RSS Feed

Strokiesprente…

Ek is van kleintyd af dol oor strokiesprente, daar is iets in die sketse wat my bekoor.  Ek het toe ek Kuns en Kultuur aangebied het, die kinders aangemoedig om so veel moontlik te lees en dan te probeer om ‘n oorspronklike karater te ontwikkel en stories te teken. Of ek nou suksesvol is/was, is sekerlik ‘n saak wat enigeen kan bevraagteken.  Ek weet darem van een wat Grafiese kuns gaan studeer het, maar die ander het later ander belangstellings ontwikkel.

Guy Smith se Hilda is een van my gunstelinge… Het jy ook ‘n gunsteling… wie?

2c957554f823373a9c7cd7e7acf14aae

 

 

21f3bd074596305ad7fa071364fd4cae

Kyk net die oulike meelsakkie!

48fb08328d5cd012f5190c36f24cfaac

072f1b9e7fcc8861da82f6d1fda1c68b

52fba89830069937ddae2fe7169b372a

81aa2165a60d9edcd04d697c896bf275

9c16fdaa0399e72d8a4af82219d26576

Die man ken vrouens!

39 responses

  1. Hogarth se geillustreerde Tarzan. DC Comics daar uit die ou dae Deesdae se grafiese romans kort vir my die ongekunsteldheid wat daai ou komieks so bekoorlik gemaak het. Hilda is al te oulik!

  2. Wat van Blondie en Nols….. of is ek nou te vroeg vir jou?

  3. Ag liewe land sy is nou net te cute. Nou voel ek nie meer so sleg oor my dubbelken nie😉

  4. Spokie sny spoor

    Aitsa! Hilda is sowaar … sexy! Eintlik oulike prente om te raam ook.

  5. Die enigste kuns wat ek kan waardeer is sarkasme. 😉 Dus enige iets wat dit aanroer . . .

    Ek bewonder Zapiro ook.

  6. Ja Adoons is my geliefkooste een. Snoopy en Charley Brown kan ook gaan. Wat van Die Skim en ek dink…….Nou vergeet ek! Ooo Ben, Babsie en Basie?

  7. Oulik, ek ken nie vir Hilda nie, maar sy lyk oulik😉

  8. Dis die eerste keer dat ek die bekoorlike Hilda ontmoet! Is sy nie jou alter ego nie? Ek’s mal oor Calvin & Hobbs – seker maar omdat ‘n tier ook ‘n soortvan kat is – en natuurlik Garfield, o, en Peanuts ook.

  9. Ons het Patrys en die TIna gelees

  10. My alle eerste gunsteling ws Jakkals en Wolf van TO Honyball

%d bloggers like this: