RSS Feed

Nuuskierig

Ek is van nature aards nuuskierig. Van my sintuie is my gehoor seker die beste ontwikkel en hoewel dit my al baie in die moeilikheid gebring het, let ek baie goed op wat gebeur en kan ek tydens ‘n gesprek, maklik ook ‘n ander gesprek volg… (dis eintlik ‘n storie op sy eie)

‘n Vriendin vertel dat my huis (wel my ou huis waarin 22 jaar gewoon het) in die mark is.  Vandag is ‘n medeblogger vriendin se verjaarsdag en sy werk so blog van die huis af en dis toe die gulde geleentheid om daar verby te ry. Ek het so effe stilgehou want ek is mos nuuskierig – sjoe dit lyk oud en verwaarloos. Ek weet dis regtig ‘n ou huis maar ek het dit darem onderhou.

Ek is mos nuuskierig en soek die huis op, op die internet. (Die foto’s is net van buite) Dit lyk regtig nie goed nie. In effe meer as ‘n jaar later het die prys met R500 000 opgegaan.  Ek is regtig nie jaloers nie maar dis darem te dik vir ‘n daalder. Het die huis mark in ‘n jaar soveel verbeter?

Het jy al ‘n huis/e verkoop?   Is jy sentimenteel daaroor? Hoekom? Jy jy ook weer na die tyd daar verby gery om te gaan kyk?

Wel genoeg van my persoonlike sake! Het jy al geglimlag vandag?

36 responses

  1. Verseker! Ons gaan ry altyd verby ter wille van al die herinnering.

  2. Ons het nou onlangs terug gegaan na die huis waar ek grootgeword het. Dis nou ‘n studentehuis. My hart was so seer vir al die veranderinge wat aangebring is

  3. Spokie sny spoor

    Mmmm, snaaks hoe verskillend mens is, die een huil oor die tuin en die ander oor die huis. Maar ja, alhoewel ekself vir ‘n boufirma werk, is ek soms verbaas die bedrae wat ons kopers moet betaal.
    Ekself voel dit is verskirklik en sal dit nie betaal nie.
    Ek het net een visie, en dit is om my eie plekkie wat ek besit, klaarbetaal te kry. Darm nog net 2 jaar!
    Huisskuld se rente is vir my ‘n nagmerrie.

  4. Ek het al geleer om nie weer na ons ou blyplekke te gaan kyk nie.Dis altyd ‘n teleurstelling,veral as die tuin verwoes is en al die bome wat soveel jare neem om te groei,uitgekap is.

  5. Pingback: oor “sports” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. O ja, as ek kans kry ry ek gereeld verby die plekke waar ons al gebly het. Hartseer as ek sien hoe die tuine agteruit gegaan het.😦

  7. Oooo shit jy is ingedoen. Vat hulle hof toe.

  8. Ons het so ‘n ruk terug gaan kyk na die huis waarin ons groot geword het. Die wetters wat nou daar woon het ons moerbyboom uitgehaal. Kan jy glo?

    Van die os op die jas: Ek het toevallig nou die dag my kar raak geloop wat ek twee jaar gelede ingeruil het. Was sommer lus om die bestuurder se ore te trek. Hy trek my kar deur sy gat.

  9. Gekoop, herstel en verbeter en weens veranderde werksomstandighede herverkoop.

    Die ideale een het ek nog nie gekry nie.

    Tans is ons blyplek te groot want daar is ‘n sitkamer wat drie keer per jaar gebruik word, ‘n gastekamer wat een keer elke twee jaar gebruik word & eetkamer seker so 4 keer per jaar.

    Vinigste wins was Pinetown waar ek ‘n een slaapkamer woonstel na agt maande vir R90 000 meer verkoop het en die verbeterings wat ek aangebring het was R500.00 {gordynreelings aan drie vensters, wassers vir kombuiskrane en ‘n kontrakteur om die plek skoon te maak en te ontgogga viir ek ingetrek het.

  10. Pryse is hier ook nou baie hoog want almal wil uit die stad uit kom……

  11. Dit is ongelooflik hoe pryse verander. Het daar nie mense in die huis gebly nie? Maak ook nie saak nie!

  12. Die huispryse is buitensporig hoog deesdae!!

  13. Daardie nostalgie gaan meer, dink ek, oor die lewe wat mens daar geleef het as oor die plek self…

  14. Ja, ‘n swart gesin woon nou in die huis waarin ek groot geword het. Die hele dorp lyk slordig.

  15. Ek doen ook maar so, seker ingebore dat ek so op my spore terug loop.
    Marinda Kemp

  16. Hier by ons klim huispryse nie so erg vir die bestaande klein dorpshuisies nie, maar daar is ‘n paar mense wat hulle geluk probeer en dit sowaar regkry om hul plekkie vir baie meer te verkoop!

    As ek die dag kan trek sal ek verseker nie weer my ou woning opsoek nie, dis op die einde van ‘n singel en almal sal dink ek is ‘n “stalker”!🙂

    • Ja dis darem net te opsigtelik. Gelukkig is die huis in ‘n besige eenrigting en dit lyk nie of daar mense woon nie. Baie verskillende agente lyk ook gewoonlik dat die plek nie gou verkoop kom nie Ek was gelukkig Het die plek binne twee weke verkoop sonder enige bord op die hek.

      Ja sommige mense is gelukkig en ander se huise is so oor verbeter dat hulle nooit6 die geld weer terug kry nie.

      Dis lekker so singer as mens goed met die mense klaarkom Rustige en lekker gesellig

%d bloggers like this: