RSS Feed

Sug… slegte nuus!

Vanoggend toe ek gaan pos uithaal, word ek met die gebruiklike “Hallo Tannie Hoe gaan dit?” deur die karwag (Rokende vroutjie van ongeveer 40) en die Postnet klerk (‘n Rokende vrou van my ouderdom) begroet. Ek groet vriendelik terug en vra na hulle welstand.  Daarna vertel die Postnet dame die slegte nuus dat die poskantoorwerkers weer Maandag gaan begin staak! Ag nee, hier gaan ons al weer!

Miskien moet ons liewer maar net glimlag.

7598_856452807730701_3731897827435990173_n

1478966_881196505256331_1212092937207133005_n

1795621_915482288494419_5705015914293000210_n

10371455_10153037654946112_7045488463096196031_n

10998872_807382246008244_5464924120735305835_n

10955710_797966986939846_1526944949701328097_n

 

34 responses

  1. Pingback: Wragtig alweer? | Herriemerrie

  2. Ons glimlag maar net!! ♥ die katboom!

  3. “Die katboom is te kostelik!!”

  4. Spokie sny spoor

    Aardeland – al weer ‘n staking? Ai-tog

    Ek is mal oor die skilpad met kleintjies. Miskien omdat dit die eerste keer is dat ek so iets sien! Kleinskilpadjies by ‘n ma? Te oulik. En die kat (laaste foto) wat by die hond skinder – tipies. Oulik. (Verskoon as ek traag kom met kommentaar, moet ‘n werkboek opstel vir Tzn studente – vat baie van my tyd)

  5. Aijaijai… ek kyk eerder jou prentjies. Die een met die hond en kat is kostelik, die een waar die kat vir die hond die bullie uitwys🙂

  6. Het ons nou regtig ‘n poskantoor nog nodig? Dit is nie iets waarop jy kan staatmaak nie.

    Ek het lekker gelag vir jou prentjies.

  7. Sien nerens dat hulle wel gaan staak nie so terloops

  8. Ag nee wat, tog nie weer nie!

  9. Die poskantoor se dae is getel. Daar is gelukkig epos. En alternatiewe. Meer werkloosheid want die dom werkers skiet hilself deur die voet.

  10. Die mothership is sooooo cute!
    Tina Pick’nPay het nou ook ‘n koerier diens begin en die manne op die bike forum se hulle is glad nie te duur nie. Dalk iets om te oorweeg.

  11. Iemand anders begin die gaping sien.Die poskantoor is besig om hul eie graf te grawe.Oulike foto’s!

  12. Dankie vir die nuus, Tina – nou kan ek dit vermy om Poskantoor toe te gaan met ‘n skoon gewete ;0)

  13. Aag is die sneeuperd-storie nie net te dierbaar nie. Daar is darem mense wat glimlag van oor tot oor en dis PostNet😉

%d bloggers like this: