RSS Feed

Uitstappie 1

Ek is terug van ‘n heerlike kuiertjie by ‘n vriendin. Dis altyd die lekkerste kuierplek want mens kom op allerhande onbekende plekke en kry kans om ook op bekende plekke in te loer.

Dinsdag laatmiddag het ‘n vriendin ons na hulle dammetjie geneem om na die swane te gaan kyk. Ons moes ‘n rukkie wag want hulle was nêrens te siene, maar toe hulle aankom was dit soos ‘n koninklike optog.  Sjoe, hulle is pragtig en baie groter as wat ek gedink het.

Ek deel graag ‘n paar foto’s met jou:

DSCN5821 (2)

DSCN5822 (2)DSCN5828

DSCN5833 (2)

DSCN5844 (2)

DSCN5846 (2)

47 responses

  1. Mooi foto’s Tina!

  2. Dis die eerste keer dat ek swaan “tieners” sien. Hulle is pragtig.

  3. Mooi foto’s die Tina! Jig, ek wil so graag weer ‘n paar foto’s myself neem. Helaas, plekke om heen te gaan is so skaars hier by ons…😦 Genoeg om ‘n man te laat huil.

  4. So enjoy these beautiful swan!

  5. Pragtig man. Wou ook se die een met weerkaatsing sou perfek gewees het as hy heel was! Volgende keer beter! Swane kan maar aggressief wees. Het eendag hier gesien hoe een n kind bestorm van uit die water uit. Het my boglam geskrik. Hul hou ook nie sommer op as jy te naby nes kom nie.

  6. Sulke statige voels ne Tina. Maar hulle kan ook baie gevaarlik wees!

  7. Pragtig! Lyk my die water was gelukkig mooi stil – die weerkaatsings is baie mooi. Like ook van die eend? wat so tussen die swane waggel.

  8. Dit is die pragtigste foto’s! Baie dankie vir die deel!

  9. Beautiful swan pictures. Which lake did you visit?

  10. Swane is darem koninklike wesens.Pragtige foto’s,veral die een met die weerkaatsing!

  11. Lekker gekyk. Mens sien nie meer gereeld swane nie nê!

  12. Pragtig, Tina. Sien uit na die res van die uitstappie fotos.

  13. Baie mooi, veral die witte wat so in die stil water weerspieël

%d bloggers like this: