Eish Neeeeee en daar verloor die Proteas!  Ek moet liewer nie weer kyk nie.

*****

Soms raak vreemde mense jou lewe op ‘n baie spesiale manier aan.  Kom ek begin by die begin. Ek en my buurvroue stap elke middag. (ons het ‘n short-short, short-left en long roete).  Verlede week doen ons die short-short en sien in die doringboom by die hek ‘n ballon met ‘n briefie aan. M word afgevaardig, want sy is die jongste en sy spring om dit in die hande te kry. Die boodskap is baie duidelik.

002

001

Ek het vir een van die verslaggewers van ‘n plaaslike koerante skool gehou en ek wonder toe by haar of mens nie ‘n beriggie kan skryf en kyk of mens nie vir Milla kan opspoor nie. (grinnik… wou sommer met ‘n skerp oog na kind se taalgebruik kyk EN of sy onthou wat ek haar geleer het).  Donderdag verskyn die beriggie toe en ek wil my half opruk oor my naam daar staan.

DSCN5957

Kort voor middagete kry ek ‘n oproep van die ander plaaslike koerant en die dame sê hulle het vir Milla opgespoor en of hulle haar Vrydag mag bring om die storie te vertel. Ons is baie opgewonde want almal wonder van waar die briefies kom en wie die kind is. Die verslaggewer en die mamma en Milla kom hier aan en sy is die oulikste, sagte ou drukbare dogtertjie. Ek kry blomme en beskuit. (gelukkig het ek die oggend vir haar ‘n teddiebeertjie gekoop)

DSCN5952 (2)

Sy is baie skaam en Mamma vertel sy is 7 jaar oud en verjaar vandag.  Sy dwaal effe weg en die Mamma vertel Oom Roelof is ongelukkig oorlede en sy wou nie Milla en haar kleiner boetie begrafnis toe neem nie, maar hulle weet dat hy Hemel toe is, en hulle het besluit om die briefies so Hemel toe te stuur. Haar boetie se ballon het op gestyg maar Milla se ballon is deur die wind geskep en sy is getroos dat iemand dit dalk sal kry en dan aanstuur.

DSCN5933

Kyk nou net hoe loop die lewe en so kom onverwags spesiale mense in mens se lewe.

32 responses

  1. Dit is nou uiters spesiaal en my oge wil sommer swem.

  2. Wat een prachtig verhaal en foto’s.Uit onverwachte hoek komen de mooiste ontmoetingen.

  3. Dis nou ‘n besondere storie en weereens het jy sulke mooi foto’s geplaas.Dis ‘n pragtige dogtertjie.

  4. Pingback: Ballon raaisel: Hier is Milla | Review

  5. Pragtige storie en fotos. Beslis speiaal.
    Geniet julle stapery😉

  6. Spokie sny spoor

    Jinne – wat ‘n uitsonderlike gebeurtenis in jou lewe. Die blomme laat my dink aan die wat ek gekry het nadat ‘n dame my kantoor inbeweeg het voor my verjaarsdag. Sal dit ook nooit vergeet nie.

    • hehehehe… jy moet oppas netnou kom ek elke week

      • Ek sien jou hoofopskrif oor die ballon is gesaai langs die pad op die koerant opskrifte … is dit dieselfde koerant, of nou die ander een? Wel – geluk, jy het die nuus gehaal (Hiehiehie)
        Ag, dis eintlik werklik ‘n oulike storie… Ek is bly daar is famous mense in my lewe…

        • Nee ek ken net vir Leandrie by die Observer en hulle het die storie verlede week geplaas . Die revieu het toe vir Mila opgesproor. Die hele storie raak my siel aan want ons moet mos glo soos ‘n kind. Ek is so bly die storie gaan eintlik oor die kind en nie oor my nie

  7. Ag jinne maaaa’! Dis tog te dierbaar!

    • Ek het vanoggend vir die mamma ‘n epos gestuur om dankie vir die blomme en beskuit te sê en het haar gevra of ek dalk deel van die dogtertjie se lewe kan bly. Ek is erg sentimeteel.

  8. Ag, tog te dierbaar vir woorde en wat ‘n mooi gesiggie. Dit lyk asof haar briefie baie plesier en opwinding veroorsaak het.😀

  9. Dit is baie spesiaal. Wys jou die lewe is die moeite werd.

  10. Sjoe dis so spesiaal.

  11. Aag dit is nou baie spesiaal. Wie weet hoekom jou en Milla se paadjies moes kruis!!

  12. A very special story indeed. Little Milla is such a sweetie.🙂

  13. Dit is baie spesiaal!

  14. Wat ‘n besondere verhaal, Message in a bottle op ‘n unieke manier.
    Vroukie pink trane toe ek dit vir haar lees.
    Pragtige dogterjie.

    Moenie skuldig voel nie, die Proteas het nie verloor omdat jy gekyk het nie!

    • hehehe ek het hulle ‘n paar lelike woorde toegevoeg.

      Dis vir ons ook baie spesiaal en haar spelling van groot woorde maak ook my onderwyser hart bly Sy is nog nie eers 3 maande in die skool

  15. En hier sit ek nou in die bedompige warm Lagos, met hoendervleise…….! Wat ‘n mooi storie! En wat ‘n mooi idee van die mamma met die balonne! Ek dink dit is wonderlik dat jy dit aan die koerant genoem het, en jou naam mág maar genoem word!! Trots Pietie!!

%d bloggers like this: