RSS Feed

Dood…

Verlede week is een van die ou Mweb-bloggers oorlede. My hart is regtig seer. Sy was ook nie regtig baie oud nie.  Ek onthou sy het ‘n troetelvarkie gehad en was ‘n opgewekte positiewe mens.  Alhoewel sy nie meer geblog het nie, sal sy beslis gemis word.

Ek het in 2005 begin blog op Mweb en baie voorbarig allerhande uitdagings begin.  Ek het baie harde lesse geleer, maar wonderlike mense ontmoet. Daar was baie pret en ons het sommige nagte tot heel laat gekuier. Eish, daar was hewige gevegte. Mense kon heeltemal Anoniem kommentaar lewer – sjoe, ek weet nou nog nie hoe mense so met ander kan praat nie.

Intussen is daar al ‘n hele paar oorlede. Daar was ‘n baie siek vrou wat by haar ouers moes gaan woon en haar papegaai en hondjie moes agterlaat. Sy was so oneindig hartseer daaroor… Dan was daar Asjas… ek sal nooit haar laaste inskrywing vergeet nie.  Ons het Roly ook daar ontmoet, soveel lewenslus en sy stem het ook verlede jaar stil geword. Koeitjie herinner my aan Barbara – hoe kon ek haar vergeet het! ‘n Regte hartsvriendin.  Ten spyte van haar swak gesondheid het sy altyd ‘n bemoedigende woord vir ander gehad. ‘n Wonderlike mens.

Ek weet ons gaan almal eendag dood, maar vir nou herdenk ek die wat ons vooruit gegaan het. Dankie vir hoe julle my lewe aangeraak en beter gemaak het.  Dankie vir elke gawe woordjie wat jy na my kant toe gegee het. Julle is/was almal spesiaal mense en ek sal julle nooit vergeet nie.

2909795781_12cccc7b8f

http://stylonica.com/sad-pictures-and-wallpapers/

58 responses

  1. wens je sterkte met dit verlies

  2. Spijtig dat je je vriendin hebt verloren ,dat doet pijn maar onthou de mooie dingen aan haar,zo zal je haar nooit vergeten

  3. Tina ek mis nou nog die mense wat ophou blog het, wens partykeer so hulle wil net weer ietsie sê. Kan net dink dit moet erg wees as ‘n persoon sterf…. sal sowaar soos ‘n familielid voel wat weg is. ‘n Mens raak rêgtig lief vir die mense wat jy nog nooit eers gesien het nie.

    • Ek het ook ‘n baie spesiale band met my medebloggers. Maar ek het ook so helde vereering vir hulle – dis of hulle sonder foute en sonder allerhande gewoontetjies – ook dat hulle alles weet en selde verkeerd is!

  4. Spokie sny spoor

    Sjoe, eks nog nie lank genoeg hier om te weet van iemand wat gaan nie. Ek het nogal gewonder hoe sal mens wees? Mens wonder maar altyd as iemand siek is, en dan stil word, of iets gebeur het.

    Ons waardeer jou vriendskap ook, Ek dink ons is almal soos ‘n blog-familie.

  5. Net nou die dag sit ek en dink aan mense wat ek geken het wat nou nie meer met ons is nie. En ek verwys nou hier na mense wat saam met my op skool was.
    Dis weird. En hartseer.
    Oblah-di, Oblah-dah, Life Goes on…

  6. Dood is altyd hartseer.

  7. Jammer om te hoor van jou verlies!

  8. So jammer om te lees van jou hartseer oor die verlies van jul vriendin Tina. Dis wonderlik om te dink dat hierdie medium n mens in staat stel om vriendskappe te kweek wat so diep is.

  9. Tog is mens dankbaar as iemand laat weet van ons kubermaatjies se heengaan, want dis nie asof mens hule elke dag sien om te besef hul plekkie is leeg nie, Na ‘n lang afwesigheid begin mens soms net wonder wat van iemand geword het. Dankie vir jou lysie “Grapjas”

  10. Ai so word ons almal oud en sal seker een vir een met die tyd stil raak. Maar jou woorde sal hier in die kuberruim bly rondsweef vir wie ookal om te lees…..

  11. En Roly was tot op die laaste ‘n inspirasie.

  12. Dan was daar die vroutjie iets soos Aspoestertjie of n naamspeling op cinderela wat galblaaskanker gehad het. Ek onthou noh haar laaste pos genaams Die Maan het saamgery, toe sy uit die hospitaal
    ontslaan is om liewers tuis te gaan sterf. Dit was baie aandoenlik.
    Soms ry ek verby die huis waar Barbara by haar seun gewoon het. Maar sy was baie baie siek. Ek het altyd soontoe gegaan om vir haar boeke op haar Kindle te sit.

  13. Dis die beloop van die lewe. Die jare vlieg verby en dan is alles verby in n oogwink.

  14. Was Barbara die een wat die klippies-armbande vir, ek dink, Kansa, gemaak he? Ek onthou ook vir Asjas van Litnet se dae. Ook Pienk Volla van Upington is onlangs oorlede. Ai!

  15. Ai julle, die lewe is so kort!

  16. Moenie van Barbara vergeet nie. Sy was n ware inspirasie. EK mis haar nou nog.

  17. Wie is nou dood? Iemand wat ek ken? Asjas was so gawe vrou!

%d bloggers like this: