Ek het intussen uitgevind die dammetjie is in Zambezi Country Estate en wys nog ‘n paar van die inwoners. Dis so lekker skoon en lowergroen. Ek wens ons kan sulke grasperke hê. Hier is daar heelwat gras, maar eish soveel hobbels het jy nog nie gesien nie. Wel duidelik sal dit doen vir ‘n Golf Landgoed nie.
Hierdie skapies hou toesig oor die dammetjie!
Ek is mal oor die skapies!
As ek geld gehad het het ek vir my ook ‘n paar gekry!
Sjoe – die voëls is voorwaar pragtig. Wonder hoe hou hul daardie wit skapies skoon en stofvry?
Ek het ook gewonder… koop seker nuwes?
Die skapies is so oulik!
Ek stem Ek wonder net hoe hou mens hulle skoon
Goeie vraag!! Seker maar afspuit met ‘n tuinslang! 😀
Gorgeouss shots. 🙂
Thank you dear!
Pragtige fotos. Onthou net dit vat tyd voordat n grasperk gevestig is. Julle is nog maar in die kinderskoene van n unieke landgoed!
Ja ek weet maar die grond is baie ongelyk Dis regte Afrika styl … geen roller in sig en ‘n hark het ek nog nie gesien nie!
Sjoe, dis baie mooi foto’s. Die skapies is my gunsteling
Myne ook… Hulle so skoon en pragtig!
Dit is partykeer net lekker om so langs ‘n dammetjie te ontspan. Verkieslik as daar nie muskiete is nie.
Pretoria het heelwat sulke dammetjies.
Ja en die mense in die kastele het genoeg geld om dit te onderhou Ek wil nie weet hoeveel hulle heffing is nie
Pragtig. Die skapies laat my glimlag.
Ja hulle was vir my ook al te oulik en beslis baie anders as al die gewone tuin kaggelkakkies!
Die pragtige voëls gee beslis nie om dat daar hobbels is nie!
Die voëls is juis by die grand landgoed Ons het net tarentale en mossies en duiwe! 🙂