RSS Feed

Liewe Oupa en Ouma

Hoe goed ken jy jou kleinkinders? Weet jy bv. wat hulle gunsteling kleur/kos/fliek/stokperdjie is?  Miskien moet ek begin deur te vra: Hoe goed ken jy jou kinders? (Vir sommiges gaan die vrae baie moeilik wees, want as julle bymekaar is, luister jy baie min en jy praat en praat en praat en almal moet luister?)

10007048_10152721956388581_8110814952504103392_n

11009924_10152727117743581_4416272633985220853_n

10407372_10152727130588581_411479698863244462_n

10995458_10152730837068581_43031112107470292_n

Ag kom ons glimlag maar… nee dit help nie om my te stenig as jy by elke geleentheid net oor jouself praat en nooit na ander mense luister nie.

10689973_743839545687130_9182110096975345243_n

38 responses

  1. Het goeie oop verhouding met my kinders gehad, en partykeer dinge gehoor wat my hare laat rys het. Het goeie verhouding met vier kleinkinders op hierdie erf…. maar dié wie ek minder sien ken ek nie so goed nie.
    Om werklik te luister is ‘n kuns wat aangeleer kan word.

  2. Die oom met die bosbaard se foto praat ook met my.

    Iemand hier by die werk het eendag gese dat mens moet so bietjie oplet hoeveel maal ons ‘n sin met “ek” begin. Nogals erg ne!

    Ek het nog nooit in my lewe ‘n heart-to-heart met enige van my ouers gehad nie. Dis hoe ons groot gemaak is

  3. Weet jy, my Ouma en Oupa (My pa se ours) het niks van my geweet nie, hulle was maar net daardie tipe mense. My ma het altyd gese sy is spyt dat haar ma voor my geboorte dood is want ek herhinner haar aan haar ma en dat haar ma elke kleinkind soos die palm van haar hand geken het.

    My oupa en ouma oindervinding was horibaal… maar darem was daar baie tannies wat ouma figure in my lewe was

  4. Dis so waar. Mens ken die mense naaste aan jou dikwels heeltemal te sleg. Ek spandeer elke dag saam met my spruite en tog ontdek ek nog gereeld ‘n hele nuwe aspek van hulle. Mens kan nooit fyn genoeg luister nie.

  5. Ja sug, en jy het vergeet dat sulkes ook altyd reg is oor alles😉

  6. Ek hou nogal van jou prent: “Be curious not judgemental”.

    Wel – al wat ek op hierdie stadium wil weet van my 1ste kleinkind is: Is dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie. Die kind wil nie met my terugpraat nie? Die is nou blykbaar so groot soos ‘n suurlemoen.
    Ek kan natuurlike nie wag vir volgende week – dan is hy/sy so groot soos ‘n piesang. (Glimlag)

    (Fluister – ek hoop dis ‘n dogtertjie, maar pa soek ‘n seun.)

  7. Jy is n wyse vrou, Tina.

  8. Love this post! Great quotes here. Thank you!

  9. Soms is dit nogal lekker om vir sulke praters te luister,dan hoef ek nie te dink nie..hehe!Ek het die kuns verfyn om vreeslik intelligent en belangstellend na ‘n langasem te kyk.Intussen is ek iewers op ‘n ander planeet.

  10. Ja dis n groot probleem. Ongelukkig is ek stil van aard en skoondogter praat aanmekaar. Dan sluit ek maar af en skud net my kop want mens kry nie n woordjie tussenin nie. So die swaard sny na twee kante. Oumas kan luister en niks se ook en steeds nie die kleinkinders ken nie!

    • Dis waar … dan moet ek ook sê ek leer baie meer uit jou blog as in al die jare wat ek jou ken. Mens is as kinders saam maar as volwassenes leef mens mos maar jou eie lewe

      • Ons het regtig heeltemaal bymekaar verby gelewe. Ek het altyd probeer om beide kante te bevriend maar dit het nie juis uitgewerk nie.

  11. Dis nou ‘n goeie vraag! 😀

  12. Ek het ‘n vaste geloof daarin dat ‘n ma nie ALLES van haar kinders behoort te weet nie; my arme ma sou nooit geslaap het nie😀 Maar jy is reg, ons moet leer om te luister. Ekke het ook altyd ‘n Paul Coelho boek op my Kindle.

  13. Goeie vraag. Hoe goed ken familielede mekaar?

    • Ja ek is self ook skuldig. Ek het baie meer van my sus se blog van haar geleer as wat ek ooit geweet het.

      Ek is besig om ‘n fotoblad vir ‘n Ouma saam te stel en ek kry die gevoel dat sy amper net die meisie se naam ken – miskien weet sy nie eintlik wat ek wil weet nie. Dis soos tande trek… pynlik.

      • Het sy die geleendheid gehad om die meisie beter te leer ken?

        In my ervaring is dit in elk geval beter dat iemand jou nie van nader ken nie. Hulle stel in elk geval nie belang nie en / of verkies in elk geval die jou wat hulle opgemaak het.

        Ek is seker dat sy die fotoblad sal waardeer. Al ken sy die meisie nie eintlik nie, is dit haar kleinkind en iets waarmee sy kan spog.

  14. Jy laat mens ernstig nadink?

%d bloggers like this: