RSS Feed

Uitstappie 3

Dinsdag het ons die pad aangepak Cullinan toe. Ons het met die Witbanksnelweg gery, want daar was glo klipgooiery op die ander pad.  Dis tog jammer dat baie van die winkeltjies toe is in die week. Ek sou baie graag in die silwersmit se winkel wou inloer.

DSCN5753

Die eerste winkeltjie was ‘n galerytjie Studio 14 van Norbert  Schling . Die man lyk sommer soos die buurman maar sy kunswerke het my regtig geraak.  Ek dink dit is veral sy kleurgebruik wat my sterk aanspreek.  As jy meer van hom wil weet gaan loer hier – https://artavita.com/artists/4831-norbert-schling .     Dis lekker as die kunstenaar teenwoordig is, hy het ons effe meer vertel, veral van die lande waar hy al uitgestal het.  Hy is juis nou besig met ‘n reeks Afrika tonele vir ‘n uitstalling in die buiteland.  Sug… as ek ‘n tog geldjie gehad het, sou ek beslis so ietsie gekoop het .

120710-115904

DSCN5749

DSCN5747

Daar is heelwat winkeltjie waar jy kaggelkakkies van elke kleur en geur kan koop. Hier op die landgoed is daar egter maar min plek vir iets nuuts en om ‘n geroeste blikkie/pot/blompot vir iemand anders te koop, is ook nie altyd veilig nie.

DSCN5771

DSCN5765

As jy nog nooit ‘n bobotie-pannekoek by Harrie’s Pancakes geëet het is daar ‘n tekort in jou opvoedingservaring! MMMMM skielik raak ek honger!

DSCN5786

 

 

 

70 responses

  1. Mooi onderwerp.Bedankt voor je bezoek en het volgen v&an mijn blog.

  2. Ja Cullinan het my hart ook gesteel (soos jy seker al gesien het). Ek wens dis al Saterdag want ek gaan weer.

  3. Jis ek is so jaloers op jou en Wolfie wat so lekker gaan kuier het in Cullinan!

    My man werk al ‘n paar jaar daar, maar ek was self nog nie daar nie. Glo is hulle mark ook iets om te doen op ‘n naweek.

  4. Ja-Nee kyk, vir daai pannekoeke ry ons ook af-en-toe spesiaal Cullinan toe!

  5. Lyk of jy sommer lekker gekuier het!

  6. Kaggelkakkies! ! ! Jy kan so lekker met woorde omgaan😀 Mooi fotos.

  7. Cullinan is een van ons gunsteling plekke -Dit het so ‘n lekker atmosfeer. Kan lekker besig raak oor naweke… veral as bikers vir hulle “breakfast run” soontoe gaan.

  8. Ek hou baie van die hoenderhaan en die tarentale.

  9. Dit lyk alles baie mooi en lekker!

  10. Fantastiese skilderye inderdaad Tina en daardie pannekoek lyk baie lekker. Nou is ek ook honger.😆

    • Ons was darem in jou omgewing ook Sjoe maar ek het die dam nog nooit so groen gesien nie!

      • Die dam is altyd so groen in die somer. Dis alge en dis maar die natuur. Jy moes gesien het hoe lyk die Vaaldam en dan praat mense van ons dam.😆

        • hehehehe dit was nie ‘n aanklag nie maar dis vir my ‘n vreemde kleur… EN daar was vir my so vreemde geur in die lug. Maar dit was hondwarm so alles het seker gesweet!

          • Moenie komkommer nie … ek weet en vir ons wat nog altyd hier gewoon het is dit ‘n gewone gesig. As jy selfs oorsee gaan kyk … alle damme lyk so in die somer. Dis die alge wat opkom na die oppervlak en in die winter sak dit weer af en dan word die water weer helder. Jy wou nie die jaar hier gewees het toe al die klein vissies na die kant gekom het en gevrek het nie. Toe het dit gegeur. LOL! En ja, daai alge kan stink as dit so warm is.

  11. Miskien moet ek vandag gaan proe hoe smaak die pannekoek en Norbert se ateljee besoek. So saam met die huissoekery kan mens nogal honger raak.

    • Soek jy ‘n huis in Cullinan … dis bietjie ver as mens in die stad werk!

      • Sal graag nader aan die kinder wil bly. Sjoe ons koop by Harrie pannekoeke, Biltong en kaas, Bobotie en Karamel en piesang. Dit was onbeskryflik lekker en ek gaan beslis volgende keer die ander ook probeer. By die ateljee kon ons nie uitkom want dit was amper vyfuur. Miskien more. Jammer Jan Harmsgat is net naweke oop. Volgende keer wil ek trein ry van Pretoria af tot hier. Cullinan is oulike dorpie.

      • Sal graag nader aan die kinder wil bly. Ek werk nie. Sjoe ons koop by Harrie pannekoeke, Biltong en kaas, Bobotie en Karamel en piesang. Dit was onbeskryflik lekker en ek gaan beslis volgende keer die ander ook probeer. By die ateljee kon ons nie uitkom want dit was amper vyfuur. Miskien more. Jammer Jan Harmsgat is net naweke oop. Volgende keer wil ek trein ry van Pretoria af tot hier. Cullinan is oulike dorpie.

  12. Those pancakes looks good. And the painting on the easel would have tempted me🙂

  13. Ek hou van jou kunsateljee fotos. Dis regtig kosbaar

  14. Was jy by Jan Harm se gat? Hy het ook interessante kuns.
    En vir n heerlike onbyt moet hy by “Whispering Oaks” gaan eet. Ek hoop ek het die naam reg. Dis iets met Oaks te doen.

  15. Jou foto’s lyk self soos skilderye…pragtig!Ek gaan manlief opkommandeer om ook ‘n draai daar te maak…en definitief pannekoek te eet.

  16. Harrie’s het verskeie baie lekker pannekoeke. Eet maar deur die spyskaart, dit is die moeite werd.

  17. Neee, pannekoek het net suiker en kaneel in. Enigiets anders, is dit kos en nie meer pannekoek nie.

  18. Spokie sny spoor

    Maggies – daai pannekoek voorwaar! Jinne maar jy het ‘n interessante rit gehad. Ons het ‘nrukkie op Springs gewoon, ken dus daardie Witbanksnelweg. Kennie Schlingh nie, maar lyk dit of hy weet wat hy doen.

    • Ek ken ook te min SA kunstenaars om ‘n uitspraak te lewer maar ek het baie gehou van wat ek sien, maar ek moet eers ‘n wasmasjien koop voor ek iets vir die muur koop waarvoor ek nie plek het nie.

  19. Dit lyk na n baie interessante uitstappie! Die bobotie pannekoek klink vir my na n heerlikheid wat ervaar moet word!

  20. Oe, daai paanekoek lyk smulwaardig.

%d bloggers like this: