Slegte Nuus:
1. Firefox gee die gees elke keer as ek ‘n hele blog geskryf het en dan is alles weg! Ek HAAT dit, want ek tik met 2 vingers.
2. My selfoon is nog stukkend. Ek kan oproepe maak, maar die sleutelbord werk nie en ek voel soos ‘n weeskind. Ek sit en wag vir Vodacom, want hulle het vir my een bestel. Ek weet nie hoe het mens vir baie jare sonder ‘n selfoon reggekom het nie.
3. Ek het Vrydag vir my ‘n wasmasjien gekoop en hoewel ons wasgoed hier gedoen word, is daar goedjies wat ek tot nou maar met die hand gewas het. My oue is Myngenoegen toe, want dit was ‘n bolaaier. Laat die masjien koppel en was gistermiddag al te lekker. Die aand is daar bietjie water op die vloer en ek gooi ‘n handdoek op die vloer en vergeet daarvan. Vanoggend toe ek opstaan swem(sic) my ou besittinkies amper by die voordeur uit. Ek stort so vinnig soos weerlig en draai die stopkraan toe (JAAAAAA ek weet mos van die wasmasjien kraan, maar het bietjie vergeet) Bel en Morné kom gou help – al die drade en uitlate is droog- ons toets hom en die water loop aan die kant en voor uit. Jaag Makro toe … geen moeilikheid almal baie vriendelik. Binne 10min reël hulle om more die masjien te kom omruil. Dis lekker as mens sulke goeie diens op ‘n plek kry.
4. Lyk my ons gaan weer onder die begroting kreun!
Goeie nuus:
1. Elke laaste Woensdag van die maand kom daar ‘n predikant na die Landgoed. Vandag het hy vir ons Nagmaal bedien en dit was werklik baie spesiaal. (Nee… as jy nie saamstem, vat verby. Jy is geregtig op jou mening, maar ek gaan nie stry nie)
2. Vandag het een van my oud-leerders ‘n blog begin. Ek is amper so opgewonde soos ‘n ouma met ‘n nuwe kleinkind. Sy is pragtige, funky en slim jonge dame en dit sal so lekker wees as jy bietjie by haar gaan inloer. Ek is so trots op haar soos ek op elke oud-leeder is wat onderwysers word. Ag nee, ek jok … ek is baie trots op die kinders wat iets moois met hulle lewens doen. https://constantstateofholidayvibes.wordpress.com/
3. Het jy al geglimlag vandag?
Aai-jaai-jaai!
Tegnologie, ons kan nie sonder dit lewe of met dit lewe nie 😉
Jip!
Ek het jou genomineer vir die swart en wit uitdagnie?
Dankie 😉
Sien uit na jou inskrywing
Daardie ketel op die gasstoof laat my dink aan my stomer wat op die agtetste plaat van my stoof staan. Op ‘n dag skakel ek dié spesifieke plaat aan met ‘n slegte gevolg vir die stomer.
Toemaar … net ‘n beurtkrag oomblik!
Awesome post
Hiehiehie – oulike fotos! Hou van die ketel op die gasstoof. Tipies nuwe SA.
Lekker gelag vir jou wasmasjienstories. Alles darm nou reg?
Ag ek is so moeg gewag… ek en my buurvrou wonder wat is die Snw van ‘wag’ Dit kan tog nie wagter wees nie? Kom jy is mos slim … help bietjie hier
Hehehe – wagter klink nie te slegte woord nie. Ek ken van die “WAgter op die muur” in die bybel.
Lekker naweek, ek vlieg (per motor) 3uur alweer Pta toe! (Opgewonde oor stukkende vroutjies wat weer gaan opstaan)
Sterkte Versigtig ry! Geniet die padkos!!!!!!
Ansie verjaar Maandag!
Daai pikkewyntruitjies is baie oulik. Ek dink amper so ‘n dowe oom wat dit vir hulle brei.
Die wasmasjien wat so in opstand kon kan groot moles veroorsaak. Ek is bly jy het nie gelamineerde vloere nie!
http://kindnessblog.com/2015/02/13/australias-oldest-man-knits-cute-little-sweaters-for-injured-penguins/
Dis die allermooiste storie
Die hele woonstel het teëls en dis darem makliker om skoon te hou ook
Ek neem aan daardie ketel behoort aan ‘n blond?
Ek moet sê ek skaam my morsdood as een van my onderwysers op my blog moet afkom.
Ek hoop Makro bring sommer ‘n nuwe masjien saam as hulle jou oue kom haal.
Ek het vir haar gesê sy moet ‘n blog begin want sy het tallent. Ek hoop ‘n paar mense sal haar volg en lees want sy reken niemand sal dit wil lees nie.
Hulle het belowe om die nuwe te bring maar ek haat wag – dis al 2uur!
Daar is absoluut niks daarmee verkeerd nie.
In my geval gebruik ek nie soseer ‘n skuilnaam sodat onbekendes nie kan weet wie ek is nie. Ek gebruik dit sodat bekendes my nie kan uitsnuffel nie. 😉
Dit kan regtig lastig weet
Ai toggie, dis waar probleme kom altyd in driee! Dankie vir die glimlaggies!!
Sug… daar is dus hoop nê!
Tina, maar die kind skryf goed. Wat ‘n voorreg vir haar om in Praag te bly. Hoop jou foon en masjien is gou gou reg.
Baie dankie dat jy gaan lees het … Sy is ‘n regte gogetter – ek hoop daar gaan ‘n paar mense haar wil lees
Thanks for the smiles. I loved the story behind those penguin jerseys. http://kindnessblog.com/2015/02/13/australias-oldest-man-knits-cute-little-sweaters-for-injured-penguins/
Yes me too … an amazing story!
Die ongeluk kom in driee, ek dink jy’s nou oor die ergste 😉
Ek haat wag… dis al amper 2uur en ek wag nog steeds
Maak vir jou n koppie tee, net nie soos die persoon in jou voorbeeld hierbo nie, en dip n ouma. Dit help altyd vir my om die wag makliker te maak, want ek self is ook maar lekker ongeduldig, veral as daar n tyd afgespreek is en daardie tyd kom en gaan…
Half 6 … sug… wens mens kan vet verloor terwyhl jy wag … dan was ek vandag rietskraal
Belofte maak nie meer skuld nie…
Gelukkig staan dit nou hier in my pad!
Hoera!
Hope your cellphone woes are soon solved.
Must say I would love to get kitten pox 🙂
hehehehe… yes the poor dog is very calm!
Thank you!
Ek het jou naam by my bladsy van 5 Days Black & White Challenge ingesit. Jy beter bietjie jou fotos afstof en 5 dae n s&w foto plaas!
Ek sal graag deelneem Ek het net vandag ‘n probleem … ek kry nie alles gelees nie. Ek sal inhaal en dan deelneem
Het darem nou hopelik die link storie uitgestryk
Lekker
Hond ek kieties is the kostelik. Ha ha vir verbrande water.
Ja jong, dinge gebeur in drie hoor! My kar se petrol is amper klaar, my horlosie se battery is pap ek moet dr toe vir voorskrif … Hierdie week is net te lank tot einde van maand.
Hoekom het wasmasjien probleme dis dan n nuwe een ??????
Ai toggie dit klink of jy ook maar sukkel!
Dit was sekerlik ‘n fabrieksfout. Mens moet net geduldigheid hieruit leer.
Maar waarom moet dit jou tref! Dis wat mens nie altyd kan kleinkry nie
Die wasmasjien het darem gekom (nadat ek hulle moes gaan haal want hulle het verdwaal) Vandag gaan ek die telefoon haal – so ek beweeg darem vooruit. Hier is dit darem ook die einde van die maand.
Ja wat, so kom alles tog agtermekaar en reg
Moet nog net die internet ding met die foon reg kry
Dis goed so. Het K se email gekry. Nog nie geantw.Is v plan om more almal te skryf en bedank vir goeie wense. Vd B ook geantw al
Ek het vanoggend vir jou ‘n epos gestuur… sal more my foon regkry ek is nou te gewoond om daar te lees.
Ai toggie! Sterkte met jou foon.
Wens partykeer jy het “like” gehad by jou foto’s. Ek geniet ditnso! Sterkte met jou fone en wasmasjiene en sommer alles!
Ek kry eintlik skaam want dis alles gesteelde foto’s en ek is te lui vir erkenning