RSS Feed

Ek wonder…

1. Ek wonder wie navorsing doen oor winkels se uitleg ? Ek verstaan die lekkergoed by die speelgoed, maar ek was vanoggend by ‘n PnP opsoek na ‘n kleinkoekie mengsel en is verbaas om die sanitêre ware aan die oorkant te vind. By die ander PnP is die koeldranke en koekies en lekkers aan die heel einde van die winkel en die verste van die tille?

2. Ek wonder wie besluit dat elke supermark ‘n apteek met meestal ongekwalifiseerde personeel nodig het.  My apteker vertel  dat die mark oorgeneem word deur ongekwalifiseerdes en dat die aptekers wat afstudeer nie werk kry omdat maatskappye liewer van goedkoper arbeid gebruik maak. Baie van die standaarde word dan ook verlaag.

3. Terwyl ek oor apteke wonder… het jy al gesien hoeveel advertensies in die tydskrifte oor een ander gesondheidsproduk gaan? Hierdie maatskappye moet seker van die rykstes wees wat sulke advertensies kan bekostig? As mens op die internet na medisynes soek sal jy  sien hoeveel verskillende produkte daar is vir dieselfde kwaal?  Iemand moet ryk word hieruit. Kyk bietjie na die rakke wat kreun onder vitamines… en mens koop en koop!  Help ooit altyd – wonder ek net?

Miskien moet ek my nie kwel of selfs wonder oor hierdie goed nie en sommer net glimlag…

10410090_620913144685265_1764589293985822014_n

10492504_620098824766697_3198409050230823942_n

10502204_621837137926199_2933675749530308915_n

g

Besoek gerus die twee webwerwe soos aangedui op die prente – jy sal ‘n hele paar juwele daar ontdek.

38 responses

  1. Ek koop niks medisyne of vitamines,wat nie wetenskaplik getoets is nie.Die mark is oorstroom met al hierdie wondermiddels en iemand loop lekker bank toe met sakke vol geld.
    Ons PnP is pragtig en ek koop heerlik daar.Dit hang seker van die bestuur af.

  2. Ek mis sommer daardie vriendelike verkoopspersoneel op die vloer. Loop partykeer op en af op soek na iemand om my te help, wanneer ek nie weet waar om goed op rakke te vind nie. Help seker nie om te bly verlang na die goeie ou dae nie.😦

  3. Ek het eendag met iemand gesels, wat die sielkunde van goeie supermarkuitleg aan my verduidelik het, het natuurlik die meeste alweer vergeet. Wat ek bv kan onthou, die duur produk, ooghoogte en die goedkoper een, onder op die grond. Ek dink dit is deesdae net ´n geval, van onbevoegde mense aanstel en hulle maak net soos hulle wil.

  4. Aha – hier’s my rolmodel vir 2015! Wonder Woman.

  5. GOedkoop en ongekwalifiseerd gaan mos hand aan hand. Selfde met uitleg. Enige persoon van die straat doen uitleg goedkoper as een wat bietjie kennis het. Agteruitgang van wereld!

  6. Tina dis vir my en my man opmerklik dat die uitleg van die produkte in PnP verander het. Dit lyk nou soos Kuruman se lokasiewinkel. By die toiletware rakke is daar ewe skielik mengbakke en oral in die supermark staan mandjies in die middel van die paadjie met allerlei deurmekaar produkte, daar is geen logiese sisteem of volgorde nie. Weird.

    • Ek was net so verwonder… dit maak tog nie sin nie Ek verstaan dat hulle wil kyk of mense nie meer sal koop nie maar waarom dan nie die punte van die ry gebruik nie By die yskaste is daar handeroom en geskenkpakke?

  7. Your cartoons are ever funny!🙂

  8. At our Hyper they have jelly and yeast opposite the refuse bags. I looked for the refuse bags for about 20 minutes I had expected it to be with the cleaning materials.

  9. Ek het ook al gewonder wie die uitleg van die winkels bepaal!

  10. O aarde!! Dit is – sover my kennis strek – onwettig om voorskrifte te vul deur iemand wat nie ‘n apteker is nie. Sekere skedules medisyne mag ook net deur ‘n apteker uitgegee word. En natuurlik moet die apteker gekwalifiseer wees. Ek sidder regtig as hulle iemand wat nie gekwalifiseer is tussen die pille loslaat.

    Van aptekers in supermarkte gepraat – dit is amper of onafhanklike ‘winkels’ heeltemal van die aarde af verdwyn. Voorheen was dit ‘n kafee op die hoek vir brood en melk – dit is deesdae ‘n Spar of ‘n PnP. Alleenstaande slaghuise is amper ongehoord van deesdae. Kan iemand deesdae ‘n bestaan maak as hulle nie deel van ‘n kettinggroep is nie? Mens kry deesdae selfs franchise skole.

    • Noudat jy daarvan praat… dis waar. Dis seker omdat hulle alles goedkoper kan verkoop?

      Hier is darem die lekkerste slaghuis waarvoorafvervaardigde kos verkoop word. Regtig nie duur as mens aan Woollies se prys dink. Dis my gunsteling winkel.

      Jy is egter reg selfs die kaffee op die hoek kry swaar. Die winkels in die maals bly ook tot agtuur oop… hulle kan net nie daarmee kers vas hou nie.

    • By Dischem werk ongekwalifiseerde mense dan teken die apteker net die lysie met meds. Tweekeer het ek al die verkeere meds vir my pa gekry in die laaste 2 maande.

      • Ek het ook ‘n vriendin wat moes wag omdat die vrou gedink het dis nie dringend en sy dit wou uitstel na volgende week

      • Hi Vega, stuur asb jou klagte en kontak besonderhede aan careline@dischem.co.za.

        • Hehehehe nou voel ek half skuldig want ek het darem nie ‘n nagevorste blog geskryf nie eerder die mening van ‘n redelike deurmekaar vrou!

        • Ek het dit oorweeg om dit te rapporteer, maar dis water onder die brug. Een keer het hulle vir ons net 30 tablette gegee ipv 60. Die ander keer was meer ernstig. Drie weke gelede het ek my Pa (93) se meds gaan haal en toe ek dit in sy plastiekhouertjie pak sien ek sy vorige medikasie lyk nie dieselfde nie. Einde Des het ons net vir 7 dae pille gekoop omdat die medies op was. Hy gebruik Nuelin SA 250 mg vir sy longe en die 7 dae se pille was Nuelin SR. Hy het vir 4 dae die verkeerde pille gebruik, maar darem niks oorgekom nie. Het myself voorgeneem om alles self te check en te tel van nou af. Hulle weier om medikasie om te ruil al is dit hulle fout.

  11. Hehehehehehe oulike prentjies Tina!

    Ja my kop voel dom as ek na al die vitamienes kyk op die rakke. Doen AL die Vitamien C’s nie maar dieselfde werk nie?

    Ek raak sommer moedeloos en los dit net gewoonlik!

%d bloggers like this: