RSS Feed

Waar loop ons verkeerd?

My pa het altyd Europese sokker gekyk/geluister. Ek doen nie eintlik sokker nie, maar gedagtig aan sy liefde vir sokker sal ek soms ‘n paar oomblikke kyk of soos gisteraand ‘n rukkie luister.  Ek het gister besluit dis dalk Jan van Riebeeck en die Engelse se skuld dat ons sokker so treurig is.  Ons het seker die beste fasiliteite in Afrika … ek betaal genoeg belasting (Eish … Feb. voorlopige belasting tyd is pynlik) – so geld is nie die probleem.

Vertel jy my nou asb. wat die probleem dan tog kan wees!

020113

South Africa Soccer WCup South Africa Uruguay

image003111111111111111111111111124

Soccer-Africa-2010-10

HIERDIE JAN IS EGTER NIET VAN NEDERLAND, MAAR WEL VAN ONZE EIE ZULULAND!

HY HEET: JAN JACOB VAN NKANDLA

DE MENZE SE: “HIERDIE JAN HET NIET GEKOM MET DE DROMMEDARIS, DE REIJGER OF DE GOEDEHOOP,

MAAR WEL MET DE DROMME VOL WYWENS, DE MOERSE HUIZENS EN ONZEKERE HOOP…

image0011

25 responses

  1. Ek weet nie wie se skuld dit is nie, maar wat ek wel weet is sokker is ‘n pragtige “skill” volle sport. Hier gaan ek alweer met die Engels…. dit is partykeer vir my baie moeilik om alles om my in Engels te hoor, en dan in Afrikaans om te sit.

  2. Hehe,vir ou Jan….dis eintlik ‘n belediging vir hom.Hy het sekerlik meer ver”mag” as die huidige een.

  3. 😉 Ek hou ook nie van sport nie. Sports ja! Helaas is sport nie sports nie.

    O! Dit is nie die bespreking nie. Wat kan Bafana Bafana red? Trots dalk? ‘n Bietjie prestrasie “om-gee”? Nee, ek het geen idee nie.

    • Ek wonder of daar in die bestuur nie ‘n ego probleem is en of interne poliek hulle nie kelder nie Moet sê ek weet ook nie Het jy ooit die fliek Cool runnings gekyk? Ek dink dat mense wat reg gemotiveer word wondere kan verrig

  4. Sjoe! Lekker lag ek sommer KLIPHARD!
    Oor sokker voel ek soos die leeu…
    Ek hou van die kleurvolle bril.🙂

  5. Hehehe – oulike prente. Sokker en fasiiliteite? Blommie se pa het gister na die blou bulle gaan kyk op stadion. Hy het gesê hy gaan nooit weer nie. Eers keer hul hom by ingang om enige water (drinkgoed) in te vat, toe sterf hy binne van dorste want al die stalletjies is droog. (Hy drink nie bier – en was dit al wat te koop was.) Die hot-dog het hy maar in die asblik gegooi. Ek dink dis hierdie wan-organisasie wat dinge suur maak.

    (Dankie jou koffietjie was baie lekker Vrydag, gelukkig het jy ons nie laat sterf van die dors nie … Het dit baie geniet)

    • Ai dis jammer dat dit so versleg het. So stadion het darem baie moontlikhede en as mens dit reg bestuur behoort dit ‘n voordeel vir die gemeenskap te wees. As mens behoorlike goed daar aanbied sal die vir adverteerders die moeite werd wees en dan kan dit winsgewend word. Dit maak mens baie hartseer.

      (Dankie dit was vir my vreeslik lekker om julle te ontmoet. Mag mens op jou verjaarsdag vir jou ‘n kaartjie kom aflaai by jou kantoor of is dit Ford Knox?)

      • (Kannie verstaan waarom my notifications nie al die kommentaar wys – gelukkig sien ek die een) Verjaarsdagkaartjie? Het jy ‘n brein van ‘n olifant, ekself het amper vergeet van die birthday. Jy is baie welkom. Kom kyk gerus waar ons bedags stoei, dan maak ek weer vir jou ‘n koffie-tjie.

  6. O die liewe Afrika tog. Dis Ebola, Malaria, Bilharsia, HIV vigs. Wat nou nog. n Nuwe Jan van alle dinge. Sokker sit so in SA se bloed kan nie verstaan dat hul nie die beste span kan he nie. Dis sekerlik nog steeds apartheid se skuld. Daar is nie veelkleurigheid in sokker nie

  7. Ek wonder ook!!! Lekker gelag vir die Jan van Nkandla!

  8. Tina, ons twee het hierdie blog verskriklik geniet.

%d bloggers like this: