RSS Feed

Glimlag…

Ek kan nie onthou of daar baie grappies oor ouderdom/ouermense was toe ek jonk was nie, maar dan het ek op ‘n stadium gedink 30jaar is oud.  Nou dat ek self lank in die tand is, kan ek my so verkreukel oor sulke grappies, want daar steek nogal waarheid in.

 Papegaai

Vier broers wat arm grootgeword het, het verder gaan studeer en het almal suksesvolle professionele loopbane gehad.
Hul bejaarde moeder wat hulle alleen grootgemaak het, het ver van hulle gewoon en hulle het selde by haar gekom.
Een Kersfees eet die broers saam en elkeen vertel trots van die duur geskenk wat hy vir hulle bejaarde moeder gegee het.

Die eerste sê: ‘Ek het vir Ma ‘n groot en weelderige huis laat bou.’

Die tweede sê: ‘Ek het ‘n tuisteater van R100,000 vir haar laat insit.’

Die derde spog:’EK het gesorg dat my Mercedes-agent ‘n nuwe SL600 vir haar aflewer.’

Die vierde antwoord: ‘Julle weet mos hoe baie Ma daarvan hou om die Bybel te lees, maar dat sy nou byna heeltemal blind geword het en nie meer self kan lees nie?
Ek het by ‘n unieke troeteldierwinkel ‘n papegaai ontdek wat die hele Bybel uit sy kop ken!
Dit het 20 leraars 12 jaar geneem om hom alles te leer. Ter betaling moes ek belowe om vir die volgende 20 jaar jaarliks
R100,000 aan die kerk te gee, maar dit was die moeite werd. Nou kan sy net ‘n Skrifgedeelte noem, en die papegaai sal dit vir haar voordra.’

Die ander broers was beïndruk.

Ná Kersfees stuur die tannie toe haar dankie-briewe:

‘Dewald, dankie vir die huis wat jy laat bou het. Maar dit is eintlik heeltemal te groot.
Ek kan net een kamer gebruik, maar ek moet alles skoon hou en ek is doodmoeg.’

‘Leon , jy het vir my die fantastiese tuisteater gegee wat plek het vir 50 mense, maar my vriende is ongelukkig al almal dood of in ouetehuise. Ek hoor boonop maar sleg en sien amper niks nie.
Dankie nietemin vir jou geskenk.’

‘Martin, ek is te oud om te reis, en my kruideniersware word afgelewer.
Ek kan die Mercedes dus nie regtig vir enigiets gebruik nie. Maar dankie vir die gedagte.’

‘Liewe Werner, jy was die enigste seun wat mooi oor my behoeftes gedink het voor jy jou geskenk gegee het.
Baie dankie – die hoender was absoluut heerlik.’

10891487_10153026354836112_4606112972458343145_n

10933972_1592244187664883_6212602957843700368_n

10941001_791474457589099_530067839727036371_n

1464689_791440284259183_1970678676749123259_n

995638_791957064207505_7672245118548480798_n

24 responses

  1. Ek kan doen met so ‘n papegaai🙂 Not to eat though!!!!

  2. Snaakse grappie en foto’s! 😀

  3. Jip, jou storie is BAIE waar. Ai, gelukkig het die man nie van sy fiets afgeval nie, of was dit die volgende skoot?

  4. Humor het so baie voordele. Oulike grappie.
    Het jou foto omtrent die hondjie baie geniet – miskien was dit oor die opskrif wat so saam met die opgeligte beentjie goed werk.
    Die laaste foto kan soos ‘n nare droom wees …

  5. Haha!Oulik Tina.Dankie vir al die oulike foto’s ook.
    Ek sukkel nog steeds met internet,dus sal jul my skaarste maar moet verskoon.

  6. Om te dink – hulle kon ter duisende gespaar het as hulle net gaan kuier het.

  7. Wonder of die papegaai sommer sy eie tafelgebed gedoen het vir die kersete?
    😀

  8. Oulike grappie! 🙂

  9. Ouderdom is relatief dink ek. My ma kla gereeld oor die “oumense” in die ouetehuis wat haar “mal maak” met hulle vervelige ou klagtetjies. Sy is 96! Sy is onnutsig ook – geniet so ‘n stout grappie nou en dan.

%d bloggers like this: