RSS Feed

Uitstappie 4

Tinatjie leer mos nooit nie! Ek gaan kuier sonder batterylaaier, want ek het mos ‘n spaar battery. Die battery is pap en toe ek die spaar een insit is die ook pap. Ek het toe gelukkig ‘n ekstra media kaart wat ek in vriendin se mik-en-drukkie insit. Ai mens raak darem jou eie kamera gewoond. Woensdagoggend is ons toe na die vlooimark langs die Kolonade (my vriendin praat van die Pakistani) daar kry ons die oulikste batterylaaier vir ‘n skamele R40 Dit het ‘n + en – punt wat kan skuif en so kan jy enige battery daarmee laai. Die gaan beslis in die vervolg in my kamera sak saam.

DSC01775

Woensdag is ons toe na Margaret Roberts se plaas toe wat net Woensdae oop is. Eish dis alles mooi daar maar daar gaan regtig nie vreeslik baie aan nie. Daar is ‘n lekker teetuin en seepwinkeltjie. DSC01762

Daar is tot ‘n oulike kapelletjie.

DSC01787

DSC01782

Ons is ook verby Jo Roos se plaas verby maar ek dink die gallery is nie in die week oop nie.  Een van die Tannies hier het ‘n Jo Roos en ek het Mnr Google geraadpleeg en die prys het my asem weggeslaan – selfs Norbert sou beïndruk gewees het.

DSC01795

Daarna het ons om die dam gery en ek het dit nog nooit so groen gesien … dis ‘n vreemde sieklike groen kleur! Weet jy dalk wat daar aan die gang is?  Ons het middagete by Jasmyn geëet – regte Hollandse kroketten Dit was regtig lekker, waarna ons na hartelus geshop het!

DSC01800

DSC01806

Dit was nou regtig ‘n baie lekker kuiertjie gewees. Dankie H jy is voorwaar ‘n vriendin duisend!

 

22 responses

  1. Spokie sny spoor

    Sjoe Tina – baie mooi en interessante fotos. Ja nee, kan sien julle het lekker geshop. Ek het eers geskrik – gedog jy praat van jou kar se battery wat pap is.
    Geniet jou dag.

  2. Sjoe, maar tannie Ina se plek is netjies. Ai, dis darm maar lekker om so rond te loop. Dit lyk amper asof jy in Holland was.🙂

  3. Jasmyn is my gunsteling eet- en koopplek Tina! Ek het nie besef jy was in my geweste nie😦

    Ek koop al my vrugte en groente en konfyte ens by Jasmyn.

  4. Dit is lekker as mens so kan kuier! Ek word net so kwaad vir myself oor die batterye! Het presies dieselfde ondervind so 2 weke gelede!!

  5. Mooi fotos suster. Moet net nie se dis al wat jy gaan wys nie! Sal nog meer wil sien. Bly jy het lekker gekuier

  6. Beautiful images. I’d like some waffles under the windmill.🙂

  7. Lyk of jy heerlik gekuier het!

  8. Ja nee mens is nooit te oud om te leer nie. Jasmyn is my gunsteling plek om kondensmelk koffie saam met kondensmelkbeskuit te eet. So entjie daarvan, dam se kant toe is n koffiewinkel en akwarium, hulle maak die ongelooflikste kaaskoek. Probeer gerus volgende keer. Pragtige foto’s.

%d bloggers like this: