RSS Feed

Vrydag byskrifte

As mens weer sien is dit Vrydag en ek is seker jy is al weer stokflou gewerk?  Van oggend het Flenters op FB so bakkie met seesand en skulpies gewys wat hy op sy lessenaar hou en as hy gestres raak hark hy so deur die grondjies! Jan Twak reken dat hy die bakkie weg van die katte moet hou… jy kan jou voorstel watter gevolgtrekkings die mense gemaak het.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jou naweek is sommer baie lekker.

1

84428583

2

10349135_351724685015156_5224798222171229731_n

3

84428572

4

1013479_353650694822555_2207030331854418069_n

5

84428585

6

84429503

28 responses

  1. Lekker gelag,Dankie Tina!Jou foto’s kikker my dag op.

  2. 1) Kan ‘n man dan nie?
    2) Voor die tyd van gesnyde brood
    3) My vrou het gesê ek is ‘n dronk gemors. Lyk my sy was reg.
    4) If all else fails, duck tape!
    5) Te moeg om te bad
    6) Chinese vervaardiging

  3. 1 As jy weet wat doen ek in die water …

    2 Perfek vir bevrore brood

    3 Hierdie Gemmerbier is baie goed vir die vel en smaak heerlik!

    4 Wat het die stadsraad met die begroting gedoen?

    5 Die kat maak nogal ‘n lekker bad-kussing

    6 Ek wens Superman wil ophou om my kar te leen.

    Okkie C. Jansen van Vuuren

    Van: rondomtaliedraai
    Gestuur: ‎Vrydag‎, ‎23‎ ‎Januarie‎ ‎2015 ‎02‎:‎50‎ ‎NM.
    Aan: Okkie Jansen van Vuuren

    rondomtaliedraai posted: “As mens weer sien is dit Vrydag en ek is seker jy is al weer stokflou gewerk? Van oggend het Flenters op FB so bakkie met seesand en skulpies gewys wat hy op sy lessenaar hou en as hy gestres raak hark hy so deur die grondjies! Jan Twak reken dat hy die “

  4. Wonder altyd waar kom jy aan die foto’s? Aangename naweek vir jou ook.

  5. Spokie sny spoor

    Sorry Tina, na 10 in die aand kan ek net in Engels dink:
    1. Bubble-bath-bootcamp
    2. Grind-flavour bread. (Slegs te koop in nuwe SA)
    3. Mampoer badpraatjies
    4. Padkraak-selotape. (Ook slegs te koop in SA)
    5. Doggy “cool-down-time”
    6. Mechanic nagmerrie (ook slegs in nuwe SA)

    Jou prente is oulik! Verbeel ek my of word dit moeiliker?
    (Seker ook net in die nuwe SA)

  6. Oulike fotos! Nr 1 en nr 5 is my gunstelinge.Lekker naweek Tina!

  7. 1. Baba badskaap het jy bietjie wol?
    3. I’m a drummer!

  8. Nr 5 wen loshande vandag, met die hitte is ek nou reg om hom uit te gooi en oor te neem…..

    Geluksaligheid!

  9. 1. As ek winderig is maak ek my eie borrelbad
    2. ‘n Man met ‘n grillerige plan
    3. Wonder hoe gaan hierdie ou weer daar uitkom?
    4. Lappiespad
    5. Waterwoef
    6. Tipiese township tjor

  10. Thanks for the Friday smiles, Tina. The wheelie bin hot tub is too funny.🙂

  11. Hei Tina
    Was dit dan nie gister toe ons laas Byskrifte gedoen het nie???
    1. Jacuzzi: baba-grootte
    2. Daai’s ‘n skaapwagtersny!
    3. Jacuzzi: man-grootte
    4. En ons kla oor slaggate…
    5. Jacuzzi: hond-grootte
    6. Hijacker se moses!

%d bloggers like this: