RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek is darem terug in die land van die warmes – nee ek moenie kla nie,  want Pretoria is maklik die warmste plek duskant die hel!  Siestog, en hierdie kant van die berg het die stomme mense elke aand 8-10 beurtkrag! Sjoe selfs in Limpopo word dinge darem meer regverdig verdeel.

Dankie vir die deelneem/inloer Hoop jy het ‘n lekker naweek!

1

hiding-ninja-funny-dogs-261__605

2

10676281_10152673383567688_5077239654976429375_n

3

10952877_781634265239529_1085307545821768559_n

4

10488062_650162165139042_2532796587590876430_n

5

Alphie gets Acupuncture

6

10947302_10153198782502214_3417777199628506754_n

 

29 responses

  1. Wow, daai een van die twee voeltjies….

  2. Ek bly jy’s veilig terug.

    1. Wagter: “Boehoee – waars die tisues.”
    2. Uilwyshede: “Whahaha – toe gooi hul die rooies uit die parlement.”
    3. Kruiwa-Taxi-veiligheidsgordel
    4. Snip: “Moenie mama vertel, ek het boetie gesteel”
    5. Rolling eyes: “Daai bull-dog knorr vir my!”
    6. Tweeties: Balke toe!!!

    Dankie jou moeite hermee. Oulik. Geniet jou aandjie verder.

    • hehehe… lekker skerp! Geniet die naweek verder (fluister – is julle nie uit vir ‘val-inni-tyn nie?)

      • (Fluister – ek glo nie eens my man weet dit is vandag val-inni-tyn nie. Ons maak gewoonlik nie groot ge-does van spesiale dae nie. Net ‘n geldmaakstorie. Nie dat ek nie ‘n ou rooi rosie sou waardeer het nie! (Sug )
        MIskien moet jy crackers vir hom koop – jy weet – daai soort wat jy onder die boude aansteek ….

        • Haai nee!!!!!! Ek ken meer sulke mans… ek het vandag spesiaal tafel gedek en ander kos as gewoonlik laat maak … my buurman het glo vreeslike onvleiende kommentaar gehad maar tog al te lekker geëet!

  3. 1.Eish…die papier help nie veel teen die klankie hierrond nie!
    6.Beurtkrag.

  4. # 6 On line
    #5 Hoop nie sy gaan my hare skeer nie.
    #1 Sal ek gryp en hardloop.

  5. Prettige fotos! Lekker naweek Tina.

  6. 1 Is nie ek wat hier water drink nie!

    2 Daai Winnie the poo is LEKKER onnosel

    3 Ek weet nie of die veiligheidsgordel gaan werk nie ma

    4 Sjuut die groot geraas herlaai sy batterye

    5 Weet nie so mooi nie dis ‘n GROOT kat op die tv MA

    6 Gereed!! Korrel!!! VUUR !!!! nog ‘n voertuig suksesvol gemerk

    *
    Okkie

    Van: rondomtaliedraai
    Gestuur: ‎Vrydag‎, ‎13‎ ‎Februarie‎ ‎2015 ‎02‎:‎13‎ ‎NM.
    Aan: Okkie Jansen van Vuuren

    rondomtaliedraai posted: “Ek is darem terug in die land van die warmes – nee ek moenie kla nie, want Pretoria is maklik die warmste plek duskant die hel! Siestog, en hierdie kant van die berg het die stomme mense elke aand 8-10 beurtkrag! Sjoe selfs in Limpopo word dinge darem m”

  7. Die dogtertjie en haar nuwe baba boetie (?) is darem maar so oulik!

  8. 1) Berge val op my, hemele bedek my – maar die toiletpapier sal doen terwyl ek wag.

    2) Mis, jou swerkater! Los die muise vang vir ons.

    3) Net pampoene gordel nie vas nie. Kruiwa is geen verskoning nie.

    4) Sussie kom van ‘n syswurm, maar moet vir niemand sê nie.

    5) Ek moet gaan pie!!

    6) Oefen daai dye!

  9. Ek het nou die dag op die TV n video van n hond gesien wat die toilet gebruik en nog die knoppie boonop druk! Dis meer as party mense….

  10. Kan net een doen:
    2: So jy reken ek moet ‘n vegetarier word?

%d bloggers like this: