RSS Feed

Verpakking… sug…

Een van die grootste frustrasies in die lewe is verpakking wat mens nie afkry nie of wat net nie die mas op kom nie. Ek verstaan dat besighede derduisende rande op verpakking bestee om hulle ware so aantreklik moontlik te maak, maar waarom verstaan baie min dat mens nie daarvan hou om te sukkel  nie en dat mens klaar die item gekoop het en dan die verpakkingsmateriaal weggooi waar dit die aarde besoedel met tonne plastiek.

Vanoggend in die stort val ‘n nuwe bottel stortgel op die vloer en bars oop. Wat ‘n gemors … seep loop in my oë en ek is sopnat en kan dus nie ‘n houer in die kombuis gaan haal om van die gel te red nie.  Eish… nie gaaf nie.

 ****

Miskien moet ek liewer van die gemors vergeet… aan die ander kant kry mens die oulikste verpakkings wat dieselfde pad loop as die wat jou frustreer.

http://www.crookedbrains.net/

funny-creative-packaging-6

funny-packaging-relanna-wool

0719help1

4bee43ee2263e8eee22de2f5b1500f34

1c1c2a2c4f50325b1dfcf85fd346cbc3

6a00d8345250f069e20120a57ae7a9970b-550wi

31 responses

  1. Very amusing indeed. Love the Rellana wooly heads.🙂

  2. dis so asof hulle nie wil he jy dit moet oopmaak nie!! Die bolletjies wol se verpakking is baie snaaks!😀

  3. Oulik… die wolle…

  4. Jy praat so na my hart. Verpakking sit ‘n mens sommer in ‘n ander bloedgroep in…. en dan is die ding nog nie oop nie. Kry partykeer die skêr beet, en takel daardie verpakking asof dit ‘n vyand in my huis is.

  5. Aaag, sug. Ek dink jy praat namens baie van ons. Ek raak nou al ‘frustreerd’ as ek nie die goed kan oopkry nie.

    Jou prente is vreeslik oulik! Geniet.

  6. very clever indeed🙂

  7. Dit was nou heerlikste blog..en natuurlik die bykomende verpakkingfotos..mensig ek is gaande oor die Heuning boksie. Ek sal nie oor my hart kan kry om dit weg te gooi nie. As daar geskryf staan skeur hier en dit wil nie skeur nie of jy skeur en al die lekkertjies spat oor die vloer… en natuurlik daardie lintjies – ek kry nie maklik die punt opgespoor nie, sommiges is iewers onder die oorvleuel papier toegeplak.

  8. Aan die ander kant, al gesien hoe kinders partykeer lekkerder met die bokse speel as met die speelding wat daarin was😉

  9. Stem saam met daardie druk die proppie af en draai dan. As ek hom druk kry ek hom nie gedraai nie. Ek moet beide hande gebruik want my duim druk nie hard genoeg nie!! en ek kannie hard druk en draai nie en die prop kom nie oop nie!

  10. Ek kan dit net so haat om te sukkel met ‘n verpakking. Veral as ek eers ‘n sker moet loop soek om die spulletjie oop te kry!

  11. Weet jy wat laat my gif spoeg? “Childproof” verpakkings. Ek besef dat daar ‘n wesenlike gevaar is in huise waar wel kinders woon, maar dit maak die lewe ongerieflik vir ouer mense. Eers moet ek my bril soek om te sien hoe ek die oopmaakproses moet benader – “line up the arrows and pull the label up” of “squeeze both sides and turn” of “push down and turn”. Dan moet ek my rumatiek-duim oorreed om die nodige aksie uit te voer om uiteindelik by die pil, poeier of mondspoelmiddel uit te kom. Ek soek asseblief “Old Age Proof” verpakkings.

  12. Pingback: Verpakkingsmateriaal… sug …

%d bloggers like this: