RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Sjoe, dit was nou vir my ‘n woeste week. Daar is darem ‘n wolkie in die lug en ons hou styf duime vas dat bietjie sal reën.

Dankie vir die inloer/deelneem. Jy kikker altyd my naweek op!

SKUUS EK SIEN NOU EERS DIE LAASTE EEN HET AL ‘N BYSKRIF – JAMMER!

1

1379333_648692651828599_1648233659_n

2

10369874_680763072028629_2081326998507770842_n

3

image016

4

1234611_637645462933318_166541946_n

5

1149007_616024928428705_1642995546_n

6

1622087_678085992296337_6133721375021087282_n

20 responses

  1. Toe ons Sondag-middag terugkom sien ek dit het darm bietjie gereën hier? Jou fotos is oulik:

    1. Scrappy; “Hou op met jou gekef”.
    2. Staar-oopmond-stuipe.
    3. “Dankie vir my woolworths klere.”
    4. “Ek sê nog steeds, dis ‘n olifant se eier”
    5. Golgate-Tweeling-Smile
    6. “Dra jou boek, klapperkop, so kom feite dalk in jou dop.”

    • Sug… ons het geen enkele druppel gehad … reken die reën feetjies soek na Pietersburg en kry dan net Polokwane en dan reën dit net op een plekkie

      Lekker skerp byskrifte

  2. Elke Vrydag se lekker hierdie😉

    No4: “Dit was jy”, “Nee, dit was jy”, “Nee, dis jou skuld” “Nee, dis jou skuld”…

  3. Great laughter for Friday!🙂 Love it.

  4. 1. Laaste by die wenpaal is ‘n pavement special
    2. Is dit wat ek nou vir die res van my lewe moet doen?
    3. Is jy ‘n mofskapie?
    4. Wie het daai eier stukkens gepik?
    5. Lekker tanne geruil en niemand kom dit agter nie
    6. Lekker manier van studeer

  5. 1 Voertsjek! Jou stalker.

    2 Die rede vir sepies: Kan dit kyk terwyl jy skottelgoed doen.

    3 Soen ‘n skapie en dit word ‘n apie

    4 Ag nee man, ons het nog gespeel

    5 Cheese!!!!
    of
    5 Colgate werk vir kamele ook

    6 Swot terwyl jy jou postuur oefen

  6. Nr 1 Hol jong hol! Die eerste prys is ‘n sopbeen!
    Nr 2 Die petrolprys styg met hoeveel?
    Nr 3 My skapie my liefie
    Nr 4 Wat het hier uitgebroei?
    Nr 5 Lag en die hele wêreld lag saam met jou.
    Nr 6 Librarians in training.

  7. Die ou woefies is te oulik en die glimlag is is baie snaaks!!

  8. #1. Jy verneuk!
    #2. Ooops, ek moet winkel toe gaan.
    #3. Dankie vir my trui.
    #4. Watse eier is dit?
    #5, Colinoss sit die glimlag in die bakkies.
    #6. Hoop hy hou van my bene🙂

%d bloggers like this: